BlitsdebatArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Uitnodiging na onderhoude met die HEQC-Ouditpaneel

Geagte prof Giliomee,

Namens die Universiteit van Stellenbosch nooi ek u hiermee vriendelik uit om aan die 2005 HEQC-oudit van die Universiteit deel te neem. Die Hoër Onderwys Gehaltekomitee (Higher Education Quality Committee, of te wel die HEQC), beskik in terme van die Wet op Hoër Onderwys (101, 1997) oor die mandaat om hoër onderwysinstellings te oudit. Hierdie oudit fokus op die akademiese kernprosesse van die Universiteit, naamlik leer & onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie. ‘n Paneel eksterne eweknie-beoordelaars besoek die Universiteit van Stellenbosch vanaf 10 tot 14 Oktober 2005. Tydens die besoek gaan die Ouditpaneel onderhoude voer met studente, personeel, navorsers, dekane, die Rektor en sy bestuurspan, lede van die Raad asook die Universiteit se eksterne belanghebbers (bv. verteenwoordigers uit die gemeenskap, besigheidsvennote, verteenwoordigers van die provinsiale en plaaslike regerings, alumni, ens).

Besonderhede oor die onderhoud waarheen ons u uitnooi (die tema, datum, tyd, en plek), is hierby aangeheg (sien die aanhangsel (attachment). Die onderhoude vind plaas te Mostertsdrift (Jonkershoekweg 19, Stellenbosch) of in die Sanlamsaal in die Neelsie Studentesentrum, Stellenbosch. Meer besonderhede oor die oudit, asook die Universiteit se Selfevalueringsverslag, is beskikbaar by www.sun.ac.za/abgv. U is ook welkom om die verslag in harde kopie aan te vra.

Indien u vir die onderhoude beskikbaar is, bevestig asb deur u kontakbesonderhede op die aangehegte lêer in te vul en dit voor of op Maandag 3 Oktober 2005 te stuur aan audit2005@sun.ac.za. [Persoonlike kontakbesonderhede van US-personeellid weggelaat. –CB]

Ek vertrou dat dit vir u moontlik sal wees om deel te neem aan hierdie gebeurtenis wat van groot belang is vir die Universiteit van Stellenbosch.

Die uwe

Prof Russel Botman
Viserektor (Onderrig)
Lid van die Rektor se Bestuurspan verantwoordelik vir Gehalteversekering



LitNet: 30 September 2005

Wil jy reageer op hierdie Blitsdebat? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.