BlitsdebatArgief
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die "bestuur" van taal aan universiteite:

In Die Burger, 28 September 2005, skryf prof Chris Brink, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, dat "taal nie 'n probleem is wat jy oplos nie, maar 'n saak wat deurlopend bestuur moet word." Maar volgens watter reëls? Herman Giliomee het die vraag aan die rektor gestel ...
Hermann Giliomee Prof Hermann Giliomee vra:

"Die Rektor van US praat daarvan dat taalprobleme “bestuur” moet word. Maar volgens watter verkeersreëls?

Wat gaan hy maak as die groot en kragtige voertuig Engels die veel kleiner Afrikaanse motor van die pad af dwing? Gaan hy sê dis Afrikaans se eie skuld dat hy so `n klein karretjie is dat hy homself nie op die hoofweg teen Engels kan handhaaf nie? Is daar in prof Brink se skema `n wyse waarop motorkapers wat ander padgebruikers wil uitwis “bestuur” kan word? Engels is immers in vakgeskrifte oor taalverplasing as die "killer language" bekend. Tel die feit dat amper driekwart van die Stellenbosse studente in Afrikaans onderrig wil word niks in die bestuurskema van die rektor nie?"

Image placeholderProf Chris Brink antwoord:

"Die standpunt dat taal 'n kwessie is wat bestuur moet word eerder as 'n probleem wat opgelos moet word, het ek reeds in my nou-bekende konvokasie-toespraak van November 2002 gestel; dit is dus niks nuuts nie. Die besluit wat in Junie vanjaar geneem is aangaande die uitbreiding na die derdejaar van die dubbelmedium-opsie in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte is volkome binne die bestek van die huidige taalbeleid: voorgestel deur die Fakulteitsraad, aanbeveel deur die Taalkomitee, bekragtig deur die Raad. Die bestuur van sulke besluite is nie net 'n bo-na-onder meganisme nie; dit het ook 'n onder-na-bo komponent: as dit nie werk vir studente en dosente nie sal hulle sekerlik so sê."

    Lees prof Giliomee se voorgestelde versoek van die Konvokasie aan die Raad van US hier.
    Lees prof Giliomee se volledige toespraak tydens die Konvokasievergadering op 10 November 2005 hier.
    Lees prof Brink se uitnodiging vir voorleggings oor die belang van Afrikaans by Stellenbosch hier.
    Lees prof Botman se uitnodiging aan Hermann Giliomee om aan die 2005 HEQC-oudit van die US deel te neem hier.
    Lees prof Giliomee se ope brief aan die US-ouditpaneel hier.
    Drie skrywers, drie geslagte: Lees André P Brink, Tom Dreyer en Etienne van Heerden se brief aan Die Burger hier.

Julle sê...

Prof Brink is net ‘n bestuurder: “... prof Giliomee, gaan piek op iemand van u eie saaiz en los vir die arme prof Brink uit sodat hy die reëls kan nakom, soos wat dit `n goeie bestuurder betaam.” - Wikus Hattingh

Geen vertroue in prof Brink: "Prof Chris Brink, rektor van die US, moet uit sy pos bedank weens sy onvermoë om die volgehoue verengelsing van die universiteit te stuit ..." -Peter Louw

Hy beantwoord nie prof Giliomee se vraag nie: "Om die vraag in ander woorde te stel, prof Brink; prof Giliomee vra: 'Wat is die ononderhandelbare beginsels waarvolgens US Afrikaans as kommunikasie-medium sal ondersteun en bevorder?'" -Anoniem

Om Afrikaans se voortbestaan te verseker: "Die oorlewing van Afrikaans sal plaasvind as die Afrikaner die kuns kan bemeester om die regte tydstip te kies om in isolasie te verkeer en wanneer om te assimileer." -Pieter Reyneke

Luister: "Daar’s ‘n groot heksejag op Afrikaans en die weerstand van die Afrikaner is besig om te verkrummel, oral is daar manifestasies hiervan." -Jan Rap

Hier gaan ons al weer: "Ek kan nie glo ons is al weer hier nie. Maar dalk moet ek nie te hard wees op die gryskoppe nie. Dalk is die jaarlikse (of dan tweejaarlikse) taalgevegte teen prof. Chris Brink en die US een van die min aktiwiteite waar agtergeblewe Afrikaners hulself nog voluit kan uitleef." -Ajay

Kyk ook na ander minderheidstale: "Afrikaans kan egter sy posisie versterk deur met ander minderheidstale sy posisie te versterk teen verengelsing." -Joan Hambidge

Aandrang op Afrikaans as onderrigmedium is kortsigtig: "Afrikaans, net soos honderde ander klein tale het nie `n groot rol te speel buite sy eie gemeenskap nie en sal dus mettertyd meer en meer in onbruik raak." -Duitswester

Afrikaans sal vir homself sorg: "Hierdie debat is heel duidelik `n intellektuele getoutrek, verwyderd en vervreem van die realiteit en opgesaal deur `n generasie van voorheen." -Stellenbosse student

Engels is die "lingua franca": "As minderheidsgroepe bereid is om Engels as amptelike taal te aanvaar, moet hulle terselfdertyd die onbelemmerde reg kry om moedertaalonderrig in opvoedkundige instellings van hul eie taalgemeenskappe te bedryf." -Chris Claassen

Insig en aanvaarding is `n baie belangrike fase in die sterfproses: "Afrikaans as akademiese taal is `n dooie letter. Soos "Die Afrikaner". Vra Giliomee. Dit verkoop nog net in Engels." -Etienne van Zyl

Gelukkig is Etienne van Zyl verkeerd: "Die Afrikaners verkoop, nes sy Engelse eweknie, standhoudend goed." -Marga Collings, NB Uitgewers

Prof Brink se "bestuur": "...ons wil Afrikaans as hoofonderrig taal hê ..." -Elize, PE

Nie ten koste van ons taal nie: "Ek beywer my vir `n Suid-Afrika waar my kinders in die toekoms in vrede in hulle taal naas en langs die andertaliges kan werk en woon. Versaak ek Afrikaans, versaak ek my wese." -Theo

...in welke taal gaan jy bid of pleit?: "Afrikaans is my emosionele taal. As ek `n sterk saak het om te stel, dan wil ek dit in Afrikaans doen." -Skoorvoet

Die Taalplan van die US stel dit duidelik ...: "As dit tot nou toe "aanvaarbaar" was tot op tweedejaarsvlak, waarom nie ook op derdejaarsvlak nie?" -Arend Posthuma

Die hele polemiek oor die taal is niks anders as ’n skyngeveg nie: "Die Afrikaner self voel gesideline en gebruik die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch soos uitgespel deur die Rektor van die US, Prof Brink, om wal te gooi teen alles wat hulle voel in gedrang is." -Tiekie

Chris Brink gee net nie om nie: "Hy sê "Afrikaans langs Engels", nie "Engels langs Afrikaans" nie. Hy dink dus reeds in terme van Engels as die hoofmedium aan die US." -Swys

Afrikaans - hoe lank nog?: "...het Afrikaans as taal ‘n toekoms? Wie gaan oorbly om die taal te praat?" -André Swiegers

Taaldebat - 'n paar feite: "Om Afrikaans te laat ondergaan, is inderdaad om `n moderne beskaafde groep mense hulle moedertaal te ontneem." -qwerty

Net Ton Vosloo sal kan vertel wat hy in gedagte gehad het: "Hy moet dit duidelik stel dat die Afrikaner gatvol is en indien die heksejag voortduur, hierdie land nooit weer ’n ‘wenland’ gaan word nie." -Jan Rap

...die US hoort Afrikaans te bly: "Net so moet daar dringend beywer word dat soortgelyke têrsiere onderrig in ander landstale ontwikkel. Soveel tale den ek kan, soveel male ben ek man..." -Sonia Cabano

...bakgat prof Gilomee!: "Taal is politiek. Dit gaan om tegniek, taktiek, by wie dit waarom aanklank vind. Daar moet daarmee gewoeker, gewik en geweeg word." -Chris Chameleon

Weerstand is noodsaaklike teenwig: "In ons land se politieke evolusie is vooropgestelde eiebelang (soos die selfsugtige beskerming van taal), deur veral minderhede, ’n uiters noodsaaklike demokratiese teenwig." -Estian Bosch

Afrikaans het afgetree ...: " ...die taal gaan kleiner raak, maar wees baie seker dat dit nie sal doodgaan nie. Om egter te streef dat dit weer die posisie herwin wat dit eens gehad het, daai tyd is verby." -Duitswester

Bakgat aan Chris Chameleon wat gesê het Bakgat Prof Giliomee: "Bakgat ook aan van die ander briefskrywers wat besef dat politiek gaan oor debat en interaksie, nie oor stilswye en gedwonge re-upholstered apartheids-konsensus nie." -Charl-Pierre Naudé

ANTI-AFRIKAANS ...: "Dit blyk my die definisie van Afrikaans fokus allereerste op die super-Afrikaner kern. Dis jammer dat die meerderheid massas nie by die konsep geïntegreer word nie ..." -Auntie-Afrikaans

BOEREBEDROG ...: "Dink iemand regtig die T-opsie in Stellenbosse klasse gaan 50-50 verloop? Daarvoor het die Afrikaanses ongelukkig nie genoeg bek nie ..." -Vattie-twakkie

Demographics ...: "While the New South Africa has been, and will continue to be a demographic catastrophe for Afrikaners, the rest of South Africa has boomed in population." -Buks van Rensburg

Afrikaans skop gat ...: "As buitelanders Afrikaans wil leer, beteken dit mos die taal groei?" -Bobbejaan

My morele plig om jou reg te help, Etienne van Zyl: "... die krag van ‘n taal is gesetel in sy sprekers ..." -Jan Rap

Brink se politieke onderrok hang uit: "Hy speel sy kaarte so dat sy posisie as rektor nooit in die gedrang kom nie." -Totter

Die oplossing vir die "breinkwyn": "Skaf Engels as onderrigmedium af ..." -Wikus H

Raak kreatief, doen iets oorspronkliks: "Daar is drie opsies aan die US en daar is besware teen elkeen ..." -Oud Matie, Oranjezicht

US taaldebat: Waarom nou skielik?: "Ek was van 1990 tot 1992 aan die US, waar ek bitter min klasse in Afrikaans gehad het." -Neil Kroese

Prof Brink se benadering is sinvol, rasioneel: "Deur ’n groot geraas te maak en te 'demand' sal eerder alle simpatie vir ons saak benadeel." -Barrie

Die jongmense op die kampus het vrede: "Hulle ondervind daagliks in die klasse dat Afrikaans sy invloed behou en uitbrei." -Marko van der Colff

Afrikaans verdien 'n besondere plek: " ...waarom as daar soveel Engelses is, kan daar nie een of twee Afrikaanses wees nie?" -Arnold

Matieland versaak deel van sy teikengroep ...: "Die T-opsie wat in teorie bestaan, beteken in praktyk die E-opsie (Engels eentalig)." -Adamastor, van Wes-Kaap

Waar is die redelike stemme in hierdie debat?: "Die Universiteit van Stellenbosch is `n publieke instelling, nie Afrikaner-volksbesit nie" -Vasti Roodt

Onderwys deur middel van jou moedertaal word amptelik in Suid-Afrika erken: "As mens die gesonde beginsel van moedertaal-onderrig as ‘n maatstaf neem, is daar ‘n goeie saak uit te maak vir minstens drie universiteite met Afrikaans as voertaal." -Swys

'n Redelike stem vir Vasti Roodt: "... wat staan ons te doen wanneer Engelssprekendes aandring op respek vir hul taalvoorkeur, maar heeltemal koud staan teenoor Afrikaans?" -Wikus Hattingh

Ek is een van die agt wat uitgenooi is om lid te word van die narregroep wat deur die rektor as “ouer groep” gedefinieer ...is: "Geoordeel hieraan voldoen ek nie aan die omskrywing van en is ek beslis nie lid van so `n duidelik geïdentifiseerde en karikatuuragtige "ouer groep" alumni nie." -Christo Viljoen

Die taak van 'n universiteit: "’n Universiteit kan nie die sedebewaker van ’n taal wees nie." -Arend Pothuma

...dis presies hoe die ANC die blanke Afrikaan wil besig hou: "Argumenteer en bly stupid of doen iets en hou jou bek!" -Dippies

US-proffie op RSG: "...flou storietjies..." -Jan Rap

Taalbestuur aan die US: "Indien die ontwikkeling van isiXhosa reg bestuur word, tesame met die volgehoue uitbouing van Afrikaans, kan studente hopelik binne die volgende twintig jaar die US verlaat met kennis van hul vakgebied en die vermoë om dit in drie tale uit te druk, in plaas van slegs een." -Lenelle Foster

...val die universiteite, so val die skole: "Wie sal toekomstig Afrikaanse skoolhandboeke opstel as daar nie meer in Afrikaans studeer word op tersiêre vlak nie?" -Tiens Pretorius

Afrikaans sal bly, as “taal van die hart”: "Die 'Afrikaner' is trots op sy Van Wyk Louw of Totius of Langenhoven of wie ook al, en dit is vir hom deel van sy taal." -Hannes Deetlefs







Wat is jou mening?

Reageer op hierdie Blitsdebat. Stuur jou kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die debat verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.