Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek en my verloofde is tans in Suid-Afrika op vakansie. Ons woon en werk beide in die VK en het eintlik Suid-Afrika toe gekom om ouers te vra en het dan ook maar sopas verloof geraak. My verloofde is op 'n Britse werkspermit en ek is op 'n twee-jaar werksvakansie wat oor sowat twee maande verval. Ons wil graag vir 'n tyd lank verloof wees voor ons trou, maar ek is noodwendig bekommerd oor my visum status in die VK, aangesien ek maar so twee maande oor het op my huidige visum. Sal ek kan oorskakel na 'n tipe visum vir verloofdes wanneer ons teruggaan na die VK?

Antwoord:

Jy sal moet aansoek doen by die Britse Hoë Kommisaris vir 'n visum vir verloofdes of soos dit in die VK bekend staan, 'n 'fiancee visa' terwyl jy in Suid-Afrika is, aangesien jy dit nie van Brittanje af sal kan doen nie. So 'n visum word slegs vir 'n tydperk van ses maande goedgekeur en die bedoeling is dat jy die tyd moet gebruik om voor te berei vir jou troue. Binne hierdie tydperk sal jy met jou verloofde moet trou of jy sal moet terugkeer na Suid-Afrika. Let egter daarop dat jy nie toegelaat word om te werk terwyl jy op hierdie tipe visum in die VK is nie.
Indien die werksbeperkings op hierdie visum te stremmend is, sou ek voorstel dat jy ander moontlikhede ondersoek om die tydperk tussen jou terugkeer na die VK en jul troue te oorbrug. Jy kan byvoorbeeld inskryf vir 'n graadkursus in die VK en dan aansoek doen vir 'n studente visum wat jou in staat sal stel om vir 20 uur per week te werk tydens die termyntyd; gedurende vakansietye (ongeveer 4 maande per jaar) kan jy soveel ure werk as jy wil. Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor hierdie en ander visums waarvoor jy dalk mag kwalifiseer.

Vraag:

Iemand het 'n tydjie gelede aan my genoem dat 'n mens 'n visum in die voedselprosessering en hospitaliteitsektor in Brittanje kan kry vir 'n jaar onder 'n sogenaamde Sektor Gebaseerde Skema. Kan u vir my meer inligting gee in die verband?

Antwoord:

Die Sektor Gebaseerde Skema is in effek 'n laags geskoolde werkspermitskema met die doel om tekorte in die VK se voedselprosesserings-sektor aan te spreek. Dit is ingebring as 'n kwota skema en laat werkgewers binne in die VK toe om mense van buite die EU te werf om vir 'n jaar te werk in die sektor. Let wel dat die die skema opgeskort is vir die hospitaliteitsektor sedert Junie 2005, jy sal dus slegs 'n visum kan kry in die voedselprosesserings-sektor.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 08 Junie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.