Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek en my man wil graag ons seun in Engeland vir so drie weke besoek. Hy is daar op 'n tweejaar-werksvakansie. Het ons nodig om aansoek te doen vir enige tipe visum?

Antwoord:

Suid-Afrikaners word volgens Britse immigrasiereëls geklassifiseer as nievisum-burgers, of soos dit in Engels bekend staan, “non-visa nationals”. Dit impliseer basies dat u nie vooraf toestemming nodig het om die Verenigde Koninkryk binne te kom as ’n besoeker nie. U sal egter wel die immigrasiebeampte tevrede moet stel, met u aankoms in die VK, dat u wel net besoekers is en nie die VK vir ‘n periode langer as ses maande wil besoek nie. U moet ook van plan wees om die VK te verlaat met die verstryking van u besoek en genoeg fondse tot u beskikking hê om uself te onderhou en akkommodeer sonder om in die VK te werk of gebruik te maak van Britse openbare fondse.

Indien ‘n persoon egter voorheen toegang tot die VK geweier is of enige Britse immigrasiereëls of regulasie verbreek het en van plan is om na die VK te reis as ’n besoeker, is dit beter om liewer vooraf toestemming te kry om die VK binne te gaan.

Vraag

Ek verstaan dat 'n mens normaalweg vir vier jaar in die VK moet wees voor jy permanente verblyf het en dit dan nog 'n jaar neem alvorens mens Britse burgerskap kan verkry. Kan u asseblief vir my verduidelik hoekom my tyd as tweejaar-werksvakansieganger nie tel vir my Britse burgerskap nie?

Antwoord

Die tweejaar-werksvakansievisum is ’n tydelike visum en beperk tot twee jaar en tel daarom volgens die Britse immigrasiereëls nie as deel van die tyd wat jy die VK moet spandeer vir permanente verblyf nie. Ander tydelike visums sluit onder andere in die studentevisum en besoekersvisum.

Die enigste uitsondering op bogenoemde reël is die 10-jaar-toegewing-reël. Volgens hierdie immigrasiereël kan ’n persoon wel vir permanente verblyf in aanmerking kom as hy 10 aaneenlopende wettige jare in die VK woonagtig was.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 08 November 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.