Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Deon Meyer Deon Meyer was born in Paarl in 1958, and grew up in Klerksdorp, in the gold mining region of Northwest Province.
After military duty and studying at the Potchefstroom University, he joined Die Volksblad as a reporter. Since those heady days, he has worked as press liaison, advertising copywriter, creative director, web manager, Internet strategist, and brand consultant.
Deon wrote his first book when he was 14 years old, and bribed and blackmailed his two brothers into reading it. They were not impressed (hey, everybody's a critic ...)
In 1994 he published his first Afrikaans novel. All his novels since have been translated into several languages, including English, Dutch, German, French, Italian, Spanish, and Bulgarian.
Other than his wife, Anita, and four children, his big passions are motorcycling, reading, cooking and rugby (he unconditionally supports the national Springbok team and the Free State Cheetas provincial team).
Chanette Paul-Hughes Chanette Paul-Hughes is in Johannesburg gebore en het ietwat nomadies grootgeword, soos die nege skole en vyf universiteite waar sy onderrig is, getuig. 'n Kleuterverhaal vir die radio, uitgesaai op die destydse Siembamba, was haar eerste suksesvolle skryfpoging - op sestienjarige ouderdom.
NŠ 'n loopbaan in die klerebedryf begin sy in 1995 weer skryf. Vir haar eerste poging, 'n sogenaamde hygroman, ontvang sy die Perskor-prys vir die beste hygliteratuur. Hierna volg 'n verskeidenheid humoristiese artikels, miniverhale, kortverhale, novelles en vervolgverhale gepubliseer in verskeie tydskrifte. Ses van haar novelles is in bundelvorm uitgegee en sy lewer ook bydraes tot ander bundels. 'n Omnibus wat drie van haar eerste liefdesverhale bevat, het verskyn by Jasmyn en van die ander titels is in grootdruk uitgegee. Ook voltooi sy twee ernstiger romans, Vlerkaf en Wip van die droomvanger. Laasgenoemde was die naaswenner van die ATKV-Prosaprys in 1999.
In 2003 voltooi sy 'n MA in Skeppende Skryfwerk (cum laude) onder leiding van prof Etienne van Heerden (UK). Die roman wat hieruit voortgespruit het, Leila word lig, het onlangs by Human & Rousseau verskyn.

Deon Meyer se vrae aan Chanette Paul-Hughes

  1. Jy het al bewys dat dit moontlik is om 'n broodwinnersbestaan te maak uit die Afrikaanse boek. Wat is jou geheim?

    Ek můťs! Wanneer die nood druk en jy jou eie potjie moet leer krap op middeljarige ouderdom, kom jy agter dat nood nie net leer bid nie, maar ook leer planne maak. Geheim? Eintlik is dit net common sense, maar "geheim" klink darem soveel lekkerder. Ek maak nie net uit skryf self 'n bestaan nie - hier ter lande is dit nog nie ons gewone sterflinge beskore nie - maar wel uit skryfverwante beroepe. Dis 'n senutergende bestaan en 'n beskeie een, en daarin lÍ een van die "geheime" - om tevrede te wees met wat jy kŠn bekostig sodat jy kan doen wat jou die naaste aan die hart lÍ. Nog 'n geheim is dat mens moet agterkom wat jy wel kan en wil doen, leer om dit na die beste van jou vermoŽ te doen en dan te begin diversifiseer. Op diť manier het ek begin keuring- en evalueringswerk doen en toe 'n talent ontdek om ander skrywers in die romantiese genre se manuskripte te help ontwikkel en ontgin. Uitgewers maak van my dienste gebruik in diť verband, asook skrywers in hulle private hoedanigheid. Ek vertaal ook sonder skaamte, maar met 'n paar bloos-oomblikke, Mills & Boon-boeke uit Engels. En daarna kom ek eers by my eie skryfwerk uit. Die grootste "geheim" lÍ egter waarskynlik daarin dat mens moet besef jy kan nie regkom met die ideale verdeling van agt ure werk, agt ure speel en agt ure slaap in 'n dag nie, en dat naweke en vakansiedae nie noodwendig anders is as ander dae nie. Ek sit enigiets van twaalf tot agtien ure per dag agter die rekenaar, maar omdat ek my werk geniet, is dit nie 'n straf nie, eerder 'n voorreg.

  2. Jy is 'n alumnus van die UK se MA-program in Skeppende Skryfwerk, het al skryfskole en -werkswinkels aangebied en het in 2003 die eerste Manuskripfabriek vir skrywers van romantiese fiksie gehou. Dink jy daar word genoeg gedoen om Afrikaanse skrywers te ontwikkel?

    Die maklike antwoord sou wees om nee te sÍ, maar dit sou nie die volle waarheid wees nie.

    Vanuit een oogpunt gesien is dit so dat skrywers nie altyd heeltemal realisties is nie. Skrywers moet besef dat hulle in 'n ambag soos menige ander staan en dat hulle bereid moet wees om te belÍ in hulle opleiding en die slyp van hulle toerusting voor hulle kan verwag dat dinge vir en namens hulle gedoen word. Skryf is nie so maklik soos Jessica Fletcher dit destyds laat lyk het nie en mense wat byvoorbeeld dink dat hulle gou 'n hygromannetjie gaan uitryg om 'n paar rand te maak, sit die pot heerlik mis. Skryf is harde werk en mens moet bereid wees om verantwoordelikheid te aanvaar indien jy besluit jy wil hierdie minder bewandelde roete betree.

    Andersyds voel ek dat daar inderdaad veel, veel meer gedoen kŠn word. Veral relatief onbekende en nieliterÍre skrywers moet in baie opsigte, byvoorbeeld op feeste, in dagblaaie en tydskrifte, dikwels met die agterspeen tevrede wees. Ek sou graag wou sien dat daar meer gemaak word van alle soorte boeke en skrywers, veral deur middel van borgskappe, pryse en entoesiastiese bemarking. Ook behoort talentvolle ongepubliseerde skrywers finansieel ondersteun te word om na bestaande skryfskole en werkswinkels te kan gaan. En skrywers en ander kundiges wat werkswinkels wil aanbied en wil terugploeg wat hulle geleer en ervaar het, behoort insgelyks ondersteun te word.

    Daar is wel organisasies wat welkome bydraes maak, soos diť wat die skrywergesprekke moontlik gemaak het op die pas afgelope KKNK en 'n mens is as skrywer, deelnemer en ook as toeskouer baie dankbaar daarvoor. Ek voel net dat "ligter" werke/skrywers effens stief behandel word. Human en Rousseau het weer die beurs aan my toegeken om die MA in Skeppende Skryfwerk te doen en ek is hulle ewig dankbaar, maar weer eens voel ek ander uitgewers kan hulle gerus nadoen en ook nie net met akademiese kwalifikasies as mikpunt nie. Sonder die borgskap van organisasies/uitgewers soos die ATKV en Lapa Uitgewers sou werkswinkels soos die Manuskripfabriek byvoorbeeld onmoontlik gewees het, maar daar is vele ander instansies wat ook baie betekenisvolle bydraes kan maak. Sanlam doen ook goeie werk, maar wat van ander groot Afrikaanse maatskappye? En waar is die Afrikaanse De Medici's?

    Ek sou ook baie graag wou sien dat daar pryse toegeken word in die ligter genres en voel dat aspirantskrywers met talent en entoesiasme, en veral reeds gepubliseerde maar ontwikkelende skrywers wat skryfwerk hul erns maak en wat op hulle eie reeds iets bereik het, hulp van instansies verdien. Om 'n boek te skryf is 'n eensame en baie lang en uitmergelende proses - ja, die skryf van "hygromans" ook. As 'n mens in ag neem hoeveel ure daar aan 'n boek geskryf word en hoeveel verdienste daaruit gemaak kan word, is dit gewis nie iets wat enige mens met gesonde verstand ooit sou oorweeg nie. Om die waarheid te sÍ, dis vir my 'n verleentheid om te erken wat ek uit my skryfwerk verdien. Ek sou graag wou sien dat instansies skrywers borg om te skryf en dan ook bystaan met die bemarking van die eindproduk. Die erkenning wat aan die instansie gegee word - sÍ maar op die omslag van die boek, asook in die bemarkingsproses - kan immers as advertensie vir hulle produk/instansie dien. Die koffie staan miskien yskoud langs my bed, maar dis lekker om te droom.

  3. As jy die perfekte skryfskool/-program kon saamstel, hoe sou dit lyk?

    Dit sal genre-spesifiek wees en daar sal met volledige manuskripte gewerk word - verkieslik hoogstens 5-9 manuskripte/skrywers per werkswinkel. Dit sal oor 'n drie- tot vierdagtydperk verloop in 'n omgewing heeltemal weg van dit waarmee mens in jou daaglikse lewe gekonfronteer word - 'n suiwer kreatiewe ruimte. Die program sal hoofsaaklik met die manuskripte self werk, maar daar sal ook skryfgerigte pretsessies wees om teoretiese aspekte tuis te bring. Ons het byvoorbeeld gedurende die Manuskripfabriek wat ek hier op Stanford gehou het, op die rivier gaan vaar en ruimtelike aspekte asook perspektief en fokalisering aangespreek gedurende en na aanleiding van die bootrit. Die deelnemers sal almal ewe entoesiasties, ontvanklik, toegewyd en hardwerkend wees. Verskillende werkswinkels sal vir verskillende grade van bekwaamheid gehou word. En iemand sal ons volledig borg - ook die wyn vir die laatnag gesels oor ons onmag om op te hou skryf ten spyte van die waansin daarvan!

  4. Jy doen baie manuskripkeuring en -evaluasie. Is daar tipiese of algemene probleme waarmee die meeste aspirantskrywers sukkel?

    Ek is baie gelukkig dat ek tans hoofsaaklik saam met reeds gepubliseerde skrywers werk, maar voorheen het ek soms hande in die hare gesit. Daar is 'n geweldige onbegrip oor genre-vereistes betreffende romantiese fiksie. In romantiese fiksie werk mens binne baie spesifieke parameters - nie omdat outokratiese uitgewers en kleinlike keurders hulle uitgedink het nie, maar omdat die skrywer binne die romantiese genre (soos seker die speurverhaal ook) die teikenleser moet dien. Die leser van romantiese fiksie weet presies wat sy wil hÍ en dis ons plig en voorreg om dit vir haar te gee. Binne hierdie verwagtinge van die leser kan die skrywer heerlik diversifiseer en rondspeel, maar al kan mens die speke heerlik bont verf, maak dit geen sin om 'n goed-geghriesde wiel vierkantig te probeer maak nie.

    Aspirant- en "jong" skrywers besef ook nie "writing is rewriting" nie. En dikwels probeer hulle so hard aan die storie skryf dat die hart van die storie verlore gaan, naamlik die inleef en beleef van jou eie verhaal. Hulle skryf van buite af na binne toe in plaas van andersom.

  5. Ondanks die feit dat jy al suksesvolle ernstige romans gepubliseer het (soos jou jongste, Leila word Lig), plaas die media dikwels die etiket van "hygromanskrywer" agter jou naam. Dra jy gemaklik daaraan?

    Nee, maar ek voel ook nie meer soos Quasimodo nie. Ek begryp nie hoekom daar juis gesÍ moet word dat ek spesifiek 'n hygromanskrywer is net omdat dit een van die genres is waarin ek publiseer nie. Ek is 'n skrywer en basta. Maar as dit mense vermaak, ag nou ja toe dan maar ... Nog 'n klippie in die skoen is die etiket "vrouefiksie". Sover ek kan aflei - vergewe my as ek dalk nie mooi begryp of goed genoeg ingelig is nie - word dit toegedig aan die meeste boeke wat geskryf word uit die perspektief van 'n heteroseksuele vrou. Is boeke geskryf uit heteroseksuele manlike perspektief dan "mannefiksie"?

    Wat die spesifieke term hygroman betref ('n term, terloops, wat bloot uitgedink is deur 'n joernalis en waaraan geen waarde behalwe humor geheg kan word nie), het ek besef dat dit 'n meerderwaardige intonasie dra slegs as ek dit as sodanig ervaar. Dis ook nie net die media wat hulle hieraan skuldig maak nie, maar allerhande mense wat van beter behoort te weet. Mense begryp die genre van die romanse nie en dis dikwels mense wat nog nooit binne die genre gelees het nie - laat staan skryf - wat uitsprake daaroor maak. Hulle doen nie hulle huiswerk nie en begryp gevolglik nie dat die kontemporÍre romanse, soos ek verkies om dit te noem, niks te make het met seks en/of pornografie/erotika nie, bloot met idealistiese romantiek in hedendaagse idioom. Hulle begryp ook nie dat 'n skrywer boeke in verskillende genres heeltemal verskillend aanpak nie. In 'n andersins baie goeie resensie van my roman (novel op Engels) Vlerkaf sÍ die resensent dis nie "heeltemal 'n hygroman" nie - dit terwyl die boek nie 'n enkele riglyn waaraan die romanse (romance) moet voldoen, gehoorsaam nie. In 'n resensie oor my romanse (romance) Krinkels in die maan word ek weer gekritiseer omdat ek van die vroulike hoofkarakter "'n godin" maak, terwyl 'n heldin - in die onkreukbare, pragtige sin van die woord - iets is waarsonder geen romanse (sug - romance) bestaansreg het nie.

    Ek raak kortstondig ergerlik wanneer sulke goed gebeur, maar kan my seker nie te na gekom voel as mense hulle uit onkundigheid verspreek of in onkunde uitspreek nie. En die hoop beskaam nie; diť keer hoop en glo ek sal Leila vir haarself spreek en onbevooroordeelde en ingeligte ore (en oŽ) vind.

  6. My ervaring van die Britse, Amerikaanse, Franse en Duitse boekwÍrelde is dat elke genre as noodsaaklik, belangrik en waardevol beskou word. (Daar is meestal kritici wat in genres soos misdaad-, liefdes- en hygromans spesialiseer en hul veld deeglik ken .) In Afrikaans, meen ek, is dit nie altyd die geval nie. Sou jy sÍ jy was al die slagoffer van literÍr-kritiese snobisme?

    My vorige antwoord het eintlik al die saak begin aanspreek.

    Dis vir my net logies dat enige genre wat gelees word, noodsaaklik, belangrik en waardevol is. Dis vir my net so logies dat boeke binne verskillende genres geresenseer word deur kenners van daardie spesifieke genre. En ek stem saam, dit gebeur selde in Afrikaans betreffende ontvlugtings-/ontspanningslektuur. Die een uitsondering van wie ek weet, is Helene de Kock, wat in 'n stadium gereeld vir Beeld binne die romantiese genre geresenseer en haar uitstekend van haar taak gekwyt het. En dan het ek ook al hier en daar ander relatief oorwoŽ en min of meer ingeligte resensies gesien, maar hulle is inderdaad baie skaars. Ontvlugtings-/ontspanningslektuur verskil van toeganklike, maar gestroopter, tekste wat meer van die leser vereis, en diť verskil weer van suiwer literÍre tekste. Sekere lesers/skrywers kan en wil op meer as een van die vlakke lees/skryf en ander nie. Ek begryp nie dat resensente/kritici dikwels nie hierdie eenvoudige onderskeid kan tref nie. Ek vergewe graag 'n resensent as hy of sy nie van my boek hou nie, maar ek verwag dat die motivering agter die uitsprake (ge)regverdig sal wees - ook binne die genre-verband. Laat literÍre resensente literÍre tekste na waarde beoordeel. Waar dit gaan oor 'n toeganklike teks wat nie noodwendig binne 'n spesifieke genre val nie, behoort dit geresenseer te word binne die verwysingsraamwerk van 'n groep tekste met min of meer dieselfde reikwydte - daar bestaan iets soos tussen-genres - deur iemand wat die reikwydte begryp. Wanneer daar baie spesifiek binne 'n genre geskryf word, soos met die romanse, behoort die resensent ten minste kundig te wees ten opsigte van die genre. Ek kan my net indink hoe beÔndruk 'n Hertzogpryswenner sou wees as ek sy of haar boek sou evalueer aan die hand van vereistes vir die romanse - en binne die konteks afskiet as 'n klomp twak.

    Om op te som: Ja, ek voel ek is by sekere geleenthede literÍr-krities te na gekom. Ja, daar bestaan 'n groot mate van snobisme. Maar nee, ek is nie 'n slagoffer nie - bloot omdat ek weier om 'n slagoffer te wees, ook van onkundigheid.

<< Back to the main chain <<


LitNet: 14 April 2005

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.