Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Afrika-fees

Persverklaring

Alles dui daarop dat die eerste Kaapstadse Boekeskou* 'n groot sukses gaan wees wanneer dié geleentheid later vanjaar by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum begin. Dit word in samewerking met die Frankfurtse Boekeskou, die grootste ter wêreld, gehou.

Die Skou, wat van 17-29 Junie 2006 plaasvind, sal jaarliks plaasvind en ongekende belangstelling in Afrika-skryf- en leeskuns en die vasteland se uitgewersbedryf wek.

Die tema, 'n Afrika-fees, het reeds die belangstelling geprikkel van top- plaaslike en internasionale skrywers asook plaaslike en internasionale uitgewerye.

"Dit is belangrik om te erken dat Afrika nie 'n vasteland is wat ‘n maklik-herkenbare, homogene letterkunde produseer nie. Die ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Ghana is omtrent net so groot soos dié tussen Ghana en Duitsland. Toe ons ons tot die tema 'n Afrika-fees verbind het, was dit 'n verbintenis tot die literêre diversiteit van die vasteland," sê Vanessa Badroodien, direkteur van die Kaapstadse Boekeskou.

'n Aantal literêre pryse gaan tydens die Boekeskou toegeken word. Die eerste is die M-Net/Via-Afrika-prys op 15 Junie, gevolg deur die Sunday Times se gerekende Alan Paton-prys vir nie-fiksie en die Sunday Times-fiksieprys op 17 Junie.

'n Ander prys wat tydens die Boekeskou toegeken sal word, is die 25ste Noma-prys, 'n belangrike prys vir Afrika-werke wat geskep is om die skryfkuns en uitgewerswese in Afrika te bevorder. Die prys, onder die vaandel van UNESCO, sal die belangrikheid van die Afrika-komponent van die Skou onderstreep.

Die vasteland van Afrika het 'n lang en trotse geskiedenis van boekeskoue, hoewel op 'n kleiner skaal as Frankfurt.

Die Boekeskou se seminaarprogram handel nie net oor kwessies wat die uitgewersbedryf in Suid-Afrika en Afrika raak nie, maak fokus ook op die belangrikheid van toeganklike letterkunde in inheemse tale en die uitbreiding van 'n leeskultuur op die vasteland.

Die literêre konteks in Afrika, die probleme van die bemarking en verspreiding van boeke in Afrika, en die uitwerking van moedertaalonderwys op skoolboeke is maar 'n paar van die onderwerpe wat in die eerste vier dae gedek sal word.

Die uitgewersbedryf in Afrika ervaar skerp stygende verkoopsyfers, vir beide ingevoerde en plaaslike boeke. Die boekehandel in Suid-Afrika teken ongekende groeikoerse aan danksy 'n lewendige ekonomie en die toenemende staatsverbintenis tot onderwys en geletterdheid.

Groot belangstelling heers onder uitgewers en handelsbesoekers in ko-produksies, koopregte en die moontlikheid om die boeke van Suid-Afrikaanse skrywers in ander tale te vertaal.

'n Aantal gerekende internasionale en Suid-Afrikaanse skrywers en digters sal die Boekeskou bywoon.

Hoogtepunte van die fees sluit in die bekendstelling van belangrike nuwe titels deur die meeste uitgewers, 'n aantal voorlesings en die opwindende bekendstelling van klassieke kinderverhale in Xhosa en Zulu

Twee vooraanstaande Suid-Afrikaanse skrywers het reeds hul steun aan die Kaapstadse Boekeskou toegesê.

"Sedert die begin van die mensdom het Afrika die wêreld al telkemale met skoonheid en verbeelding geseën. 'n Boekeskou aan sy suiderpunt is 'n belegging in die kreatiwiteit van 'n vasteland - nuwe vertellers sal gelok word om hul stories neer te pen, en die potensiaal is daar om der miljoene nuwe lesers te ontwikkel," sê Antjie Krog.

André P Brink sê: “die koms van die Kaapstadse Boekeskou vanjaar is die kersie op die koek van 'n dosyn jare van demokrasie in Suid-Afrika.

“Dit is alleen wanneer kultuur, en veral letterkunde, 'n groot geleentheid absorbeer en uitdruk dat dit op die dieper en internasionale bewussyn ingeprent word. Voor hierdie oomblik was Suid-Afrika in 'n mate 'n 'aparte land'.

“Die Kaapstadse Boekeskou open waarlik die land vir die groter kulturele gemeenskap, waar dit uiteindelik gearriveer het om sy regmatige plek in te neem,” voeg hy by.


* Die Kaapstadse Boekeskou word gesamentlik onderneem tussen die Uitgewersvereniging van Suid-Afika (Pasa) en die wêreldbekende Frankfurtse Boekeskou. Dit word deur die Sunday Times geborg.




LitNet: 14 Maart 2006

to the top / boontoe

Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.