Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek kan nie besluit of ek moet aansoek doen om 'n gewone werkspermit of die permit wat op 'n puntestelsel werk nie. Wat is die voordele verbonde aan die puntestelsel en hoe werk dit?

Antwoord:

Indien jy so gelukkig is om vir die HSM Permit te kwalifiseer, het jy nie 'n Britse werkgewer nodig om namens jou aansoek te doen om 'n werkspermit nie. Jy kan dus om hierdie permit aansoek doen voordat jy 'n werkgewer het. Wanneer die permit toegestaan is, doen jy op grond daarvan by die Britse Hoë Kommissaris in Pretoria aansoek om toegang tot die VK, waarna jy vrylik vir 12 maande lank in die VK kan woon en werk. Jy mag dan vir werkgewers werk, of selfs jou eie besigheid begin, sonder die nodigheid om om verdere permitte aansoek te doen. Voordat die aanvanklike eenjaar-tydperk verstryk, moet jy aansoek doen om 'n verlenging van die permit vir 'n verdere 36 maande, waarna jy om permanente verblyfsreg mag aansoek doen. Jy sal op hierdie stadium egter moet bewys dat jy gedurende die grootste deel van die 12-maande-tydperk ekonomies aktief was en 'n goeie vooruitsig het om so te bly vir die verdere tydperk wat jy in die VK wil aanbly.

Vraag:

Hoe kwalifiseer mens vir die Britse grootouer-visum, of wat hulle in Engels die Ancestral Visa noem?

Antwoord:

Met die VK se grootouer-visum kan 'n burger van 'n Statebondsland, met 'n grootouer wat gebore is in die VK, toegang verkry tot die VK om te werk en hom/haar uiteindelik in die VK te vestig. Om te kwalifiseer moet jy 'n burger van 'n Statebondsland wees (Suid-Afrika is 'n Statebondsland), jy moet 17 jaar oud of ouer wees, en jy moet kan bewys dat jy 'n grootouer het wat in die Verenigde Koninkryk gebore is. Die grootouer kan aan enige kant van jou familie wees. 'n Persoon kan ook aansoek doen om dié tipe permit as hulle wettig aangeneem is, of indien die ouer wie se lyn van verwantskap jy gebruik, 'n aangenome kind is. Daar is ook 'n reeks ander kriteria waaraan voldoen moet word, soos dat jy van plan moet wees om te werk terwyl jy in die VK is, ensovoorts.

As u dit dus steeds oorweeg om aansoek te doen, sou ek aanbeveel dat u inderhaas daarvan werk maak om die verhoging in aansoekgelde te vermy.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 28 April 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.