Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Springbok Nude Girls na sewe jaar amptelik uitmekaar

As die fahfeeman jou nommetjie uithaal, dan moet jy seker maar vat wat na jou kant toe kom. En as dit beteken dat jy jou sitplekgordel moet vasmaak tot die vet antie klaar gesing het, dan is dit maar die toffie wat jy moet kou.

Alles het begin toe my naam uit ’n hoed getrek is. Die eerste prys: ’n dubbelkaartjie na die opera — Verdi se “Maskerbal”.

Nou kyk, ek het niks teen opera’s nie. Van my beste vriende woon dit gereeld by. Maar as ek die kans het om die Dolly Rockers in aksie te sien en boonop self DJ te speel, dan kies ek dit eerder voor ek luister na die sopraan se plan om die tenoor te vermoor.

Eind goed alles goed — die tenoor is daar voor my oë ’n doodskoot toegedien net om minute later op te spring vir ’n staande toejuiging, die sopraan se laaste note het die omie in die ry voor my se brillense aan skerwe laat spat toe sy die hoogste noot vat.

Agterna het die deftige kultuurkuikens ge-aandpak en -rok in hul blink waens gespring en koers gekies na hul paleise in voorstedelike vestings met name soos The Vines, Summer Place en Eikendal Heuwels.

Ek is Shack toe vir pinball en die laaste minute van die Dolly Rockers. En dis waar ek gehoor het van die Vet Antie Sing Toer, wat my seker vanoggend herinner het aan Verdi en die sneuwelende tenoor.

My gesprekke by die S-plek is later bevestig toe ek ’n amptelike mediavrystelling ontvang van Frani Kotze, bestuurder van die Springbok Nude Girls, waarin daar staan dat die groep alle betrokkenes, belanghebbendes en belangstellendes wil bedank en dat SNG na sewe jaar amptelik uitmekaar gaan spat.

Dit sal gebeur na ’n laaste toer, by name die “Fat Lady Sings” toer, wat die naweek afgeskop het in die noorde, by die Woodstock Fees en Woensdag by Bargo in Durban momentum kry voor ons ter plaatse Saterdag eerskomende na die Drie Kunste Teater moet optrek vir die laaste Nude Girls gig ooit op plaaslike bodem. Die groep vertrek dan na Londen vir ’n koebaai-sê konsert by die Shepherds Bush Empire op 13 Oktober.

Nou ja, wat kan mens sê? Dis ’n jammerte, maar alle goeie dinge kry end. En nes daai vet antie dit met groot fanfare gedoen het, verwag ons dieselfde van die Nudies. So koop nou al jou kaartjie vir die paartie van die jaar. Die bonus is dat ’n Best of the Springbok Nude Girls 1995 — 2001 CD op 22 Oktober deur Sony uitgereik gaan word. Benewens al die treffers sal die CD ook twee nuwe snitte — J-59 en Dimmer — bevat.

Nog ’n nuwe wat binnekort ons rakke tref is die debuut CD van Dirk Uys se nuwe etiket Boereplaas Plate, getitel Vloek van die Kitaar. Dit verteenwoordig die ontwikkeling van Afrikaanse rock die laaste 21 jaar en skop gate in die voos term “alternatief”.

Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Piet Botha, Bernoldus Niemand, die Nude Girls, Beeskraal, Akkedis, Spinnekop, Battery 9, BVK, Karen Zoid en Raaskopleef is die kunstenaars wat op “Vloek…” sal verskyn.

Dirk gaan ook ’n Vloek 2 en 3 die lig te laat sien sodat ons uiteindelik sal sit met ’n omvattende Afrikaanse rockrepertoire. Johannes Kerkorrel, David Kramer, Khaki Monitor, The Kerels, The Genuines, K.O.O.S. , Randy Rambo en Die Radiators sal op dié CD’s beurt kry.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.