Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Nanette van Rooyen "Wanneer 'n mens in die Karoo gebore is, spesifiek in die sterredorp Sutherland, ontkom jy nie maklik aan sy inwerking op jou nie. Tot jy op 'n dag besef dat die Karoo nie 'n geografiese gebied is nie, maar wel 'n toestand."
In hierdie toestand voltooi Nanette van Rooyen haar BA-graad in tale, plus 'n HoŽr Onderwys Diploma, aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna gaan gee sy onderwys in Umtata, Transkei. Die behoefte om met boeke te werk, bring haar egter terug Kaapstad toe, waar sy 'n loopbaan in die uitgewerswÍreld begin. Vir die volgende vyftien jaar doen sy redaksionele ondervinding op by Perskor, Juta Uitgewers, Delos, Tafelberg en Vlaeberg.
Nadat haar eerste dogter in 1996 gebore is, begin sy werk as vryskrutredakteur, deels om meer tyd aan eie skryfwerk af te staan. Kort daarna verskyn haar eerste kinderboeke, Onkel en Pops en Houtpapegaaie praat mos nie. Sedertdien het vyftien kinderboektitels in haar naam verskyn, waaronder Maaneiers, wat bekroon is met die ATKV-prys in 1996, en Die Groen Koei, wat in 2001 deur Biblionef gekies is as 'n herdruk vir die verspreiding daarvan in Afrika.
In 1999 wen sy die De Kat/Human en Rousseau Vonkfiksiewedstryd met "Tollie Hans". In 2001 ontvang sy die RAU-Mardene Marais-debuutprys vir Letterkunde vir haar kortverhaalbundel Om te vlerk.
Tans is sy besig met die voltooiing van 'n roman wat as tesis dien vir die MA-kursus in Skeppende Skryfkuns onder toesig van prof Etienne van Heerden.
Nanette woon in Groenpunt saam met haar man, Rudi, en dogters, Sabina en Leah.
Carina Diedericks-Hugo Carina Diedericks-Hugo is in Johannesburg gebore en het in Pretoria en Kaapstad grootgeword. Na matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies) en Honneurs (Afrikaans en Nederlands) cum laude. Sy is tans besig met die graad MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en haar jeugroman Koning Henry is benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. In 2004 het die boek die ATKV-Kinderboekprys gewen. Haar jongste boek, Operasie M.I.A.A.U., het pas verskyn. As sy nie stories skryf nie, werk sy as kinderboekredakteur by Human & Rousseau. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en drie katte, Leipoldt, Langenhoven en Katinka, in Observatory, Kaapstad. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, Desiderius Pongracz, sjokoladekoek sonder versiersuiker, fokofpolisiekar en Sondae op Greyton.

Nanette van Rooyen gesels met Carina Diedericks-Hugo

Klik hier en wen!
  1. As skrywer van jeugboeke het jy 'n uitdaging aanvaar wat die meeste van ons kopsku voor is. Hoe hou jy jou vinger op 'n tiener se pols?

    Ek is gelukkig dat een van my pligstate by Human & Rousseau jeugleesaksies is. Dit beteken dat ek weekliks by laer- en hoŽrskole moet optree. Ek kom dus gereeld in kontak met baie jongmense landswyd. 'n Mens moet wel ook moeite om uit te vind waarvan jongmense hou, die musiek waarna hulle luister, hul kleresmaak en veral die manier waarop hulle praat.

    Ek is goddank bly die tyd is verby toe jeugboekskrywers bloot 'n idee gehad het wie en wat hulle teikenmark is, maar nooit werklik gaan uitvind het of die werke wat hulle lewer, dit is wat die jeug wil lees nie. En ek juig veral oor die wegbeweeg van die verkrampte idee dat Afrikaanse jeugboeke outomaties oor weeskinders, die dood, sukkelende plase en egskeiding moet gaan. Die druk is op die skrywers om verhale te skryf waarby jongmense aanklank sal vind.

  2. Jy is aktief besig om kinders weer aan die lees te kry. Wat is belangrik in die poging?

    Wat belangrik is, is dat ons meer en meer besef dat kinders wel lees, maar dat niemand werklik die moeite doen om boeke op dieselfde manier te bemark as wat ander vermaaklikheidsvorme doen nie. Ons Afrikaanse skrywers is nooit genoop om aktief self 'n rol in die bemarking van boeke en lees te speel nie. Dit het verander en daar is tientalle kinder- en jeugboekskrywers wat hard werk om kinders opgewonde te maak oor lees. (Ek dink veral aan Jaco Jacobs, Marianna Brandt, Piet Grobler, Tanja Joubert en Philip de Vos.)

  3. As uitgewer is jy in die posisie om plaaslike werk met die oorsese mark te vergelyk. Hoe lyk die prentjie?

    Uitstekend. Ek was in 2003 en 2004 by die Frankfurtse Boekebeurs en ek kan in alle eerlikheid sÍ dat ons boeke met die beste in die wÍreld vergelyk. Ons boeke lyk goed en tematies sluit ons aan by internasionale tendense. Die enigste probleem is dat daar steeds te min Afrikaanse boeke gepubliseer word, veral op die gebied van kinder- en jeuglektuur. Die feit dat ons te min boeke vir jongmense het, speel ook 'n rol in die "onbereidwilligheid" van kinders om te lees. Daar is te min boeke wat 'n lesende Afrikaanse jongmens tussen 9 en 16 aan die lees gaan hou.

  4. Jy deel jou lewe met 'n medeskrywer, die digter Daniel Hugo. Hoe werk julle skryfsels en skryfmetodes op mekaar in? En kritiek op elkander se werk?

    Dit werk wonderlik vir my. Daniel staan bekend as iemand wat onselfsugtig leiding en hulp aan veral ontluikende skrywers en digters gee. Hy het 25 jaar se ondervinding as keurder, skrywer, vertaler, redigeerder en resensent. Hy het 'n magdom kennis en ondervinding waaruit ek natuurlik na hartelus kan put! Hy gee my die ruimte om te skryf wanneer ek wil en ek verstaan die ruimte wat hy nodig het om te kan dig of vertaal.

    Ons lees altyd mekaar se werk voor publikasie. Die feit dat ons belangstel in verskillende genres, beteken dat ons albei met vars perspektiewe na mekaar se werk kan kyk en kommentaar kan lewer. Maar natuurlik bly kritiek nie iets wat 'n skrywer graag wil hoor nie! En ja, daar is soms oorverdowende stiltes nŠ 'n terugvoersessie. Ons weet egter dat die kritiek wat ons op mekaar se werk het, sonder 'n verskuilde agenda is en dis selde dat ons nie mekaar se kommentaar en voorstelle inwerk nie.

  5. Ek het al 'n paar besonder goeie kortverhale van jou onder oŽ gehad. Gaan jy een of ander tyd oor die genre-tou trap?

    Miskien later, maar beslis nie nou nie. Ek werk verskriklik lekker in die kinder- en jeugboekwÍreld en daar is nog so baie wat binne die veld gedoen kan word. Ek dink daar is 'n groot behoefte aan "crossover" boeke vir tieners - boeke wat deur tieners geniet word, maar wat eintlik 'n breŽr mark ook het. Ons jeugboeke is steeds te jonk. Verder kort ons ook nog 'n klomp reekse vir jonger lesers. Kinder- en jeugletterkunde staan in sy babaskoene. Die veld lÍ oop en die uitdagings is volop.

Klik hier en wen!

<< Back to the main chain <<


LitNet: 06 Mei 2005

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.