Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Musiekfeeste: ’n lelike ding is besig om kop uit te steek

’n Lelike ding is weer besig om sy kop uit te steek. Destyds het dit by die State of the Nation-rockfees sy aaklige nekkie uitgehang, en laasnaweek by die Up the Creek-musiekfees was hy weer daar.

Dit het niks te doen het met die organisasie van die twee feeste nie. Trouens, die Savanna Up the Creek 2001 was ’n reuse-sukses, juis weens goeie organisasie, lieflike weer en ’n skare wat, op twee beenkoppe na, hulself goed gedra het.

Ek moet gou stilstaan by die beenkoppe. Die twee het hulself vierkantig gaan staanmaak by die watergat neffens die hoofverhoog Saterdag (sien, die Stormers het mos gespeel en dit was skynbaar belangriker om die manne in swart te sien verloor as om na oorspronklike musiek te luister.) Om skande by skade te voeg het hulle eers met ’n paar luidrugtige weermagverhaaltjies vorendag gekom en toe hul stembande verhef in een of ander walgworslike liedjie wat waarskynlik deel is van ’n goedgeoliede braaivleisritueel. Laas toe ek hulle gesien het, was kort voor die briljante Max Normal begin speel het. In daardie stadium het albei reeds die mag van die Wet van Swaartekrag onderskat — omstanders was maar te dankiebly dat die twee se smerige gesnater vir ten minste ’n paar uur uitgedoof is.

Maar terug by die ander lelike ding van so flussies. “Hoekom is plaaslike musiekfeeste dan so wit, meneer?” wonder “Vra Maar Net” van Tamboerskloof. Die samekoms op die walle van die Breederivier was mos nie ’n “whitey”-fees wat net een soort musiek verteenwoordig het nie. Benewens pop/rockgroepe soos Not My Dog, Sugardrive, Sons of Trout en Semi Sane was daar ook jazz en fusion (Virtual Jazz Reality, Madam Freak), blues (Delta Blue, Blues Broers), hip-hop, soul en rap (Moodphase 5ive, Max Normal, Firing Squad en BVK) en Wêreldmusiek met ’n sterk Afrika-inslag (Vusi Mahlasela en die genoemde Madam Freak).

Maar die wit gesigte van feesgangers was ’n meerderheid. Moet die “whiteys” die probleem by hulself gaan soek? Is dit apies soos die Beenkoppe wat verhoed dat alle mense welkom voel by ’n musiekfees? En hoe raak mens ontslae van daardie “eksklusiewe” meulsteen?

“Hokaai ’n bietjie,” sê Carel Hoffmann, organiseerder van die gewilde Oppikoppi-musiekfees. “Jy praat van fout soek, maar daar is g’n fout nie. Onthou net, dit het ’n goeie vyftig jaar geneem om feesgangers apart te hou, dis nie iets wat oornag gaan verander nie”.

“Kyk bietjie wat is al vermag die laaste paar jaar: die feeste is al hoe meer divers, die musiek spreek tot ’n groter samelewing en stadig maar seker begin feeste mense van alle kultuurgroepe lok”.

“Ons (as organiseerders) het ’n sosiale verantwoordelikheid teenoor alle Suid-Afrikaners om die leiding te neem, dis hoekom Oppikoppi van rock tot kwaito, van jazz tot hip-hop en pop aanbied”.

“Die lekker ding met al die groeipyne saam is om te sien hoe mense se oë en ore oopgaan. Laities se CD-versamelings bevat deesdae musiek wat strek van Not My Dog tot Vusi Mahlasela, van Brasse Vannie Kaap tot Valiant Swart”.

“Die bottom line is: die feeste moet vriendelik bly, mense moet welkom voel. Oor ’n jaar of vyf het ons lank reeds vergeet dat daar ooit so iets soos ’n ‘wit’ musiekfees was.”

Nou ja, dis lekker om so ’n antwoord te kon skryf. Nou wil ek hoor wat julle dink. Julle e-pos is welkom by chutney@mweb.com

  Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JB en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.