Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kortlys van Via Afrika se literêre pryse bekend

Persvrystelling

Click here for the English press release

Die kortlys vir Via Afrika se literêre pryse, wat insluit die name van gevestigde skrywers soos André P Brink en Etienne van Heerden en opwindende debuutskrywers soos Pat Stamatélos en Simăo Kikamba, wat in Angola gebore is, is pas bekend gemaak. Die wenners sal op 15 Junie by ’n glansgeleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangekondig word. Die Via Afrika/M-Net literêre pryse se toekenningsfunksie sal deur talle van die land se voorste letterkundiges en skrywers bygewoon word. Gcina Mhlope en Nataniël is die seremoniemeesters. Die funksie vind op die vooraand van die Kaapstadse Boekefees plaas.

Die Via Afrika-pryse dek vyf kategorieë van Afrikaanse en Engelse fiksie en niefiksie en word toegeken aan skrywers van wie in 2005 werke deur die verskillende uitgewerye van Via Afrika gepubliseer is.

Die drie skrywers op die kortlys vir die WA Hofmeyr-prys vir prosa, kortverhale en poësie is André P Brink vir sy 22ste roman, Bidsprinkaan (Human & Rousseau), wat gegrond is op die lewe van ’n 18de-eeuse Khoi-karakter Kupido Kakkerlak; IL de Villiers vir ’n digbundel Jerusalem tot Johannesburg (Tafelberg) wat 20 jaar oorspan; en Etienne van Heerden vir In Stede van die Liefde (Tafelberg), ’n roman wat hom in die hede in Seepunt, Stellenbosch en Matjiesfontein afspeel.

Een van die skrywers op die kortlys vir die Recht Malan-prys vir niefiksie is Antony Altbeker vir The Dirty Work of Democracy (Jonathan Ball), ’n deurtastende weergawe van die jaar wat hy in die Suid-Afrikaanse Polisiediens deurgebring het en wat wye mediapublisiteit geniet het. Dié boek verskyn ook op die kortlys van die Sunday Times se prys vir niefiksie. Die ander twee werke op die kortlys is Edwin Cameron se Witness to AIDS (Tafelberg) (hy is die enigste openbare ampsdraer wat sy MIV-status bekend gemaak het), en Jeremy Krikler se Rand Revolt: The 1922 Insurrection and Racial Killings in South Africa (Jonathan Ball), wat ’n vernuwende blik op rassegeweld en -identiteit bied.

Die drie skrywers wat gekortlys is vir die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie is Russel Brownlee vir Garden of Plagues (Human & Rousseau), wat in die 17de eeu in die tyd van Simon van der Stel aan die Kaap afspeel; Michiel Heyns vir The Typewriter’s Tale: A Novel (Jonathan Ball), waarin die wêreld van die beroemde skrywer Henry James deur die oë van sy tikster, Frieda Wroth, verken word; en Simăo Kikamba vir sy Going Home (Kwela), ’n debuutroman wat handel oor ’n man wat probeer oorleef in ’n land waar niemand hom toelaat om daarin opgeneem te word nie. Garden of Plagues is ook benoem vir die Sunday Times se prys vir fiksie.

Slegs twee skrywers is gekortlys vir die Jan Rabie Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse prosa. Al twee is debuut-romanskrywers. Hulle is Pat Stamatélos vir Kroes (Kwela), wat handel oor rasseliefde in die 1960’s, en Marlize Hobbs vir Flarde (Genugtig), ’n storie oor ’n jong maatskaplike werker.

Twee skrywers van Human & Rousseau is gekortlys vir die MER-prys vir kinderlektuur. Hulle is Jaco Jabobs vir Net Aliens Eet Spinasie en Marita van der Vyver (en illustreerder Piet Grobler) vir Mia se Ma. Ann Walton vir haar Tell the Moon (Tafelberg) is die derde benoemde skrywer in dié kategorie.

Die skrywers wat vir die MER-Prys vir jeuglektuur benoem is, het almal by Tafelberg gepubliseer. Hulle is François Bloemhof vir Nie vir Kinders nie, Fanie Viljoen vir Breinbliksem en Engela van Rooyen vir Vuvuzela.

Via Afrika literary awards shortlist released

This year’s shortlist of nominees announced by the organisers of the Via Afrika Literary Awards includes a mix of established authors, including André P Brink and Etienne van Heerden, as well as some exciting debut writers such as Angolan-born Simăo Kikamba and Pat Stamatélos, originally from Goodwood, now living in Gauteng. The winners will be announced on 15th June at the star-studded Via Afrika/MNET Literary Awards ceremony in the Mother City attended by the who’s who of South African literati. The gala event at the Cape Town International Convention Centre, where guests will be entertained by Nataniël and Gcina Mhlophe, takes place on the eve of the inaugural Cape Town Book Fair.

The Via Afrika prizes, which span five categories of English and Afrikaans fiction and non-fiction, are awarded to writers whose works have been published within the Via Afrika stable during 2005.

The three writers shortlisted for the WA Hofmeyr Prize for Afrikaans novels, short stories and poetry, the oldest of the Via Afrika awards, are André P Brink for his 22nd novel, Bidsprinkaan (Human & Rousseau), based on the life of an 18th-century Khoi character Kupido Kakkerlak; IL de Villiers for Jerusalem tot Johannesburg (Tafelberg), an anthology of poetry written over a period of 20 years; and Etienne van Heerden for In Stede van die Liefde (Tafelberg), a novel with a contemporary setting which plays out in Sea Point, Stellenbosch and Matjiesfontein.

Authors on the shortlist for the Recht Malan Prize for non-fiction include Antony Altbeker for his highly publicised The Dirty Work of Democracy (Jonathan Ball), a probing account of his year spent working with the South African Police Service that has also been shortlisted for this year’s Sunday Times non-fiction award; Edwin Cameron, the only public office-bearer to make his HIV status known, for his Witness to AIDS (Tafelberg), also shortlisted for the Sunday Times non-fiction award; and Jeremy Krikler for Rand Revolt: The 1922 Insurrection and Racial Killings in South Africa (Jonathan Ball), which presents an innovative view of racial identity and violence.

The three writers shortlisted for the Herman Charles Bosman Prize for English fiction are Russel Brownlee for Garden of the Plagues (Human & Rousseau), set in the 17th century at the Cape in the time of Simon van der Stel and also shortlisted for the Sunday Times fiction award; Michiel Heyns for The Typewriter’s Tale: A Novel (Jonathan Ball), which explores the world of celebrated writer Henry James through the eyes of his typist, Frieda Wroth; and Simăo Kikamba for Going Home (Kwela), a debut novel about a man trying to survive in a country where no one allows him to belong.

Two writers have been shortlisted for the Jan Rabie Rapport Prize for innovative Afrikaans prose. Pat Stamatélos for Kroes (Kwela), the story of inter-racial love in the 1960s, and Marlize Hobbs for Flarde (Genugtig), the story of a young community worker, are both debut novelists.

Two Human & Rousseau writers have been shortlisted for the MER Prize for children’s literature. They are Jaco Jacobs for Net Aliens Eet Spinasie and Marita van der Vyver (and illustrator Piet Grobler) for Mia se Ma. Ann Walton is the third writer in this category, nominated for Tell the Moon (Tafelberg).

The shortlisted writers for the MER Prize for juvenile literature are Francois Bloemhof for Nie vir Kinders nie (Tafelberg), Fanie Viljoen for Breinbliksem (Tafelberg) and Engela van Rooyen for Vuvuzela (Tafelberg).




LitNet: 14 Junie 2006

to the top / boontoe

Stuur ons jou menings. Skryf aan webvoet@litnet.co.za en word deel van ons meningsblad, SêNet! Briewe en menings kan hier gelees word.

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.