Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs beantwoord vrae oor werkspermitte en ongetroude-lewensmaat-permitte vir die VK

Vraag:

My man wil vreeslik graag oorsese werkservaring opdoen en spesifiek in Brittanje. Hy is redelik goed gekwalifiseerd en het ‘n hele paar jaar se bestuurservaring agter die blad. Ons verstaan dat om ‘n werkspermit te kry vir Brittanje, jy ‘n Britse werkgewer moet hê wat jou ‘n werksaanbod maak. Hy het nou al bietjie rondgekyk, maar het nie regtig die tyd om intensief te soek nie. Het julle enige raad?

Antwoord:

Dit is inderdaad so dat ‘n mens ‘n Britse werkgewer nodig het om namens jou aansoek te doen vir die werkspermit.

Dit klink egter of jou man moontlik mag kwalifiseer vir ‘n permit vir hoogs geskoolde persone, of die sogenaamde HSMP, soos dit algemeen bekend is. Met dié tipe permit het ‘n mens nie ‘n werkgewer nodig om aansoek te doen nie. Hy kan ook sy eie besigheid begin op dié tipe permit en self-indiensname en indiensname kombineer.

Hierdie tipe permit is baie gewild onder Suid-Afrikaners wat in Brittanje wil werkservaring opdoen.

Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting of om ‘n evalusie te doen!

Vraag:

Ek en my vriend woon al vir amper vier jaar saam. Hy is in die proses om aansoek te doen vir sy werkspermit en dit is feitlik ’n uitgemaakte saak dat hy oor twee maande vertrek. Ek wil graag saam met hom gaan, maar ons is nie op die stadium van ons verhouding waar ons reg voel om in die huwelik te tree nie, maar ons sluit dit nie uit vir die toekoms nie. Is daar ’n moontlikheid dat ek hom kan vergesel na Brittanje sonder dat ons trou en ek as afhanklike saamgaan?

Antwoord:

As jy en jou vriend al vir die afgelope twee jaar saamwoon in ‘n verhouding soortgelyk aan ‘n huwelik, kan jy moontlik kwalifiseer vir ‘n ongetroude-lewensmaat-permit (unmarried partner). Sodra sy werkspermit goedgekeur is, sal jy van Suid-Afrika af kan aansoek doen daarvoor om jou by hom aan te sluit op dié status. Julle sal moet bewys dat julle al vir minstens twee jaar saambly soos hier bo vermeld.

Indien jy suksesvol is in jou aansoek, sal jy ook in Brittanje kan werk, sonder enige werksbeperkings, solank as wat julle steeds gaan saamwoon en hy ‘n geldige werkspermit het.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 23 Mei 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.