Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Nanette van Rooyen Carina Diedericks-Hugo is in Johannesburg gebore en het in Pretoria en Kaapstad grootgeword. Na matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies) en Honneurs (Afrikaans en Nederlands) cum laude. Sy is tans besig met die graad MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en haar jeugroman Koning Henry is benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. In 2004 het die boek die ATKV-Kinderboekprys gewen. Haar jongste boek, Operasie M.I.A.A.U., het pas verskyn. As sy nie stories skryf nie, werk sy as kinderboekredakteur by Human & Rousseau. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en drie katte, Leipoldt, Langenhoven en Katinka, in Observatory, Kaapstad. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, Desiderius Pongracz, sjokoladekoek sonder versiersuiker, fokofpolisiekar en Sondae op Greyton.
Daniel Hugo Daniel Hugo is 'n spesialis-omroeper by RSG. Hy is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding in Windhoek en behaal die graad BA Honneurs (Afrikaans en Nederlands) aan die Universiteit van Stellenbosch. Op Stellenbosch was hy 'n lid van DJ Opperman se "Letterkundige Laboratorium". In 1979 hou hy 'n jaar lank skool in Windhoek en in dieselfde jaar verwerf hy 'n MA-graad van die Universiteit van Pretoria oor die poŽsie van DJ Opperman. Vanaf 1980 tot 1988 is hy 'n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit Leuven in BelgiŽ. In 1989 word 'n DLitt aan hom toegeken vir 'n proefskrif oor die vernufpoŽsie in Afrikaans. Vanaf Oktober 1988 is hy verbonde aan die SAUK in Kaapstad. Daniel Hugo is die skrywer van 'n hele aantal digbundels - die jongste is Die Twaalfde Letter (2002). Hy doen ook vertaalwerk uit Nederlands - onder meer Liefde, miskien van Herman de Coninck en Die aanslag van Harry Mulisch. Hy is al deur die ATKV, SAUK en Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon vir sy hoorbeelde oor Afrikaanse skrywers. In 2004 is hy aangewys as Boekjoernalis van die Jaar. Hy is getroud met Carina Diedericks-Hugo, 'n skrywer van jeugboeke.

Carina Diedericks-Hugo gesels met Daniel Hugo

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!
  1. Jy het in 1981 saam met Etienne van Heerden, Andrť le Roux du Toit (Koos Kombuis) en Peter Snyders gedebuteer in Brekfis met vier. Hoe verskil die Afrikaanse literÍre toneel van destyds met die situasie vandag?

    Destyds was daar staatsensuur wat selfs digters getref het. Breyten Breytenbach se Skryt van 1972 is (om politieke redes) verbied, so ook my universiteitsvriend Andrť le Roux se Struisbaai-blues van 1977 (om godsdienstige redes). Daardie benouende tyd is goddank, hopelik vir goed, verby. Destyds was daar 'n lewendige kultuur van little magazines. Benewens Brekfis met vier het Etienne van Heerden se Skoppensboer-uitgewery ook die tydskrif Graffier uitgegee, waarin baie van die "Tagtigers" gepubliseer het. Daardie goeie tyd is ongelukkig, skynbaar vir goed, verby. Maar, ondanks doemprofesieŽ, het die Afrikaanse taal en letterkunde bly voortbestaan. En nie net bly voortbestaan nie, maar ook nuwe terreine verower. Lyk my al wat werklik konstant bly, is die ewige doemprofesieŽ.

  2. Tematies dig jy veral oor die liefde, die poŽsie en die dood. Is daar vir jou 'n verband tussen die drie?

    Ja, beslis. Omdat ons in 'n onvolmaakte wÍreld leef, lei liefde dikwels tot verlies. En dood het natuurlik te doen met die finale verlies (van lewe ťn liefde). In my gedigte probeer ek die verlies besweer. Daarom is die skryf van poŽsie my soort godsdiensbeoefening. En omdat godsdiensbeoefening met rituele saamhang, probeer ek so ver as moontlik die digterlike ritueel van rym in ere hou. Vandaar dan die geskryf oor skryf: dit is inderwaarheid 'n woordgelowige se geloofsbelydenis. 'n Voorbeeld van 'n gedig waarin liefde, dood en die digterlike ambag saamkom, staan alreeds in Brekfis met vier. Die titel is "Grafskrif" en dit is geskryf as die slot van 'n reeksie gedigte oor die dood van my jonger broer George Euvrard Hugo (1957-1977):

    ek grif jou graf
    ek skryf jou af
    'n vroeŽ dood
    vergif aan lood

    verniet soek hul
    'n sipres by jou
    onder my potlood
    rus jy nou.

  3. Die Afrikaanse poŽsie beleef, nŠ 'n tyd waarin slegs enkele bundels verskyn het, weer 'n opbloei met tientalle bundels (ook van debuutdigters) wat die afgelope drie jaar verskyn het. Hoekom floreer die digkuns, maar dieselfde gebeur nie met die prosa nie?

    Een van die redes waarom die digkuns oŽnskynlik floreer, is dat Nicol Stassen se Protea Boekhuis soveel bundels die afgelope paar jaar uitgegee het. 'n Groot deel daarvan was egter manuskripte wat al jare gelede gereed was vir publikasie, maar in die hek geduik het van NB Uitgewers se besuinigingsmaatreŽls. Daar hťt wel nuwe talent na vore getree (by Protea ťn NB), dit is waar. Maar bitter min daarvan is jong talent, en dit bekommer my. (Maar dit maak nie van my 'n doemprofeet nie - nog nie!)

  4. Naas jou digkuns is jy ook bedrewe en bedrywig as vertaler. Van watter belang is vertalings vir ons letterkunde?

    Elke gesonde, lewenskragtige letterkunde bied ruimte vir vertalings - omdat dit die boekaanbod vergroot, omdat dit lesers se horisonne help verbreed, omdat dit die status van so 'n letterkunde verhoog. 'n Letterkunde waarin die Bybel, Homeros, Dante, Shakespeare en Harry Potter vertaal is, het nou eenmaal meer aansien as een wat aan die spesifieke tyd en plek van die taal gebonde bly. Vertaling laat die taal sy spiere op ongewone maniere span; dit kan lei tot woordeskatuitbreiding en idioomverryking. Daarbenewens is vertaalwerk 'n ewe groot uitdaging, ambag en kuns as oorspronklike skryfwerk.

  5. Jy is voorsitter van die Gebruik-Hout-Oordeelkundig-Vereniging. Vertel ons meer daarvan.

    Bome mag afgekap word om papier, potlode en vuurhoutjies van te maak (solank die vuurhoutjies nie gebruik word om boeke en mense te verbrand nie). Bome mag ook afgekap word om wynvate van te maak, MAAR daar mag slegs rooi wyn, port, sjerrie en brandewyn in daardie vate gemaak word. Nooit, nee nooit, wit wyn nie. Wit wyn is die ware, suiwer gees van die wingerd - soos wat oesters die ware, suiwer gees van die oseaan is. Oesters eet 'n mens sonder smaakmiddels; wit wyn drink 'n mens sonder geurmiddels soos chillipoeier en hout.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

<< Back to the main chain <<


LitNet: 19 Mei 2005

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.