Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Chanette Paul-Hughes Chanette Paul-Hughes is in Johannesburg gebore en het ietwat nomadies grootgeword, soos die nege skole en vyf universiteite waar sy onderrig is, getuig. 'n Kleuterverhaal vir die radio, uitgesaai op die destydse Siembamba, was haar eerste suksesvolle skryfpoging - op sestienjarige ouderdom.
N 'n loopbaan in die klerebedryf begin sy in 1995 weer skryf. Vir haar eerste poging, 'n sogenaamde hygroman, ontvang sy die Perskor-prys vir die beste hygliteratuur. Hierna volg 'n verskeidenheid humoristiese artikels, miniverhale, kortverhale, novelles en vervolgverhale gepubliseer in verskeie tydskrifte. Ses van haar novelles is in bundelvorm uitgegee en sy lewer ook bydraes tot ander bundels. 'n Omnibus wat drie van haar eerste liefdesverhale bevat, het verskyn by Jasmyn en van die ander titels is in grootdruk uitgegee. Ook voltooi sy twee ernstiger romans, Vlerkaf en Wip van die droomvanger. Laasgenoemde was die naaswenner van die ATKV-Prosaprys in 1999.
In 2003 voltooi sy 'n MA in Skeppende Skryfwerk (cum laude) onder leiding van prof Etienne van Heerden (UK). Die roman wat hieruit voortgespruit het, Leila word lig, het onlangs by Human & Rousseau verskyn.
Jan van Tonder Jan van Tonder het sy eerste tydskrifverhaal in die tronk geskryf. Sedertdien het hy 'n bundel kortverhale oor daardie skemerwreld die lig laat sien, asook vier romans, 'n koffietafelboek oor die Klein Karoo, verskeie tydskrifverhale, sketse en radiodramas. Sy roman Is Sagie was twee jaar agtereenvolgens naaswenner van die ATKV-prys, terwyl Die Kind vir die M-Net-prys benoem en met die ATKV- en FAK-pryse bekroon is. Van Tonder se jongste werk, Roepman, het reeds sy derde druk beleef. Die skrywer woon op Oudtshoorn, maar tot wanneer toe weet hy self nie.

Chanette Paul-Hughes in gesprek met Jan van Tonder

  1. Jan, jy het die literre wreld "verras" met Roepman. Is j verras met die positiewe, selfs gloeiende, resensies en wonderlike terugvoer van lesers? Die feit dat Roepman vertaal gaan word? Dink jy jy sal nou uiteindelik 'n volwaardige plek in die literatuurgeskiedenis haal?

    Ek was so lank stil na Die Kind dat die mense dalk meer verras was oor die feit dat ek nog lf, eerder as oor Roepman as sodanig. Op 'n meer ernstige noot: ek was verras, ja, en verskriklik dankbaar. Die boek is al in sy derde druk en, soos jy s, word vertaal. Net die tyd sal leer of lesers in ander lande/kulture ook goed daarop sal reageer - ek hoop nogal so, want ter wille van die restourasie van my huis en om van skryf 'n enigste inkomste te maak, sal ek graag 'n slag in pond en euro betaal wil word. (Terloops, Die Kind word ook vanjaar in Engels vertaal.)

    Oor die literatuurgeskiedenis: ek is maar 'n klein vissie in daai poel, hoor, en ek plas maar aan die vlak kant rond, lyk dit my. Vanjaar se Woordfees op Stellenbosch het op die sogenaamde Tagtigerskrywers klem gel, en niemand het onthou dat ek met Aandenking vir 'n vry man - wat baie positiewe resensies en besprekings van onder andere Andr Brink en Abraham de Vries ontvang het - ook 'n bydrae tot daardie dekade se literatuur gelewer het nie (o, die pyngedagte!). Maar ek gaan darem di keer in John Kannemeyer se herbewerking van sy literatuurgeskiedenis genoem word.

  2. Jy het in die verlede 'n hele paar pryse gewen, onder meer die ATKV-Prosaprys en die FAK-prys, ten spyte daarvan dat jou werk nie deur die bank gunstig ontvang is deur resensente nie. Hoe voel jy oor pryse en resensente?

    Oor pryse is ek dankbaar (veral di wat ek ontvang het). Dit bly 'n aansporing vir gevestigde skrywers en lok nuwes lessenaar toe. Ek wonder byvoorbeeld of ek ooit 'n radiodrama sou geskryf het as daar nie prysgeld aan verbonde was nie - g'n mens kan soveel werk doen vir die patetiese bedraggie wat jy vir die gewone uitsaai van 'n radiodrama betaal word nie. Dit geld boeke soms ook: ek het met die smous van een van my boeke meer verdien as met die tantime wat ek gekry het.

    Resensente? Jong, hulle bevind hulle seker in groot mate in dieselfde posisie as verkeersbeamptes: as daai wit handskoen vir jou wys jy kan maar ry, is die spietkop nice, maar as hy wys jy moet stilhou omdat jy te vinnig gery het, of jy selfoon in die hand betrap is, is hy 'n bliksem.

    Die resensente het Roepman baie vriendelik ontvang. Ek is baie dankbaar daaroor.

    Jy het reg: nie al my werk is deur almal goed ontvang nie, maar net 'n enkele keer het ek gemeen die resensent het meer oor homself as oor my boek 'n oordeel uitgespreek. Die boek was Die Kind, en die betrokke resensent wou wys hoe liberaal hy is deur my werk polities verdag te probeer maak. Sy gewete oor die "Verwoerd-era" is op m gepak en ek is die woestyn ingestuur. Ek is gekruisig omdat ek Zoeloes soos Zoeloes laat praat het (terwyl ek in my onkunde altyd gemeen het so iets is 'n pluspunt in 'n boek). Ek moes pa staan vir die feit dat Zoeloes Zoeloetradisies aanhang. En laastens het die resensent die mening uitgespreek dat ons "hierdie soort storie in hierdie dae waarin die apartheidsbestel sy laaste stuiptrekkings beleef, werklikwaar nie nodig (het) nie". En sedertdien is die boek bekroon, het hy by die twintig herdrukke beleef, en is hy deur tienduisende kinders en naskoolse studente (meestal swart) gelees en geniet (laasgenoemde het ek van 'n universiteitsdosent wat die boek drie jaar lank in Zoeloeland voorgeskryf het).

  3. Jy gebruik graag outsiders en mense in oorgangsfases as hoof- en ook as newekarakters. Van waar Gehasi? En is jy ook 'n outsider? Dink jy skrywers staan in die algemeen op die periferie van dinge?

    Ek is min bendruk met die mens as groepsdier. Individue gryp my verbeelding aan. En niemand is meer van 'n enkeling as die outsider nie, of hy dit is omdat hy dit verkies, of omdat die samelewing dit van hom maak, of as gevolg van 'n gebrek/talent/versteuring.

    Is ek 'n outsider? Dalk deels. Dalk eerder sms as ltyd.

    Skrywers en ander kunstenaars moet van buite kan inkyk, maar ook van binne af uit. 'n Mens skryf moeilik oor dinge waarvan jy nie kennis of ervaring het nie. Daarom kan jy nie op die periferie bly staan nie.

  4. Voel jy uitgewers en verwante instansies doen genoeg vir skrywers?

    Die verhouding tussen skrywer en uitgewery bly 'n delikate een. Ek is van mening dat dit die skrywer is wat aan die agterspeen suig, en nie die uitgewery nie.

    Dit is 'n situasie wat anders sou gelyk het as daar 'n ware skrywersgilde bestaan het, een wat niks anders as die beskerming van publiserende skrywers se welsyn op die agenda het nie - welsyn in die wydste sin van die woord. Daar is genoeg ruimte vir soortgelyke organisasies wat hulle vir aspirant- en opkomende skrywers beywer. Die destydse Afrikaanse Skrywersgilde se dood was in die pot toe politieke agendas die hoofbestanddele van sy aktiwiteite begin uitmaak het.

  5. Jy het vir ongeveer vyftien jaar 'n stilswye as prosaskrywer gehandhaaf. Hoekom? Gaan ons nog vyftien jaar wag vir die volgende boek?

    Ja, dit was 'n lang tyd, maar dis nie of ek glad niks geskryf het nie. Daar het darem 'n klompie kortverhale en sketse in tydskrifte verskyn, en twee radiodramas, en 'n koffietafelboek, en tussendeur het ek gewerk aan my Oudtshoorn-roman wat tot vandag toe onvoltooi is. Laasgenoemde had my die hele tyd in 'n halwe Nelson geklem, wat dit moeilik gemaak het om iets anders aan te pak. Roepman het my gered, maar die Oudtshoorn-ding moet nou klaar, of ek moet onder 'n skuilnaam van hom ontslae raak.

    En, nee, ek het geen plan (of tyd) om weer so lank te wag voor my volgende skryfsel nie. Ek is nog net nie seker of dit prosa, drama of posie sal wees nie. (Ek droom al 25 jaar daarvan om 'n verhoogstuk te skryf.)

<< Back to the main chain <<


LitNet: 21 April 2005

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.