Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek het gerugte gehoor dat die Britse regering die immigrasiereëls verander het en dat 'n mens voortaan langer in die Verenigde Koninkryk moet bly alvorens jy kan kwalifiseer vir Britse burgerskap. Is dit waar? My suster werk tans in Brittanje en ek weet sy tel die dae tot sy burgerskap kry, want sy wil dan terugkeer na Suid-Afrika. Kan julle my asseblief meer inligting gee hieroor?

Antwoord:

Die Britse regering het gedurende Maart 2006 aangekondig dat hulle die verblyfsreëls verander vanaf 3 April 2006.
‘n Persoon moet nou vyf jaar in ‘n permanente kategorie in die VK wees, soos byvoorbeeld op ‘n werkspermit of grootouer-visum, alvorens hy kan kwalifiseer vir permanente verblyf. Na ‘n jaar op die status van permanente verblyf kan ‘n persoon dan aansoek doen vir burgerskap. Die hele pad na burgerskap neem dus ses jaar, waar dit voorheen vyf jaar was – vier jaar in ‘n permanente kategorie voor jy kon kwalifiseer vir permanente verblyf en dan ‘n jaar op dié status voor jy kon aansoek doen vir Britse burgerskap.

Bogenoemde nuwe reëls het groot ontsteltenis by baie Suid-Afrikaners tot gevolg gehad, want as hulle teen 3 April 2006 nog nie gekwalifiseer het en aansoek gedoen het vir permanente verblyf nie, is die pad wat hulle moet loop na Britse burgerskap ‘n jaar langer.

As jou suster dus teen 3 April 2006 nie gekwalifiseer het vir permanente verblyf en aansoek gedoen het nie, sal dit haar ook ‘n jaar langer neem om Britse burgerskap te kry.

Let wel dat die reëls vir burgerskap vir persone wat met Britse of EU-burgers getroud is, heelwat verskil en nie verander het saam met bogenoemde reëls nie.

Vraag:

Ek sit op die oomblik met ’n dilemma en is, om die minste te sê, op die rand van histerie. Ek was met vakansie in Suid-Afrika toe die nuwe Britse verblyfsreëls aangekondig is wat sê dat dit vanaf 3 April 2006 vyf jaar gaan neem voor jy kan kwalifiseer vir permanente verblyf en het nou eers daarvan te hore gekom. Ek het eintlik gesit en slaap en het al voor die datum gekwalifiseer vir permanente verblyf, maar het nooit daarby uitgekom om my aansoek in te dien nie. Sal ek nou my aansoek kan indien en nog onder die ou reëls kwalifiseer?

Antwoord:

Die nuwe reëls bepaal dat ‘n persoon wat teen 3 April 2006 kwalifiseer vir permanente verblyf, aansoek moet doen voor die datum om onder die ou reëls te kwalifiseer.

Jy sal dus ongelukkig onder die nuwe vyfjaar-reël val en sal eers kan aansoek doen vir permanente verblyf nadat jy vyf jaar in ‘n permanente kategorie soos die werkspermit/HSMP- of grootouer-visum was.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 19 April 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.