Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Wenke vir besoekers aan die VK

Hannes Breytenbach; Senior Vennoot van Breytenbachs

Breytenbachs kry gereeld hulpkrete van mense wat by een van die Britse lughawens toegang tot die VK geweier is. Teen daardie tyd is dit egter gewoonlik reeds te laat om iemand te help. Voorsorg bly maar beter as nasorg en mense wat na die VK reis, moet sorg dat hulle dokumente in orde is om hulself ‘n klomp geld, tyd en rompslomp te bespaar.

In baie van die gevalle waar individue toegang tot die VK geweier word, is die individue dikwels nie bewus van die korrekte reëls en regulasies nie, aangesien hul geneig is om swaar te steun op hoorsê vir inligting. Mense moet in gedagte hou dat die Britse immigrasiereëls en -regulasies voordurend en gereeld verander, dus is dit die moeite werd om vooraf moeite te doen om die korrekte inligting te bekom voor die tog na die VK aangepak word.

Suid-Afrikaners wat na die VK reis vir tydperke langer as ses maande, moet onthou dat hul vooraf hiervoor moet toestemming kry by die Britse Hoë Kommissaris in Pretoria. Die vooraftoestemming sal in die vorm van ‘n plakker met ‘n foto en ander relevante detail in jou paspoort aangebring word.

Indien jy vir ‘n tydperk korter as ses maande na die VK reis as besoeker of besigheidsbesoeker, hoef jy nie aansoek te doen vir vooraftoestemming nie. Indien jy egter vir ‘n tydperk korter as ses maande na die VK reis en tevore toegang tot die VK geweier is of voorheen enige Britse immigrasiereëls verbreek het, moet jy liefs aansoek doen om vooraftoestemming. Sodoende sal jy die risiko aansienlik verminder om by jou aankoms in die VK deur die immigrasiebeampte teruggestuur te word op die volgende vlug na SA.

‘n Paar caveats om in gedagte te hou:

1. Maak seker dat jy ‘n retoerkaartjie terug na Suid-Afrika het wanneer jy as besoeker na die VK reis.

2. Maak seker dat alles wat jy vir die immigrasiebeampte sê, presies klop met jou reisdokumente.

3. Sorg dat jy dokumente beskikbaar het wat jou rede vir reis na die VK ondersteun, soos waar jy gaan bly of gaan vakansie hou.

4. Neem jou tyd en maak seker dat jou antwoorde op die immigrasiebeampte se vrae feitelik korrek is, eerder as om onverhoeds en oorhaastig verkeerde inligting te gee.

5. Beantwoord die immigrasiebeampte se vrae so reguit as moontlik en moenie enige onnodige inligting verskaf nie. Mense praat hulself soms in alle onskuld in ‘n situasie in wat vermy kon gewees het.

6. Vermy dit ten alle koste om met ‘n tydelike paspoort na die VK te reis.

7. Maak seker dat jy nog ‘n skoon dubbelbladsy in jou paspoort beskikbaar het vir stempels.

8. As jy voorheen toegang tot die VK geweier is of enige Britse immigrasiereëls verbreek het, moet jy liefs vooraf by die Britse Hoë Kommissaris in Pretoria aansoek doen om toestemming om na die VK te reis. Sodoende sal jy die risiko aansienlik verminder om by jou aankoms in die VK deur die immigrasiebeampte teruggestuur te word op die volgende vlug na SA.

9. Jong persone wat reeds die VK besoek het op ‘n werkendevakansieganger-visum en kort na die verstryking hiervan weer na die VK wil reis, moet liefs ook om vooraftoestemming aansoek doen.

10. Sommige mense raak betrokke by skemas waar hulle onwettig visums vir die VK kan bekom. Moenie dat die gedagte by jou opkom nie! Die Britse regering maak gebruik van gevorderde tegnologie om oortreders op te spoor. Uiteindelik word hierdie mense wel uitgevang, gedeporteer en soms swaar boetes en selfs tronkstraf opgelê. Daar is soveel wettige wyses om in die VK te woon en werk dat dit heeltemal sinneloos is om dit onwettig te doen!

Laastens, as jy enigsins onseker is, besoek die Breytenbachs-webwerf, www.breytenbachs.com, vir inligting en skryf ook daar in op die Breytenbachs-nuusbrief om op die hoogte van sake te bly!


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

LitNet: 11 Januarie 2006

Stuur jou wense aan LitNet!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.