Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor nagraadse studies en werk in die VK

Vraag:

Ek wil graag my nagraadse studies in die Verenigde Koninkryk gaan voortsit. Ek is tans in Suid-Afrika. Ek moet egter nog keuring kry by ‘n Britse universiteit om my studies in my vakrigting voort te sit. Hoe gemaak met die studentevisum? Moet ek vooraf aansoek doen daarvoor, of moet ek eers wag dat my aansoek by een van die Britse universiteite suksesvol is?

Antwoord:

Die immigrasiereëls ten opsigte van studentevisums bepaal dat ‘n student by ‘n goedgekeurde instansie (universiteite val ook in dié kategorie) ingeskryf moet wees vir ‘n kursus wat minstens 15 uur per week georganiseerde dagstudie behels. Die studentevisum-aansoek word gebaseer op die sertifikaat van inskrywing (die sogenaamde “enrolment letter”). Die universiteit moet ook op die lys van goedgekeurde opvoedkundige instansies verskyn waarvoor ingeskrewe buitelandse studente studentevisums kan bekom. Jy sal dus eers moet wag tot jou aansoek vir verdere studie aan een van die Britse universiteite waar jy aansoek gedoen het, goedgekeur is, inskryf as student en dan aansoek doen vir jou studentevisum. Die aansoek vir ‘n studentevisum sal gedoen moet word by die Britse Hoë Kommissaris in Pretoria.

Vraag:

Ek is 32 jaar oud en baie spyt dat ek nie toe ek jonger was van die geleentheid gebruik gemaak het om in Brittanje te werk op die tweejaar-werksvakansie-visum nie. Ek het ook glad nie enige naskoolse kwalifikasies nie en het gedink dat ek nou sommer twee voëls met een klip wil tref en as student inskryf by ’n Britse kollege of instansie. Ek het ’n paar rand om my ’n paar maande aan die gang te hou, maar sal definitief nie my studies kan aanpak sonder om deeltyds te werk nie. Wat is die reëls oor werk en studeer in Brittanje?

Antwoord:

‘n Studentevisum is ‘n ideale visum vir ‘n persoon wat wil studeer, reis en deeltydse werk in die VK wil doen. Die visum word toegeken vir die duur van studie in die VK en die studiekursus moet minstens 15 ure georganiseerde dagstudie per week vereis. Indien hierdie reël nie nagekom word nie, sal die student nie daartoe in staat wees om sy/haar visum te verleng vir verdere studie nie.

Gedurende die termyn mag die student nie meer as 20 ure per week werk nie, behalwe waar die werk deel is van die studie-opleiding. Gedurende vakansietye mag ‘n student op ‘n studentevisum voltyds werk.

Daar is ook ‘n verskeidenheid ander reëls en regulasies. Kontak gerus ons kantoor of besoek ons webwerf vir meer inligting in dié verband.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 10 Mei 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.