Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek het gehoor dat die Britse regering 'n nuwe migrasiesisteem gaan implementeer. Hoe gaan die nuwe sisteem werk en wanneer word dit geïmplementeer?

Antwoord:

Ja, die Britse regering is in die proses om die huidige immigrasiewetgewing grootliks te vervang met 'n puntestelsel wat hoogs geskoolde werkers gaan lok, sowel as immigrante wat sleutelposte kan vul wat nie deur plaaslike of EU-werkers gevul kan word nie.

Die beoogde puntesisteem gaan uit vyf pilare of vlakke bestaan:

Vlak 1 gaan vir hoogs geskoolde werkers wees wat die meeste tot die Britse ekonomie en samelewing kan bydra. Die vlak gaan ekwivalent wees aan die huidige permit vir Hoogs Geskoolde Persone of HSMP.

Vlak 2 gaan vir geskoolde werkers wees met werksaanbiedinge in die VK wat nie deur Britse of EU-werkers gevul kan word nie. Hierdie vlak sal ekwivalent wees aan die huidige besigheids- of kommersiële-werkspermit-skema.

Vlak 3 gaan vir laaggeskoolde werkers wees wat spesifieke tydelike tekorte in die arbeidsmark sal verlig.

Vlak 4 sal gerig wees op studente.

Vlak 5 sal op tydelike werkers en op jeugmobiliteitskemas in die VK gerig wees, ekwivalent aan die tweejaar-werksvakansieganger-skema en kunstenaarsvisums.

Daar is nog geen definitiewe implementeringsdatum vir die onderskeie vlakke aangekondig nie. Implementering van die nuwe sisteem gaan vlak vir vlak geskied. Vlak 1 vir hoogs geskoolde migrante gaan eerste geïmplementeer word. Die hele sisteem sal egter eers in die praktyk getoets word voor finale implementering, en die hele proses sal minstens twee jaar neem om in volle werking te wees.

Vraag:

Ek is baie besorg oor die aankondigings deur die Britse regering dat die huidige migrasiestelsel vervang gaan word met 'n puntestelsel, aangesien my toekomstige Britse werkgewer in die proses is om aansoek te doen vir my vir 'n werkspermit. Gaan die nuwe sisteem my aansoek beïnvloed of vertraag?

Antwoord:

Jou aansoek sal baie beslis nie beïnvloed of vertraag word nie, aangesien daar nog geen definitiewe implementeringsdatum vir die onderskeie vlakke aangekondig is nie. Implementering van die nuwe sisteem gaan vlak vir vlak geskied. Vlak 1 vir hoogs geskoolde migrante gaan eerste geïmplementeer word. Die hele sisteem sal egter eers in die praktyk getoets word voor finale implementering, en die hele proses sal minstens twee jaar neem om in volle werking te wees.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 28 Maart 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.