Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Totsiens … dit was ’n voorreg

En daar sing die fat lady toe. Voor nagenoeg 3000 mense in die Drie Kunste Teater. Die einde van die Springbok Nude Girls as groep. Maar daar is geen spyt of trane nie, net ’n paar stil oomblikke voor die vyftal vir oulaas op Suid-Afrikaanse bodem die verhoog bestyg.
Terwyl die skare in ongeduldige afwagting begin dreunsing “Nude Girls, Nude Girls, Nude Girls” draf ek gou vinnig by die groep se kleedkamer in, waar Arno Carstens besig is om sy stem op te warm, Theo Crous sy nuwe Fender snare toets (“ek vervang voor elke gig my snare en ek doen dit self — niemand raak aan die kitaar nie,” verseker hy), Francois Kruger ’n paar dromsolo’s op ’n stoel oefen, Adriaan Brand sy toonlere op die trompet uitskal en Arno Blumer vir oulaas sy baskitaar instem.
“Is julle ouens spyt dis nou alles verby?”
“Nee wat. Ons het gedoen wat ons kon. As groep kon ons nie meer verrig in Suid-Afrika nie. Ek sal met goeie herinneringe terugdink aan die sewe jaar saam met die Nudies,” antwoord Arno Blumer.
Ek wil weet wat nou van almal gaan word. Francois kom soos gewoonlik met ’n vinnige, pittige antwoord: “Niks. Ek gaan vir die somer niks doen nie. Net weer ’n slag op sy gat sit en lees, my kop skoon kry. En dan sal ek maar sien wat vorentoe gebeur. Ek sal weer in musiek betrokke wil raak. Maar ek is vir eers klaar met dromme — ’n ander instrument …die baskitaar dalk.”
Blumer? Hy wil studies voltooi. “Ek wil nou al my gewig agter my studeerwerk ingooi. Dis iets wat ek wil doen. Dis ’n nuwe uitdaging. En ek wil meer tyd saam met my vrou en kind deurbring. Ek skuld hulle baie.
“My kind het my al begin assosieer met vliegtuie, omdat ek so baie van die huis weg was,” sê hy, en ek vermoed daar is meer byt in die grappie as wat hy eintlik sou wou erken.
Adriaan, wat ook sy studeerwerk ernstig gaan benader, gaan steeds betrokke bly by musiek. Hy gaan egter hom toespits op musiek vir teater en verhoog. “En as dit in samewerking kan wees met Sex Tips for the Boys, die ander groep waarby ek betrokke is, des te beter,” verduidelik die lenige trompetspeler.
Die oorblywende twee Nudies, Arno Carstens en Theo, sal voortgaan met wat hulle tans besig is. “Ons geniet dit nog om musiek te maak. Dis vir my ’n beroep en ek dink ons kan saam baie bydra tot die plaaslike musiekbedryf,” sê Theo.
Hulle sal voortaan vir eers as Crous en Carstens bly voortbestaan. Die duo het al verskeie verhoogoptredes agter die blad. Wat van die naam Springbok Nude Girls gaan word kan niemand in die stadium sê nie. Arno het besluitreg op die naam, maar dis hoogs onwaarskynlik dat die naam sal bly voortbestaan. Indien wel, hoogstens in ’n ander, verkorte vorm soos Nude Girls of Nudies. Maar dis wilde raaiskote.
Dis tyd. Die natgeswete bestuurder van die SNG, Frani Kotze, versoek die media vriendelik dog ferm om die groep se kleedkamer te verlaat. Daar word oulaas kajuitraad gehou. Dan verskyn die groep in die gang onderweg na die verhoog. In die agtergrond bulder die aankondiger: “vir die laaste keer in Kaapstad ... vir die laaste keer in Suid-Afrika ... verwelkom op die verhoog ... die Springbok Nude Girls!”
Ek sal die herinneringe van sewe jaar wat die groep my gebied het nooit vergeet nie. Dit was ’n voorreg en ’n eer Nudies. Ek sê dankie.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.