Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

My dogter is op die oomblik in Engeland op 'n tweejaar-werksvakansie. Sy het 'n kontrak met 'n werkgewer wat strek oor die periode van haar tweejaar-werksvakansie. My seun wil nou ook oorgaan om op die tweejaar-werksvakansie in Engeland te werk. Daar is egter vir hom gesê dat hy net vir een van die twee jaar op sy werksvakansie mag werk. Kan u my asseblief duidelikheid gee oor die aangeleentheid?

Antwoord:

Met ingang 8 Februarie 2005 het die volgende veranderinge aan die Tweejaar-werksvakansie-skema in werking getree: 'n werkende vakansieganger wie se visum op of na 8 Februarie 2005 uitgereik is, mag slegs werk doen wat aanvullend is tot sy/haar vakansie in die Verenigde Koninkryk, en die persoon mag nie betrokke raak in 'n besigheid of dienste verskaf as 'n professionele sportpersoon nie. Daar mag ook nie vir langer as altesaam 12 maande gewerk word tydens die persoon se 24-maande-verblyf in die Verenigde Koninkryk nie.

Persone wat hul werksvakansie voor 8 Februarie 2005 begin het, mag nog onder die ou reëls werk. Met ander woorde, hulle mag die volle twee jaar werk, sonder enige werksbeperkings. Hoewel jou seun en dogter dus op dieselfde visum in die VK gaan werk, sal hulle onderhewig wees aan verskillende reëls.

Vraag:

Ek stel belang om in die Verenigde Koninkryk te werk. Ek oorweeg om na die VK te gaan op 'n gewone toeristevisum en dan vandaar werk te soek en oor te skakel na 'n werkspermit. Is dit moontlik om oor te skakel van 'n toeristevisum na 'n werkspermit terwyl jy in die VK is?

Antwoord:

Dit is ongelukkig nie meer moontlik om oor te skakel van 'n toeristevisum na 'n werkspermit nie.

Indien jy 'n Britse werkgewer kry wat bereid is om jou in diens te neem op 'n werkspermit, sal jy eers moet terugkeer na Suid-Afrika. Die Britse werkgewer kan dan die aansoek om 'n werkspermit indien sodra jy die land verlaat het. Sodra die werkspermit goedgekeur word, moet jy aansoek doen om vooraftoestemming (entry clearance) om op die werkspermit na die VK te kom.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 09 Maart 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.