Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Daniel Hugo Daniel Hugo is 'n spesialis-omroeper by RSG. Hy is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding in Windhoek en behaal die graad BA Honneurs (Afrikaans en Nederlands) aan die Universiteit van Stellenbosch. Op Stellenbosch was hy 'n lid van DJ Opperman se "Letterkundige Laboratorium". In 1979 hou hy 'n jaar lank skool in Windhoek en in dieselfde jaar verwerf hy 'n MA-graad van die Universiteit van Pretoria oor die poŽsie van DJ Opperman. Vanaf 1980 tot 1988 is hy 'n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit Leuven in BelgiŽ. In 1989 word 'n DLitt aan hom toegeken vir 'n proefskrif oor die vernufpoŽsie in Afrikaans. Vanaf Oktober 1988 is hy verbonde aan die SAUK in Kaapstad. Daniel Hugo is die skrywer van 'n hele aantal digbundels - die jongste is Die Twaalfde Letter (2002). Hy doen ook vertaalwerk uit Nederlands - onder meer Liefde, miskien van Herman de Coninck en Die aanslag van Harry Mulisch. Hy is al deur die ATKV, SAUK en Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon vir sy hoorbeelde oor Afrikaanse skrywers. In 2004 is hy aangewys as Boekjoernalis van die Jaar. Hy is getroud met Carina Diedericks-Hugo, 'n skrywer van jeugboeke.
Herman Wasserman Herman Wasserman is the author of the short story collections Verdwaal and Aan die ander kant van die stad. He has also published several stories in collection volumes like Vonkfiksie and Uit die kontreie vandaan. He is the co-editor (together with Sean Jacobs) of the academic essay collection Shifting Selves: Postapartheid Essays on Media, Culture and Identity. He was born in Port Elizabeth on 29th July 1969 and matriculated at Durbanville High School in 1987. He studied literature and journalism at the University of Stellenbosch and obtained the BHons Joern, MA and DLitt degrees. He worked as an art columnist and book editor for Die Burger, and has been a senior lecturer in the Department of Journalism at the University of Stellenbosch since 2002.

Daniel Hugo gesels met Herman Wasserman

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!
  1. Jy het twee kortverhaalbundels die lig laat sien. Sluit jy doelbewus by buitelandse modelle aan of skryf jy oorwegend binne die Afrikaanse tradisie?

    Ek dink ek skryf oorwegend binne die Afrikaanse tradisie. Ek lees wel graag kortverhale van buitelandse skrywers, maar ek wil tog ook 'n gesprek aanknoop met Afrikaanse skrywers. In my vorige bundel, Aan die ander kant van die stad, het ek byvoorbeeld probeer om aanknoping te vind by motiewe en temas uit die plaastradisie in die Afrikaanse letterkunde.

  2. In jou professionele loopbaan beweeg jy tussen twee pole: die praktiese joernalistiek en die akademie. Wat is die voordele/gevare daarvan vir jou kreatiewe skryfwerk?

    Die voordele van die joernalistiek vir kreatiewe skryfwerk is dat dit jou woordekonomie leer. Dit maak jou ook sensitief vir die kern van 'n storie, leer jou om te fokus op die essensie. Die nadeel daarvan is dat dit jou oorhaastig kan maak, dat dit vir jou juis net belangrik raak om die storie vertel te kry. Dan is daar 'n gevaar dat jy taal as 'n middel tot 'n doel kan sien en nie fyn genoeg na die tekstuur daarvan oplet nie.
    Wat die akademie betref - die voordeel daarvan vir literÍre skryfwerk is dalk dat dit jou in kontak bring met interessante strominge, idees, en dat dit jou voortdurend uitdaag om op nuwe maniere te dink. Die nadeel is dat dit 'n mens soms verstrik raak in 'n analitiese modaliteit (is dit nou weer jou regter- of linkerbrein?) en jou kreatiwiteit afstomp. En natuurlik dat die druk (en die plesier daarvan) om navorsing te doen en akademies te publiseer, jou tyd in beslag neem. Dis baie moeilik om tyd vir skryf in te ruim tussen al die eise wat 'n akademiese loopbaan aan jou stel.

  3. Jy werk byna daagliks met Afrikaanse en Engelse studente by die Universiteit van Stellenbosch. Hoe lyk hulle taalvaardigheid en skryfvermoŽ?

    Ons is gelukkig om met 'n klein groepie gekeurde studente te werk, en taalvaardigheid en skryfvermoŽ is van die kriteria in die keuringsproses. Deel van die opleiding wat ons bied, is gerig op die slyp van joernalistieke skryfvaardighede. Ek was ook al betrokke by kreatiewe skryfkursusse (van die US se Departement Afrikaans en Nederlands, en tans op LitNet as inwonende skrywer), en ek is nog nie seker of ek die vraag kan beantwoord of 'n mens iemand kan leer skryf nie. 'n Mens moet dikwels eers iemand leer lees - wyd, met aandag, krities. Goeie skrywers moet eers goeie lesers wees. Dan is daar mos daardie bekende aanhaling van die Amerikaanse skrywer Flanery O'Connor wat gevra is of universiteitskursusse nie skrywers versmoor nie. Haar antwoord was dat dit ongelukkig nie genoeg van hulle versmoor nie. Sy het gemeen baie topverkopers kon verhoed gewees het deur 'n goeie onderwyser.

  4. Dit lyk asof Afrikaanse skrywers deesdae eerder die verlede ontgin as die hede. Dink jy dat skrywers meer aktueel-joernalisties ingestel behoort te wees?

    Ek sal nie graag wil voorskryf aan skrywers dat hulle die een of ander ingesteldheid ten opsigte van die aktualiteit behoort te hÍ nie. Daar is ook al gesÍ dat die aanbreek van 'n demokratiese bestel in Suid-Afrika skrywers weer bevry het om "gewone" stories te vertel wat los staan van die politiek. Ek kan my egter moeilik indink dat 'n mens in Suid-Afrika selfs oor die intiems persoonlike kan skryf sonder om op een of ander manier geraak te word deur die politiek. Maar dis wat die feministe ook mos al lankal gesÍ het - "the personal is political". Ek dink wel 'n skrywer moet 'n gewete hÍ, maar dit beteken nie noodwendig 'n fokus op die alledaagse of die hede nie. Boonop moet 'n skrywer darem ook iets uit die aktualiteit kan haal wat van die vertelling meer maak as net 'n joernalistieke verslag.

  5. Droom jy net van die Groot Afrikaanse Roman of werk jy reeds daaraan?

    In hierdie stadium voel ek my tuis in die kortvorm. Ons weet mos grootte tel nie regtig nie.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

<< Back to the main chain <<


LitNet: 26 Mei 2005

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.