Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor Aap, ’n leë glas en die sanger op die maan

Chutney de Ridder

Aap Vermaak tuur lank in sy leë glas, en rinkel dan ’n slag die ys wat op die bodem lê en smelt voordat hy met ’n behendige beweging die laaste druppels in sy keelgat laat verdwyn.

Ons sit in die Stewel en Spoor en kyk na ’n heruitsending van Trevor Manuel se begrotingstoespraak. ’n Mens moet op die hoogte van dié dinge bly.

Maar Aap is bedruk. Ja, ’n ander mens se boeke is duister, sê hy filosofies en skuif die glas in my rigting. Ek moet betaal. “Ja, maak dit sommer twee vingers dié keer, terwyl ons dit nog kan bekostig. En nie so baie ys nie,” sê Aap.

Geldsake, nes politiek, vroue en musiek, is nie ’n goeie onderwerp as jy jouself in die Stewel en Spoor gaan staan maak nie. Maar Aap beskou homself as ’n kenner op alle gebiede. En wanneer ek koop, is hy bereid om raad uit te deel, of ek dit nou wil hoor of nie.

Kyk nou maar daai Shuttlebert-kêrel, daai ou wat so baie geld het dat hy vir hom ’n kaartjie maan toe bespreek het op die space rocket.

Shuttleworth, help ek reg. En ek dink nie hy gaan maan toe nie, maar na een of ander Russiese ruimtestasie.

“Ja, whatever,” brom Aap.

En nou nog daai pikkie wat vir daai boy band sing ook. Hy wil ook maan toe of die ruimte in.

Ja, ek het die storie gehoor. N’Sync se Lance Bass gaan miljoene uithaal om te probeer om die jongste persoon te word wat ’n ruimtereis onderneem.

Bass het reeds onderhandel met ’n maatskappy in Amsterdam wat die reis na die Internasionale Ruimtestasie vir einde November vanjaar beplan. Dié 22-jarige lid van N’Sync sê dit sal sy lewensdroom bewaarheid om die reis te onderneem. Hy begin glo in Mei vanjaar met opleiding by die Ster Stad-basis buite Moskou. Vir sy “lewensdroom” sal Bass na verwagting $20 miljoen (sowat R230 miljoen) moet opdok. En tipies Hollywood: ’n dokumentêr oor die hele affêre word beplan. Die voorlopige titel is Celebrity Mission: Lance Bass.

Aap, ’n ou wat nie veel ooghare vir seunsgroepe het nie, glo Bass sal ons almal ’n groot guns bewys as hy die ruimte in geblaas word. Een minder is een beter, glo Aap. “Is net jammer dis ’n retoerkaartjie. Sou werklik mooi gewees het as hy sommer daar kon bly.”
Van seunsgroepe gepraat: ek lees dat Westlife se Bryan McFadden nou die dag by die Brit Awards-plegtigheid so amper-amper op sy herrie gekry het by die garage-rockers So Solid Crew.

Bryan het gans te diep in die vonkelwynbottel geloer en toe een of ander smerige opmerking gemaak toe die Crew-spannetjie verby hom stap om een of ander toekenning te gaan ontvang.

Daar is ’n paar onakkurate vuishoue in die Westlifer se rigting gemik, en ’n vonkelwynbottel is glo ook na hom geslinger, maar hy het ongelukkig ongeskonde daarvan afgekom. Wys jou nou net, sê Aap, jy kan nie onverantwoordelike jong mense met drank in aanraking bring nie.

Die Brit Awards, wat redelik laag af op my gewildheidsleer is, maar baie beter as daardie oordadige Amerikaanse Grammy-toekennings is, het weer eens nie veel verrassings opgelewer nie.

Hoe dan anders as jy met kategoriewenners soos Kylie Minogue, Dido en Destiny’s Child spog.

Sting was darem ’n ligpuntjie. Hy is met die Lifetime Achievement-toekenning vereer vir sy bydrae tot die musiekbedryf die afgelope 25 jaar.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.