Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die groot verleentheid

Om ’n bekende persoonlikheid te wees is beslis nie so lekker soos wat dit vir ons as buitestanders lyk nie. Dis ’n verantwoordelikheid wat na die soveelste bloutjie nie jou grootste vyand wil toewens nie.

Dis hoekom BBP’s soos Johann Stemmet van Noot vir Noot faam byvoorbeeld incognito reis. Jy sal hom nie sommer in een van daai mooi onderstebobaadjies in jou naaste SevenEleven betrap nie. Iemand het my vertel hy dra glad ’n pruik as hy nie voor die kamera is nie. Of het ek nou die storie gatomkant ... hy haal sy pruik af as hy nie voor die kamera is nie?

Ewentewel, bekendes sal uit hul pad gaan om nie oorval te word op straat nie. Plaaslik is dit nie so ’n rare verskynsel nie.

Trouens, by enige kunstefees of groot musiekbyeenkoms is dit glad nie ongewoon om skouers te skuur met bekendes nie. My grootste claim to fame is dat ek al in ’n kuierplek in die Kaap saam met die internasionale rockster David Bowie ’n drankie genuttig het.

Wel, dis soos ek die storie aan almal vertel het, maar sedert ek ophou halwe waarhede verkondig het sal ek met vol sak patats vorendag kom. Ek het wel die plek vroegaand ingestap en tot my verbasing die Thin White Duke (soos Bowie ook bekend is) by die toonbank sien sit. Ek het net daar besluit om hom welkom te heet in die Kaap en sommer te vra wat hy hier doen.

Maar ’n ander ou het my voorgespring. Sien, die jafel sit toe seker al heel middag en kuier en toe die Duke instap en gaan sit — met so ’n aura van grootsheid wat saam met hom insweef — toe korrel die hoeksitter so met een nugter oog en verbeel hom hy sien iemand wat bekend lyk.

Toe ons uiteindelik saam in Bowie se rigting mik toe sping die lummel my voor en skree-vra: “hey, are-int you sumone feimis? Jis man, you mos Arno Krige ... no ... Arnold Crous of de Nude Boks. You were on det covir of de magazine, man ... on die Huisgenoot se covir?”

Ek dink dit het my 4.17 sekondes geneem om van die toonbank tot by my motor, twee blokke verder in Adderleystraat, te kom. Verleentheid! Ek wou net geepad en het nog nooit weer my voete in daai plek gesit nie. Wat Bowie hom geantwoord het weet ek nie. Maar ek het so ’n fyn spesmaas die drie swygsame gorillas wat gedonkerbril by ’n tafeltjie in die hoek gesit het, was in diens van meneer B. En hulle het nie te vriendelik gelyk nie.

OK, so julle glo my nie? Ten minste het ek vir Bowie herken. Kyk die arme aap. Nou die dag (in Oregon, VSA oukei!) stap die nimlike Bob Dylan deur ’n sekerheidsingang onderweg na die verhoog waar hy moet optree.

“Hokaai meneertjie,” keer die sekerheidswag met die melkbaard. “Jy gaan nie Bob Dylan hier agter die verhoog sien sonder een van dié BBP plakkertjies nie,” en hy hou triomfantlik een omhoog.

“Jammer pel, ek weet jy doen net jou werk, maar ek IS Bob Dylan,” antwoord Dylan.

“Ja sure, en ek is Adolf Hitler” (of so iets, die ou moes ’n snorretjie gehad het).

Dit het die hoof van die sekerheidswagte gekos om die jongeling te oorreed dat die maer gryskop met die motgevrete pak klere inderdaad His Bobness is. Vir sy straf moes hy sewe Dylan CD’s in een sessie sit en deurluister! (nee, die laaste stukkie is weer ’n halwe waarheid!)

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.