Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

My dogter en haar man is tans in die Verenigde Koninkryk en het permanente verblyf. Hulle moet skynbaar nog ongeveer ses maande wag voor hul kan aansoek doen vir Britse burgerskap. My skoonseun het egter ’n rukkie terug swak finansiële besluite geneem en oorweeg dit om homself insolvent te verklaar. Sal dit sy aansoek om Britse burgerskap beïnvloed?

Antwoord:

In die oorweging van ‘n persoon se aansoek vir Britse burgerskap kyk die Britse Departement van Binnelandse Sake onder andere na ‘n persoon se kredietwaardigheid, of hy/sy ‘n kriminele rekord gekry het tydens die verblyf in die VK, die stand van die persoon se belastingsake, sowel as ander karakterverwysings.

As u skoonseun homself nou insolvent gaan verklaar, gaan hy die risiko loop dat sy aansoek afgewys gaan word. Indien burgerskap geweier word, sal sy permanente verblyf nie gekanselleer word nie, maar hy sal moet wag totdat hy weer gerehabiliteer is alvorens hy weer sal kan aansoek doen.

Vraag

Ek het 'n vriend in die VK wie se tweejaar-werksvakansie saam met myne verval het in Januarie 2005. Ek is terug na Suid-Afrika met die verval van my visum, maar my vriend is nog steeds in die VK en werk in die konstruksiebedryf, waar hy basies geld onder die tafel verdien. Hy is, nodeloos om te sê, baie bang om uitgevang te word. Kan u vir my sê wat die implikasies gaan wees as hy wel uitgevang word?

Antwoord

As jou vriend gevang word deur die Britse Departement van Binnelandse Sake, sal hy na Suid-Afrika gedeporteer word en sal hy vir ‘n tydperk van vyf jaar nie na die Verenigde Koninkryk mag reis nie. Die deportasiestempel in sy paspoort mag ook sy visumaansoek vir enige ander land nadelig beïnvloed.

Indien sy werkgewer gevang word dat hy ‘n persoon in diens het wie se visum verval het, kan hy ‘n boete van tot £5 000 opgelê word.

As ek jou vriend kan raad gee, dan sal ek aanbeveel dat hy sonder versuim na Suid-Afrika terugkeer en eerder vandaar wettige opsies ondersoek om in die Verenigde Koninkryk te werk.



Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 18 Oktober 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.