Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kobus! laat die trane oor my kake biggel

Antraks vrese het hoog geloop. Maar na die pakkie is my milt nie aangetas nie. Trouens, daardie “bloedryke orgaan, so groot soos ’n vuis, links in die maag geleë, wat sy produkte direk in die bloedstroom deponeer” (dankie aan die HAT) is sover my kennis strek nog honderd persent.

My hart is wel bietjie week. ’n Traan het oor my goed-versorgde kake gebiggel. Dat ek, u eerbiedige rubriekskrywer, nou soveel twyfel gehad het in ’n verdagte pakkie.

Maar nou ja ... ’n mens weet ook nie meer deesdae hoe veilig dit is om obskure posstukke, toegedraai in vreemde oortrekpapier (’n advertensie vir ’n meubelhandelaar in Parow: “sitkamerstelle vanaf slegs R1999”) oop te skeur nie.

Maar die koevert waarin die pakkie was, is gerig aan “Jip, Die Burger, Kaapstad — vir aandag: Chutney de Ridder”. Dis toe Jip se redakteur my met ’n bekommerde stem gebel het en vra dat ek “groot asseblief” hierdie pakkie uit sy kantoor moet kom verwyder, want dit lê in sy pad. Wat natuurlik ’n bogstorie is. Die pakkie, wat ek toe met versigtige, maar sweterige handjies gaan optel het, was skaars groter as ’n CD.

Ek moet erken: dit het manmoedigheid gekos om die pakkie oop te skeur. Hy was stewig verseel met daardie sterk, taai kleeflint waarmee stukkende kartonne en ander gewaande posstukke geheg word. Binne-in was geen wit poeier van enige aard nie. Ook geen brief nie. Net twee CD‘s ... demo-CD‘s om presies te wees. En dis hoekom die trane oor my kake gebiggel het. Oor ek die CD‘s wat binne-in verpak was geluister het en besef het hoe mens te werk moet gaan as jy Afrikaanse musiek wil maak wat ’n blywende indruk laat op die gemoed van emosioneel armoediges.

Die CD‘s het behoort, of was die briljante handewerk van Kobus! (getitel Dink jy Nou) en Die Kruis (getitel Begrawe jou Engele). Die twee CD‘s verskil soveel soos Cremora van en rêrige antrakspoeier verskil.

Kobus! is die lieflike basterbabatjie van Theo Crous (Springbok Nude Girls) en Francois Breytenbach Blom (VOD). Kobus! maak onklasifiseerbare Afrikaanse musiek wat klink na die eindproduk van ’n kruising tussen Randy Rambo en die Rough Riders en Koos du Plessis wat sy anti-depressante saam met ’n skoot helium ingekry het. Min of meer.

Die Kruis is rof, raserig en robuus. Dis industriële trash-metal met Afrikaanse lirieke wat enige goeie KJA-kringleier sal laat sweer daar hang ’n reuk van salpeter en swawel in die lug met die eerste luisterslag. Dis die siek breinkind van die briljante Blom-broers, Francois en Paul. Theo help met leier- en ritmekitaar en ’n hele paar vreemde karakters dra by tot die lieflike lawaai — onder meer SaTania van NieKerk op viool en Dr Faustus Offner op “gillende siele”.

Terug by Kobus! (wat my terloops baie aan die mal Amerikaanse groep Ween laat dink) Sjoe, hoe beskryf mens die musiek: drommasjiengedrewe pop-rock (drock?). Nee, dis te maklik. Ek gee op. Die ritme jaag nooit bo mid-tempo nie, Theo se elektriese Fender is so pragtig-mooi subtiel en die lirieke is iets wat jou verstom laat. Briljant! Die CD skop af met seker een van die beste Afrikaanse snitte wat ek in ’n lang tyd gehoor het: “Wie is Kobus”. En daar is sommer baie tonge in baie kieste op die snit — die gatskeer-tema word reg deur die CD voortgedra. Dis veral op “Die Hoenderman”, “Sondagmiddag” en “Gee Raat” so duidelik soos daglig.

Dis al inligting wat ek op die oomblik het. Of die CD‘s te koop is weet ek nie. Maar as julle dit sien ... moenie twee keer dink nie. Intussen gaan ek meer oor die groepe uitvind. En dan kom vertel ek julle alles.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.