Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kaartjies vir Up the Creek min

Chutney de Ridder

Wie sal nou ’n geroeste Datsun 1400-bakkie van 1982 wil steel, wonder ek nou die middag op soek na myne.

’n Rooie, sê ek vir die informele parkeeraanwyser wat die oggend so gaaf was om vir my te wys hoe om te parkeer omdat hy gereken het die eienaar van ’n voertuig met só ’n stamp kan tog sekerlik nie die ding sonder hulp staanmaak nie.

Ja, hy onthou die rooie wat hier op die sperstreep gestaan het. Hulle het hom vanoggend al kom haal.

Hulle? Wie is hulle? Hoe lyk hulle? Watter rigting het hulle gery? peper ek my bron, my selfoon gereed om die blitspatrollie te bel.

Nee, hy ken hulle nie, maar hulle ry ’n groot trok met ’n hyskraan agterop. En hulle lig daai geroeste rooi Datsun 1400-bakkie van sy staanplek af op en sit hom agterop daai bak neer en daar gaan hulle.

Dit kos my die ekwivalent van ’n kaartjie by vanjaar se musiekfees Savanna Up the Creek, plus nog geld vir eet- en drinkgoed vir die hele naweek van 8 tot 10 Februarie om my bakkie by die verkeersafdeling se skut te gaan uitkoop.

Ek mag nie vloekwoorde in die rubriek gebruik om uitdrukking aan my emosie te gee nie. Dis net dissipline wat keer dat ek nie vanoggend dié reël verbreek nie.

Dis nie soseer die oplig en wegsleep wat my omkrap nie. Parkeerkansvatters soos ek leer om ’n finansiële dwarsklap te vat as dit uitgedeel word.

Ek is bitter oor daardie geld, daardie R320 vir wegsleep- en skutkoste, plus ’n pienk kaartjie van R220 vir onwettige parkering, wat my naweek by Up the Creek sou betaal.

Ek bel my pa. Geld groei nie op sy rug nie, sê hy. En hoe gaan dit by die werk? verander hy die onderwerp.

Ek bel my broer. Jy skuld my reeds, sê hy. Wanneer kry ek daai geld?

Ek was net gereed om myself met ’n stomp byl op die niere te gesel, toe my sel lui. Dis die organiseerder van Up the Creek wat wil weet of ek vanjaar ’n draai as Jip-verteenwoordiger kom maak, want hy het vir my ’n kaartjie.

Lofliedere! Engelekore! Oor 11 slapies sal ek net anderkant Swellendam, op die wal van die Breërivier, saam met 599 ander liefhebbers van plaaslike kunstenaars die naweek van 8 tot 10 Februarie ’n musikale een maak.

Julle is genooi. Kaartjies kos R295, wat kampeerplek insluit. Julle kan dit deur Computicket aanskaf. Bel 021 671 4360 om te bespreek, of besoek die webruimte van Up the Creek by http://upthecreek.mweb.co.za

Nodeloos om te sê dat julle gou moet spring. Die oorblywende kaartjies verdwyn so vinnig soos geroeste Datsun-bakkies.

Wat kan julle alles vir die prys sien? Vrydag begin met komedie deur die rasperbek Joe Parker, gevolg deur Azania, Sons of Trout, Jesse Jordan en DJ’s tot vroegoggend. Saterdag is Luhlaza, Bill Knight, Marc Maingard, Breakfast Included, Delta Blue, Valiant Swart, Watershed en MoodphaseFive aan die beurt, afgewissel deur DJ’s en komedie, en Sondag hoor ons “uitgepropte” jazz, Frosted Orange en Abigail Petersen voordat Trout afsluit.

Vanjaar se Up the Creek is kleiner, intiemer en in die middel van die somer, wat beteken ’n lekker gees, ontspanne atmosfeer en die breë Breërivier om in af te koel.

Wat is jy bereid om hiervoor te betaal?

Dalk die skutprys van ’n geroeste Datsun-bakkie van 1982?

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.