Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gee my iets nuut in Suid-Afrikaanse musiek, om vadersnaam! Iets uniek!

Smaak my ek het ’n senuwee raakgeboor verlede Maandag met die kindersterre-ding. Mensig ... is ek nou uitgekryt as ’n afkraker en ’n jaloerse japie. Sommige maatjies reken dis omdat ek nie kan sing nie dat ek die “jong talent” so “geniepsig” bygekom het!

Vrinne — bedaar tog net. Alles is in ’n goeie gees geskryf. As Robbie(s) en kie wil sing, laat hulle sing. Laat klein Riaan lostrek met ’n lekker ou treffertjie. Ek wil immers nie hê hulle moet gegewe talente onder die spreekwoordelike maatemmer verberg nie.

Talent is egter relatief en smaak verskil genadiglik. Maar dit sal my nie weerhou om my sê te sê nie.

Van sing gepraat. Nee, dié kan ek nie juis nie. Nootvas die is ek darem, maar ek kon nooit die lae basse opdiep nie en die hogere C’s van die tenore het my dikwels (tot koormeister Paulus se groot ontsteltenis) genoop om ’n halfgebakte falsetto te gaan haal.

Destyds het my oudisie vir die universiteitskoor liederlik skeef geloop toe tannie Acama my gevra het om gesigsuitdrukkings in te span terwyl ek “Bobbejaan Klim die Berg” aandurf. Ek het op verkeerde plek “haastig en lastig” gelyk en toe ek frons pleks van glimlag met die “hoera vir die jollie bobbejaan” is die oudisie net daar kortgeknip.

Maar dink bietjie aan die groot geeste wat ook nie juis teksboek-sangstemme het nie: Bob Dylan, Neil Young, Van Morrison, Lou Reed, Nina Hagen en Victoria Williams, om enkeles te noem. Tog maak die mense die allermooiste musiek, juis omdat daar ’n unieke trek aan hul stemme is. Uniek is die kernwoord.

Nes die kitaar, klavier, viool en soortgelykes, is die stem ook ’n instrument wat effektief ingespan kan word. Luister maar wat vang ’n groep soos die King Singers aan as hulle lostrek met hul acapella-vertonings. Toegegee, dis nie almal se koppie gunsteling Indiese drankie nie, maar dis steeds manjifiek.

Wat my eintlik laat gal braak het oor die kindersterre is die feit dat die spulletjie al te dikwels vereenselwig word met die toekoms van (Afrikaanse) musiek. Die “nuwe” stemme wat vorentoe groot hoogtes gaan bereik.

Dis natuurlik onsin. Die musiek wat hier gepleeg word is bloot ’n herhaling van ’n beproefde hoofstroom-resep. Kortom beteken dit leë popdeuntjies (dikwels eg-Europees) wat met ’n dansritme die wêreld ingestuur word, waar dit opgeraap word deur luisteraars wat nie van beter weet nie.

Gee my iets nuuts in ’n Suid-Afrikaanse omgewing, om vadersnaam! Iets uniek! Dis kinderspeletjies om ’n holruggeryde Europese ritme (wenresep) vir die plaaslike mark aan te pas. Skryf hierby ’n paar simpel, soetsappige lirieke en siedaar! ... ’n kinderster word gebore.

Ek soek iets meer as dit. Iets eksperimenteel soos Buckfever Underground se rap en sample snitte, iets soos Battery 9 se aggressiewe industrial klanke, of iemand wat musiek en digkuns kombineer (Gert Vlok Nel, Laurinda Hofmeyer), iemand wat Afrikaans ’n rock en country baadjie aantrek (Valiant Swart), groepe wat eerlike en betekenisvolle lirieke skryf, soos Brasse Vannie Kaap.

Waar is die “jong sterre” van die toekoms wat gaan water skep uit die plaaslike musiekput? Weg met die Europese dansritme-klank, gaan leer ’n slag by die mense wat die eerste plaaslik loopgrawe gegrawe het: die boeremusiekmakers, die ghoema-jollers, die jazzkoppe van die townships, die lo-fi tranetrekkers van weleer soos Die Briels en Charles Jacobie.

Met dit as grondslag, die basis waarop uitgebou en aangepas kan word, sien ek kans vir die “jong kindersterre” van die toekoms.

  Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JB en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.