Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Groot Verseboek word bygewerk

Persverklaring

Met die verskyning van Groot Verseboek 2000 sê die samesteller, André P Brink: “Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net één dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my ’n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poësie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poësie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuisie of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poësie het vele wonings.”

Tafelberg-Uitgewers kondig nou graag aan dat ’n bygewerkte uitgawe van Groot Verseboek in voorbereiding is. Bundels wat sedert 2000 by bestaande uitgewershuise (Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela of Protea Boekhuis) gepubliseer is, is reeds in oorweging geneem. Alle digters wat egter hulle eie bundels gepubliseer het gedurende dié tydperk (2000 tot 2005), word versoek om met Riana Barnard (rbarnard@tafelberg.com) in aanraking te kom. Hiermee verseker jy dat jou gedigte ook oorweeg sal word wanneer die finale seleksie deur die samesteller gedoen word. Hierdie oproep is uitsluitlik gerig op selfpublikasies van die afgelope vyf jaar, maw digbundels wat deur die handel versprei is. (Gedigte wat slegs elektronies gepubliseer is of net in tydskrifte geplaas is, kan nie vir opname oorweeg word nie.)




LitNet: 18 Mei 2006

to the top / boontoe

Stuur ons jou menings. Skryf aan webvoet@litnet.co.za en word deel van ons meningsblad, SêNet! Briewe en menings kan hier gelees word.

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.