Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hier kom ’n vet Desemberjol

Dis miskien goed dat julle gou ’n dagboek uit die koffer of aktetas of handsak te voorskyn bring. Want ek gaan vandag van die geleentheid gebruik maak om ’n paar belangrike datums aan te kondig, datums wat in die afsienbare toekoms tot genotvolle uurtjies saam met Suid-Afrikaanse groepe kan lei, datums wat julle maar kan aanteken.

Ons skop af met die Springbok Nude Girls se jongste CD Relaxor. Arno Carstens (sanger) en Theo Crous (kitaar) het my vertel dat die groep eersdaags op ’n landwye toer gaan vertrek. Die datums sal binnekort in die rubriek gelees kan word. En dan het ek ook ’n voëltjie hoor fluit dat die Nudies vroeg aanstaande jaar Amerika toe vertrek om die Yanks ’n ding of twee oor Suid-Afrikaanse rock te gaan wys.

So van toer gepraat: die Pretoriase eksperimentele kunsrockgroep, Duusman, is eersdaags weer in die suide. Maar hier’s nog groter nuus. Kort op die hakke van hul gewilde CD Popmusiek Ontmasker volg daar ’n sessnit kort-CD met die heerlike titel Kalm Psalms.

Terloops, die naam is gekies uit ’n klomp inskrywings wat ondersteuners van die groep in ’n kompetisie voorgestel het. Kalm Psalms word uitgegee onder Duusman se onafhanklike etiket “Onse Plate” — net weer ’n bewys dat daar altyd ’n weg is as daar ’n wil is.

Van die snitte op die nuwe korte is die instrumentele rocker “Meganiese Kake”, die trip-hop-agtige “Hoendervleis” en die kabaretterige “Melodiese Hoer”.

Elk geval, oor die toer. Die Duusmense trek suid met twee ander “groepe” — Anblu en SciCoustic. Anblu is ’n gebore klavierspeler, maar sy kan die akoestiese kitaar ordentlik vashou. Haar stem het die mense daar bo gaande en haar debuut-CD A Little Less Covers (nee, dis nie opgedra aan Just Jinger nie maatjies!) sal ook hier bekendgestel word. SciCoustic — Albert en Gideon Meintjies — is akoestiese rockers. Klink my mens moet gaan ondersoek instel, dis immers min dat noord na suid die musikale hand uitsteek.

Oukei, vinnig daai Duus-toer datums: 13 Desember by Al’s in Knysna, 15/12 by Lazy Lizzard Lounge op George, 16/12 by die Rock Art op Oudtshoorn, 19/12 by Chilli & Lime in Kaapstad, 20/12 by Club 206 in Kaapstad, 21/12 by Hidden Cellar of Stellenbosch en 22/12 by The Big Tree in die Strand.

Skryf dit op die tafels van julle hart (en in daai dagboeke). Hier kom ’n vet Desemberjol.

  Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JB en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.