Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oppikoppi moet ’n vaandeldraer vir plaaslike musiek wees

DIE wat daar was weet te vertel dat die woord koud ’n nuwe demensie aangeneem het. Dis nou by vanjaar se Oppikoppi musiekfees by Fonteinedal.

Ek, tot my diepe spyt, moes vanjaar se eerste fees in die buitewyke van Pretoria weens ’n onvoorsiene werksbui misloop. My spioene wat wel daar was verseker my dat ’werk’ bloot ’n vierletterwoord is as mens dit moet meet teen die heerlikhede wat Carel Hoffmann, hoofman oor meer as ’n honderd groepe, vanjaar opgedis het. Dit was koud ja, verduidelik my kollegas, maar die warm klanke van oorspronklike Suid-Afrikaanse musiek het die byt in die lug se tande getrek.

So toe steek ek maar my trots skaamkwaad in my sak en bel vir Carel, om eerstehands te hoor of Oppikoppi Tuned 2001 so ’n groot sukses was soos my pelle reken dit was.

“Kyk, ons het verwag daar gaan ’n ander tipe vibe wees as die wat ons gewoonlik in die Bosveld gekry het (waar Oppikoppi sedert 1995 duskant Northam gehou is),” verduidelik die organiseerder. “Maar ons is tevrede met die eerste poging by Fonteinedal. Die plek gaan nog ’n gees van sy eie ontwikkel wat kan groei tot iets groots op die plaaslike musiektoneel.”

Maar iets pla hom. En ek vra toe uit daaroor.

“Jy sien, Oppikoppi in die Bosveld het nog altyd ’n geleentheid gebied aan besoekers om te kom uitkamp en paartie hou. Die braai- en lawaaibrigade was nog altyd sterk verteenwoordig daar. Dit pla my egter dat, ondanks die skuif na Fonteinedal, die element steeds teenwoordig is.”

Nie dat Carel nie die kuiergatte daar wil hê nie. Inteendeel, dikwels is dit juis die mense wat die vibe skep. Maar die organiseerder is ernstig oor wat hy met Oppikoppi wil bereik. En dis hier waar die kuier-element sake bemoeilik.

“Te veel mense stroom nog fees toe om te kom paartie hou eerder as om na die musiek te kom luister. Ek wil graag hê Oppikoppi moet ’n vaandeldraer vir plaaslike musiek wees — die grootste, beste vertoonkas van die talent in Suid-Afrika,” vervat Carel.

“Natuurlik is die kuier-element belangrik. Maar ek wil graag ’n gevoel van trots skep onder gemiddelde feesganger, ek wil hê die mense moet die musiek waardeer en die gefuif as ’n bysaak geniet.”

Ofskoon Carel uit die aard van sy werk nie so baie musiek by vanjaar se fees gesien het nie, sonder hy tog die name van David Kramer, Lucky Dube, Max Normal, Henry Ate die grapjasse van die Cape Comedy Collective uit. Die oorsese musikante wat hom beïndruk het, is die FFF (Federation Française de Fonck) met hul energieke funkrock en die Belgiese groep Buscemi met hulle dance ritmes.

Is daar iets wat hy geleer het by vanjaar se Fonteinefees. “Ja, beslis,” antwoord hy blitsig. “Volgende keer skuif ons die fees aan na later in die jaar. Dit was darem net te vervlaks koud.”

Die groot vraag hou ek vir laaste. “Kom Oppikoppi Kaap toe vanjaar?” “As die beplanning reg loop en ons kry borgskappe om die onkoste te dra sal daar beslis later vanjaar ’n Kaapse Oppikoppi wees,” verseker Carel. “Oor die venue is daar nog nie sekerheid nie. Dit lyk in die stadium of ons die fees nader aan Kaapstad sal hou.”

Nou toe, (Kaapse) borge …hoe lyk dit? Hier is ’n ideale geleentheid om te wys julle wil plaaslike musiek ondersteun. Ons is oorgehaal vir OppiKaapi 2001!

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.