Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Diep, diep in die donker bos verwerf toekenning vir SA-kunstenaars in Australië

Diep, diep in die donker bos
Deur: Martie Preller
Prys: R70.95
Uitgewer: LAPA
ISBN: 0799331821
Formaat: Hardeband
Klik op die boekomslag of hier om dit by kalahari.net te koop

’n Kunssinnige Suid-Afrikaanse egpaar, doer ver in Australië, is die wenners van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur. Hulle is Andries en Erica Maritz, wat die prys ontvang vir hulle illustrasies van ’n Afrikaanse kleuterboek, Diep, diep in die donker bos, geskryf deur Martie Preller, wat saam met hulle die prys ontvang.

Erica en Andries Maritz, eienaars van Beetlebox Animations, doen węreldwyd animasie-ontwerp, insluitend in Suid-Afrika, Amerika en Australië. Hierdie twee talentvolle illustreerders van veral kinderboeke en -films, is ook goed bekend met die filmwęreld en is tans besig met die ontwerp vir ’n film van Mel Gibson se Icon Productions, waarvoor hulle karakterontwerpe en draaiboekontwerp doen.

Andries was onlangs nog werksaam as senior animasie-ontwerper vir elf Disney-produksies, onder andere Jungle Book II, Return to Neverland, Three Musketeers en Bambi II. Hulle het meegewerk aan die karakterontwerpe van Brother Bear II en was regisseurs van Mickey's African Tale, ’n kort animasiefilm vir Disney se korporatiewe vestiging in Afrika. Andries en Erica is die skeppers van die uiters suksesvolle TV-reekse Grapevine en Buya.

In Suid-Afrika is hulle bekende karaktertjie, Babalela, hoog op die gewildheidsleer van duisende blinkoog-kleuters. Diep, diep in die donker bos van Martie Preller is ’n opvolg op die topverkoper-prenteboek Babalela – ’n kostelike verhaal en ’n welkome publikasie in ’n węreld waar goeie Afrikaanse kinderliteratuur bitter skaars is.

Die toekenning van die Tienie Holloway-medalje vir hierdie suksesvolle span van outeur Martie Preller en illustreerders Andries en Erica Maritz is welverdiende erkenning in die besonder belangrike węreld van kleuterliteratuur. Andries en Erica woon en werk in Australië, maar oor die kuberruimte heen klop hulle harte nog warm vir Suid-Afrika se kleuters.



LitNet: 19 April 2006

to the top / boontoe

Send us your comments. Write to webvoet@litnet.co.za and join our interactive opinion page! The letters page can be found here

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.