Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die genot van glans én jafels oor TV

Ek het mos nie meer ’n TV sedert my vriend Kiemie Kowalski dié 37 cm-stelletjie op sy lysie van herbesitgenome goedere gehad het nie.

Dit was pynloos, dié afskeid, en blitsvinnig — soos die Mentadent P-meisie se besoek aan die tandarts.

“Klop-klop, buurman. Wat drink ons? Ek het net die TV kom haal. Tot siens.”

Hoogstens ’n kwartier later is hy vort met die enigste vreugde in my lewe. Waar gaan ek nou “Channel O” kyk? En iemand sê hoeka nou die dag vir my Noot vir Noot is terug op die kassie!

My laaste kontak met die buitewêreld is deur my eie vriend, ’n gemaskerde balju, van my weggeneem.

Toegegee. Dit was Kieme se TV wat ek “vir ’n week” sou leen om te kon aanskou hoe die Bokke skouspelagtig voeling verloor met die ovaalbalsport.
Hy het my ’n halfjaar grasie gegee oor ek so geheg geraak het aan die ou stelletjie. Nou is daar net ’n leemte waar my hart eens was.

Maar wag, laat ek die kassie-ding verduidelik.

Geruime tyd praat die mense reeds oor die nuwe realiteitsprogram Idols, wat eersdaags hier ter plaatse begin. Dis mos daardie program vir aspirant-musikante wat hunker na idool-status, na die kollig waar geld, gunsies en verafgoding soos ’n geelwortel geswaai word.

Ek het nog nie die Britse Pop Idols gesien nie en nou, sonder TV, sal ek seker ook nie die Suid-Afrikaanse weergawe sien nie, maar ek verstaan die kritiek op deelnemers is aan die skerp kant.

Sterkte aan dié wat dapper genoeg is. Onthou, daar is talle bewyse in die musiekbedryf dat sterre nie noodwendig talentvol hoef te wees nie.

En hier is die bonus — as jy eers ’n ster is, kan jy figuurlik gesproke met vermetelheid slaag, al is jy vrotsig.

’n Ding wat my redelik korrumpeerbare verstand te bowe gaan, is hoekom vrotsige sterre gedurig kaalvoet in ’n stomende misbaksel trap. Leer die mense dan nie?

Kyk nou maar vir die liewe Maria Carey. Al die geld in die wêreld, g’n ons talent nie, maar die platinumplate is ingeryg teen die vertoonmuur. Sal die vrou jou wrintiewaar nou nie in ’n fliek, gegrond op haar eie lewe nogal, loop staan en speel nie.

Glitter is pas as een van die treurigste flieks van 2001 benoem. Die verwagting is dat Carey ook die toekenning as goorste aktrise sal kry.

Op die koop toe is ’n snit van haar op die klankbaan as een van die aakligste van die jaar benoem.

Die vrou sukkel juis so met haar senuwees!

Nog ’n jafel wat sy voet dáárin gesit het, is die glibberige klein Nick Carter van Backstreet Boys. So amper-amper of Nick het tronkkos geëet nadat hy in hegtenis geneem is oor ’n struweling buite ’n kroeg.

Terwyl ’n paar ouens buite die kuierplek handgemeen geraak het, het Nick, wat dié aand glo die mannetjie met die kurkhoedjie oopbek gesoen het, op ’n vrou gevloek.

Toe die polisie naderstaan, het Nick glo iets soos “Ek isj Nick vannie Backsjtreet Boyshj” gesê en hom teëgesit toe die gereg hom eenkant toe druk. Net daar en dan is “Chaos” of “Mr Hyper Man”, soos hy ook bekend is, in boeie geslaan en weggelei.

’n Mooi pleit en ’n vet afkoopboete (Sien, sterstatus, nè?) later was Nick ’n vry seun. Nou moet hy gemeenskapsdiens verrig, maar ek wonder steeds waaroor sou eensame Big Bob en bronstige Bubba met Nick onder die tronkstorte geklets het.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.