Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor skoolverlaters, brandstigting en musiek

Eendag drank, drank gelede was daar ’n matrieknaweek op die mooi klein kusdorpie Hermanus. Al die skoolverlaters het reikhalsend uitgesien na ’n uitbundige naweek van brassery en gefuif in Piet se Bos.

Daar sou handboeke verbrand word en om hierdie vuur sou jonges ’n oerdans uitvoer wat herinner aan die vernuftige jagter Koki. Dit terwyl hulle die ondier uit die bottel oopskroef, die Raka ontkurk wat in die donker kuil van hul keelgate sou verdwyn. “Hokaai nou,” onderbreek ’n kollega my. “Jy skryf vir JIP, onthou — jy kan nie skryf oor drankmisbruik, gefuif en brandstigting nie. Dis opruiend!”

OK, maar wat sou hy eerder verkies? Eendag blank, blank gelede was daar ’n matrieknaweek op ’n mooi klein kusdorpie Hartenbos? Al die maatjies het opgewonde gewag vir ’n heerlike naweek van branderry en verblyf by Santos? Daar sou hulle opvoedkundige kinderboeke verpand om geld in te samel vir ’n langarm-sokkiedans, terwyl hulle gemmerbier drink wat Naka se mammie vir hulle gemaak het?

Ek meen, “HELLO, dis is die jaar 2001, nie waar nie!”

Goed, goed, ek dwaal af. Eintlik wou ek net ’n hand van gelukwensing uitreik na Matriek 2001 se lotelinge wat uiteindelik die laaste punt agter die laaste sin van die laaste eksamenvraag geplaas het.

En ook aan die partytjiediertjies wat hulself so grootmens gedra het (nie dat dit juis so dikwels ’n maatstaf is nie) op Hermanus en elders.

Nou is dit see, son en SA-bier vir die gelukkiges wat kan uitsien na ’n lang, welverdiende vakansie. En wat is nou beter om die lazy, hazy, crazy days of summer waaroor Nat King Cole gesing het, met musiek te geniet?

Piet Botha, one eie Rock van Gibraltar, toer eersdaags in die Wes- en Suid-Kaap om sy nuwe CD Die Hits (’n versameling van sy treffers) woema te gee. Maak notas van die volgende datums: Woensdag by Captain’s Cabin op Saldanha, Donderdag by Fisherman’s Cottage op die einste Hermanus, Vrydag by die Whammy Bar in Tableview, die dag daarna by die Struisbaai Hotel op ... twee raaiskote.

Dan volg Napier Hotel (3de Nov), High Street Teater (4de), Sir Ricco’s in Gordonsbaai (7de) en Dorpstraat Teater op die Bos (8ste). Meer datums volg, maar kry gerus ’n flyer by een van sy optredes en volg die groot Groot Olifant se spoor. Julle weet van die Nude Girls treffer-kompilasie (Fat Lady Sings) — ’n ideale Kersgeskenk. Just Jinger het nou ook ’n “beste van” kompilasie op die rakke. Maar aanhangers hoef nie te vrees dat dit soos die Nudies s’n ’n finale totsiens-CD is nie.

Al die groot treffers van die pop-rockers, onder meer “Shallow Waters”, “Father and Farther”, “Like You Madly” en die Rodriguez cover “Sugarman” is ingesluit op die 18-snit kompilasie. Skreeeeee Saartjie, skreeeee ... dalk hoor Kerspappa jou roepstem en stop die een in jou kous.

Een wat ek gaan aanskaf is Akasic Record, die beroemde/berugte Kalahari Surfers se eerste CD in meer as ’n dekade, uitgereik deur African Dope Records. Dit word beskryf as ’n doodsveragtende wipplankrit deur elektroniese landskappe, ingekleur met ritmes uit Afrika en Asië.

Laastens — ek maak nie grappies oor senior burgers nie, maar Mick Jagger se vierde solo-CD (Goddess In The Doorway) is pas in die Verenigde Koninkryk geloods. Op dag een het ’n aardskuddende 954 eenhede verkoop. Dieselfde dag het Robbie Williams se nuwe (Swing While You’re Winning) op 27000 eenhede gedraai. Miskien moet jy jou maar voortaan op die Rolling Bones toespits, Mick.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.