Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Saron Gas na New York!

AS ek julle net vir ’n oomblikkie kan wegskeur van Loerbroer se wellustige werklikheidsepie wat deesdae die oggend- en aandpraatjies van onse mense vul kan ek ’n paar musikale brokkies met julle deel.

Ja, lees gou hier en gaan neem weer plaas voor die kassie, want netterma sping iemand poedelkaal onder die stort in (o wee!) of dalk kafoefel ’n paartjie in die borrelende vroetelbad (skande!). OK, so ek’s bietjie sarkasties. Maar die hele hoe-haa oor die program gaan my verstand te bowe. Miskien is dit omdat die mens van nature maar ’n nuuskierige klein agie is — kyk maar hoe briek motoriste by ongelukstonele, steek mense vas by ander wat TV kyk in ’n winkelvenster. Tom Waits het oor die agie-verskynsel gesing op sy CD “Mule Variations” — “What’s he building in there?/What the hell is he building in there?/He has subscriptions to those magazines/He never waves when he goes by/He’s hiding something from the rest of us/He’s all to himself/I think I know ... we have a right to know ...”

Dit daar gelaat. Siende dat ons nou op die Loerbroer onderwerp is kan ek ’n hand van gelukwensing uitreik na die Kaapse poprock-groep Semisane wat gekies is om die temalied vir hierdie werklikheidsprogram te kompeneer. Sommer ook ’n klop op die skouers vir die organiseerders van Big Brother wat in die gees van plaaslike inhoud besluit het op temamusiek wat deur ’n groep opgeneem is eerder as een of ander geprogrammeerde ateljee-deuntjie. Die snit se naam is “Life” en dit word gereeld op radiostasies gehoor. Dit sal ook verskyn op die “Big Brother” kompilasie CD (jip, hoe dan nou anders) wat binnekort die rakke sal tref. Hier is nog groter nuus. Die groep Saron Gas het pas ’n massiewe kontrak gesluit met die Amerikaanse platemaatskappy Wind Up om sewe albums op te neem. Top-groepe soos Creed, Finger 11 en Drowning Pool het onder die etiket naam gemaak.

Saron Gas sal einde vanjaar na New York verhuis en die finale afrondingswerk doen aan “Fragile”, hul debuut CD. Die treffer “Gasoline” is ook op die CD ingesluit. Gaan stel gerus ondersoek in musiekliefhebbers.

Die kontrak is gesluit na Saron Gas in die Groot Appel voor ’n handjievol uitsoekgste in die musiekbedryf opgetree het. Die het glo in emosielose stilte sit en kyk terwyl die groep hul beste voetjie voorgesit het.

Na die laaste note het omtrent die hele lot opgespring en gewaai sonder om hande te klap. Saron Gas wou nog dink dis tyd vir tasse pak en terugkom huis toe, toe staan Steve Lerner, eienaar Wind Up, nader en sê: “Welkom aanboord”.

Nou ja, wys jou net …daar is hoop vir plaaslike groep om oorsee ’n break te kry. Sterkte aan Saron Gas, ons hou die treffersparade dop!

Op ’n tragiese noot nou (nee ek verwys nie weer na Loerbroer nie). Die bekende High Street Teater, een van enkele venues in die Kaap wat by uitstek plaaslike kunstenaars ondersteun, loop die gevaar om sy deure te sluit weens erge finansiële druk.

Sedert sy opening op 19 April verlede jaar het die High Street Teater tientalle uiteenlopende produksies — komedie, drama, kabaret, klassieke, gospel- en rockmusiek — aangebied. Om die tragedie te voorkom kan maatskappye groot of klein hul steun verleen aan High Street Teater en so ’n verskil maak aan die kultuur-erfenis van ons gemeenskap. Vir meer inligting kan voornemende borge Surisa skakel by 082 926 2871 of (021) 448-4558 (faks/telefoon).

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.