Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nog lesers sê watter boeke haal hul top 10-lyste

Die keuse van:

Neem asseblief deel deur 'n brief te stuur aan: webvoet@litnet.co.za

Clinton V du Plessis se keuse

My gunstelinge, in geen spesifieke orde nie, wat my op verskillende stadiums van die lewe beïnvloed het:

 1. Die Bybel – Ou vertaling

 2. The Art of War - Sun Tzu – translated by Thomas Cleary

 3. Fanny Hill, Memoirs of a woman of pleasure – John Cleland

 4. Dog Heart – Breyten Breytenbach

 5. Cosmopolitan Greetings – Allen Ginsberg

 6. I must show you my clippings – Wopko Jensma

 7. 'n Ander land, Karel Schoeman

 8. The days run away like wild horses over the hills – Charles Bukowski

 9. Tropic of Capricorn – Henry Miller

10. The Bhagavad Gita – translated by Stephen Mitchell

Clinton V du Plessis

boontoe

*

Nina V se keuse

  1. Eleanor Baker - Verbeelde werklikheid

  2. Jostein Gaarder - Sophie’s World

  3. Laura Esquivel - Like water for chocolate

  4. Bernard Schlink - The reader

  5. FA Venter - Kambrokind

  6. Harper Lee - To kill a mockingbird

  7. Jeanne Goosen - Ons is nie almal so nie

  8. Arundhati Roy - A God of small things

  9. Elsa Joubert - Die swerfjare van Poppie Nongena

  10. Dalene Matthee - Kringe in ’n bos

  11. Rosamunde Pilcher - The shell seekers

  12. Isabel Allende - Paula

  13. Verna Vels - Liewe heksie

boontoe

*

Klara Majola se keuse

Arikaans

1. Stamland – Karel Schoeman

Daar is literatuurliefhebbers wat Schoeman beskou as ons enigste groot skrywer, een wat betref statuur en ’n verfynde, byna dandyeske skryfstyl soms vergelyk kan word met die Nederlandse skrywer Louis Couperus. Sy hipnotiese skryfstyl bring ’n mens op ’n onthutsende wyse in kontak met jou onderbewussyn. Dit kan beskryf word as die gevoel tussen slaap en wakker word, het ek iemand ’n keer hoor sê. Lees Die Uur van die Engel om hierdie gewaarwording (en terloops ook onoortreflike karakterisering) op sy beste te beleef.

Stamland is minder van ’n uitdaging, maar tog een van my gunstelingboeke. Sien Nederland op die (ongelooflik saai) Karel Schoeman-manier. Geen besoeke aan museums, rooiligdistrikte of iets dergeliks nie. Schoeman is tevrede met die graftombe van Floris V, graaf van Holland, en die Wildemanshofje in Alkmaar. Dis ’n tehuis wat in 1714 vir ou vroue opgerig is. So beskryf hy die plek: “’n Binnehof omring deur netjiese, beskeie eenverdiepingwoninkies met baksteenmure en wit houtwerk rondom ’n formele, simmetries agtiende-eeuse tuin … roerloos soos ’n poel water binne die oewers van sy mure …”

2. Siener in die Suburbs – PG du Plessis

Chris Barnard het, toe die veelbekroonde toneelstuk in 1971 geopen het, die volgende kwytgeraak: “Du Plessis kan ’n dialoog skryf wat jou laat glo in alles wat gesê word … ’n dialoog wat nie klink asof dit ooit papier geruik het nie.” Die toneelstuk slaag ook as film met Marius Weyers as Jakes, Sandra Prinsloo as Tiemie en Don Lamprecht as Tjokkie.

Die stuk speel af in die armoedige suidelike voorstede van Johannesburg. Jakes is die “zef” ou wat ’n “class” ma soek vir sy laaitie. Tiemie, die class ma, wil egter niks weet nie. Sy wil wegkom uit die suburbs, met ’n ryk man trou en “van geweet wees”. Haar broer Tjokkie is die siener wat onder meer “sien” hoe ’n ander man as Jakes haar swanger maak. Met rampspoedige gevolge. Die stuk eindig met Jakes wat ’n (met Tiemie se) bloeddeurdrenkte kansellappie na Ma gooi met die woorde: “Daar’s jou love.”

3. Ongerymdhede – Gerrit Olivier

Hierdie keur uit Gerrit Olivier se maandelikse bydraes in De Kat is die moeite werd om op te spoor. Sover ek weet, het die boek nie ’n herdruk beleef nie. Olivier se essays handel onder meer oor die mag van die liefde, eensaamheid, manlikheid, rugby en die filosofie van fietsry.

Uit “Brood op die water”: “Ons leef van dag tot dag buite die banale waarhede omtrent onsself. Enigiemand voel soms hoe die bodem onder hom uitgeslaan word – waarna hy weer sy doenighede voortsit en opgeneem word in die ritme van die alledaagse. ’n Mens oorleef verdomp ook alles.”

4. Moltrein – Dan Roodt

Moltrein is ’n sexy leesfees. Dis gedrewe, snaaks en slim. Die karakters eet aanhoudend die lekkerste geregte en omdat hulle so baie seksueel verkeer, tel niemand ’n ons op nie. Die hoofkarakter, Anton du Preez, maak vir jou ’n inspirerende venster oop op die Franse leefwyse.

Die plekke wat die twee verliefdes besoek, is eksoties, die motors wat hulle ry, is opwindend, en die kos wat hulle eet, is heerlik. Luister hoe sien die hoofkarakter Afrikanervroue:

Sy het gelag,’n robuuste soort lag wat my weer eens aan Suid-Afrika herinner het, aan Boeremeisies met altstemme en groot borste en sterk gesigte met gesonde, wit tande wat onbevange kon lag, so anders as die nerveuse gegiggel van petite Franse vrouens.

Vir my is die hoogtepunte in die roman die wonderlike skihoofstuk, die hoofkarakter se reaksie op die Rooi Rose-artikel wat sy geliefde se troue met ’n ander man aankondig, en die roerende slotparagraaf.
Die roman se 300 bladsye was heeltemal te gou klaar.

5. Herfsverhale – Fransi Phillips

’n Dunnerige boekie met die skryfster deur haar destydse man op die omslag geskilder. Sy is geklee in ’n lang wit rok met ’n swart sjaal om haar skouers en sy kyk na ’n beeskrip wat geleë is in ’n mielieland.

Phillips glo blykbaar soos Thomas Mann dat daar net een ding is waaroor ’n skrywer kan skryf: das Vergehen der Zeit – die verbygaan van tyd.

Die “vrou wat herfsverhale skryf” vra vir Marie of sy die film To forget Venice gesien het.

“Waaroor het dit gehandel?” het Marie gevra.

“Oor die tyd wat verbygaan. Op een plek in die film is daar ’n nabyskoot van ’n fluweelroos se blaar wat besig is om uit te rafel. Op ’n ander plek word daar ’n stukkie gras van die bakwerk van ’n motor af in die modder in gespoel …”

Op ’n vraag of dit ’n verskil aan haar lewe gemaak het om die film te sien, antwoord sy instemmend en voeg by: “Maar as ek dit nie gesien het nie, sou dit ’n verskil aan my lewe gemaak het dat ek dit nie gesien het nie.”

Die boek gaan ook oor ’n werklikheid wat te groot is vir die mens om te snap: “Sy ore is te swak, sy oë is te swak, sy senuwees, sy alles is te swak.”

’n Lieflike boek waarvan ons waarskynlik nooit weer ’n herdruk gaan sien nie.

6. ’n Keur uit die verhale van J. van Melle – J van Melle

Johannes van Melle word op 11 Februarie 1887 in die dorpie Goes in Nederland gebore. Die jongste van tien kinders. In 1906 kom hy na Suid-Afrika en hou skool op ’n plaas naby Dullstroom. Hy sluit hom in 1914 aan by die Rebellemagte en beland in die tronk hieroor. Sy roman Bart Nel is ’n direkte gevolg van sy wedervaringe.

Van Melle se verhale oor die Afrikaner het my nog altyd diep ontroer. Hy skryf ’n gestroopte, objektiewe prosa wat die innerlike lewe van sy karakters meesterlik weergee.

My 1949-uitgawe van die boek het ’n inleiding deur Uys Krige. Krige praat van Van Melle se meedoënlose medelye – meedoënloos “omdat dit nooit beklemtoon, nee, selfs nie vermeld word nie, maar ons dit deurentyd aanvoel soos ’n stille aanwesigheid agter sy woorde om, iets streng en weerbaar, byna stug, deel van sy “alomteenwoordigheid”.

Lees die drie “Oom”-kortverhale eerste: “Oom Karel neem sy geweer saam”, “Oom Daan en die dood” en “Oom Diederik leer om te huil”. Styl op sy suiwerste, sou Uys Krige dit genoem het.

7. Versamelde Werke I en II – Eugène Marais

Die Versamelde Werke van Eugène Marais in twee lywige dele van ongeveer 1 300 bladsye het pas verskyn by Human en Rousseau. Al sy klassieke werke is hierin: van Die Siel van die Mier en Burgers van die berge tot die pragtige Dwaalstories.

Hoe intelligent is Marais? Sy definisie van die siel gee ’n aanduiding: “Die siel is iets buite die bereik van al ons sintuie wat sekere toestande in die materie veroorsaak, welke toestande binne die bereik van ons sintuie is.”

Hier is nog ’n voorsmakie: “Jy moet ’n miernes beskou as ’n enkele dier waarvan die ledemate, anders as by die mens, nog nie inmekaargesmelt het nie. Een klas is die mond en voedingstelsel, ’n ander is die kloue of horings vir verdediging en ’n ander is die geslagstelsel.”

Wanneer ’n mens gehipnotiseer word, meen Marais, “word daar ’n siel in hom wakker wat in alle opsigte wat sintuigskerpte betref, dieselfde is as dié van ’n diereras wat onder hom staan.”
 
Juweel op juweel en teen R500 ’n winskoop.

8. Herinnering se wei – Afrikaanse skrywers oor hulle jeug

Die volgende skrywers, almal swaargewigte, se jeugherinneringe vorm fassinerende leesstof: Etienne Leroux, Ernst van Heerden, Abraham H de Vries, Elisabeth Eybers, Chris Barnard, NP van Wyk Louw, Elsa Joubert, André P Brink, WA de Klerk, Ingrid Jonker, FA Venter, Dolf van Niekerk en Bartho Smit.
Luister na hierdie uittreksel uit Etienne Leroux se herinneringe:

… die ervarings van my jeugjare is in ’n geheimsinnige waas gehul. Mense, diere en lewenslose voorwerpe was ewe belangrik en inskerpend in hierdie skimwêreld. Iemand is dood, ek ruik kruisement, ek loop op ’n muurtjie tussen aalwyne en vetplante terwyl duisende mense vermoor word, die honde blaf, die diensmeisie se rok is geskeur, die maanblomme verwelk, daar is stemme in die kamer langsaan, die verebed vou my toe, die maan skyn vol op my gesig.

Die foto’s van die skrywers is fraai: Leroux wat met aristokratiese, afgetrokke blik en gevoude arms na sy skoene tuur; Elsa Joubert ’n vrolike Afrikanerdogter met kappie; Ingrid Jonker as selfversekerde klein blondekoppie: en die beste een, André P Brink wat as twaalfjarige ’n dooie rooibok aan sy horings regop hou.

9. Paryse dagboek (versorg deur André P Brink) – Jan Rabie

Jan Rabie het dagboek gehou van sy verblyf in Parys (van 1948 tot 1955) en dit is ’n genot om die Afrikaner-boheem-in-aksie te hoor. Brink skryf in sy voorwoord dat Rabie die stad obsessief verken het – elke hoekie en skuilplek van die stad, wyk vir wyk, buurt vir buurt. Sy naarstige kennismaking met die kuns word geïllustreer deur sy weeklikse besoeke aan die Louvre, “metodies, van hoek tot kant”. Rabie het geldelik gesukkel om kop bo water te hou en moes soms koolblare by die Sentrale Mark optel om aan die lewe te bly. In ’n stadium verkoop hy sy bloed vir 400 frank se koskaartjies.

’n Voorsmaak:

In my straat, Avenue Parmentier, net tien tree van my deur, die Café au Canon des Boërs (Kafee met die Boerekanon). Drink wyn, onthul my aan patron (eienaar). Hy vertel oprigter van kafee (dood nou) het saam met Boere geveg. Gods, maar ek was bly en trots oor hierdie kafee, en in hierdie groot en vreemde stad, jou wragtig langs my deur …

10. Die Jaar Nul – PJ Haasbroek

Die verhaal speel af in Kambodja, waar die Khmer Rouge die “suur en bitter tyd” (peal sur chat) laat aanbreek. Nie net het Haasbroek die bakens van Afrikaanse prosa versit nie (aldus die agterblad van die boek), maar hy maak jou  ongemaklik bewus van die parallelle met die Suid-Afrikaanse situasie.

Ton lon Jin is die hoofkarakter, ’n onderwyser in die skrifkuns, wat die gruwelike dade en manier van dink van die Khmer Rouge eerstehands ervaar: “Hy wou die verskrikking definieer in terme wat aan hom bekend is, maar geen beelde uit die geskiedenis, die poësie, die godsdiens, of uit sy drome was daarvoor voldoende nie.”

Pol Pot se idee was om dokters, onderwysers, slim advokate, laboratoriumtegnici, studente, amptenare, almal wat besmet is deur die moderne beskawing, dood te knip soos insekte. Hospitale en biblioteke, kafees en kantore is aan die brand gesteek, stukkend geslaan, ontruim en gesluit. Die moderne stadsbeskawing moes plotseling en finaal beëindig word sodat ’n nuwe era, Die Jaar Nul, kon begin.

Ontstellend, oorspronklik en uiters leesbaar.

Engels

1. Billy Budd, Foretopman – Herman Melville

Meesterlike woordgebruik wat aan Shakespeare op sy beste herinner en intimiderend goeie karakterisering. Na dese weet ons hoe lyk die Goeie en die Bose. Billy, ’n optelkind, nou in die Vloot, word so beskryf:

Cast in a mould peculiar to the finest physical examples of those Englishmen in whom the Saxon strain would seem not at all to partake of any Norman or other admixture, he showed in his face that humane look of reposeful good nature which the Greek sculptor in some instances gave to his heroic strong man, Hercules. But this again was subtly modified by another and pervasive quality. The ear, small and shapely, the arch of the foot, the curve in mouth and nostril, even the indurated hand dyed to the orange-tawny of the toucan's bill, a hand telling alike of the halyards and tar-bucket; but, above all, something in the mobile expression, and every chance attitude and movement, something suggestive of a mother eminently favored by Love and the Graces; all this strangely indicated a lineage in direct contradiction to his lot … Yes, Billy Budd was a foundling, a presumable by-blow, and, evidently, no ignoble one. Noble descent was as evident in him as in a blood horse.

Die edel Billy word op subtiele en diaboliese wyse ondermyn deur die jaloerse vlootoffisier Claggart. Die boek se einde is hartverskeurend.

2. The Catcher in the Rye – JD Salinger

Dis eers aan die einde van die boek dat jy besef dat die boek se inhoud die sewentienjarige Holden Caulfield se bekentenisse is teenoor ’n sielkundige in ’n gestig. Holden se wedervaringe in New York nadat hy weggeloop het van sy skool, is tegelyk skreeusnaaks, erudiet en hartseer.

Die onderliggende tema van The Catcher in the Rye is nonkonformiteit. Die wêreld gesien deur Holden Caulfield se kritiese, siniese oë is “for Chrissake” so “phoney” dat jy iets kan oorkom daarvan. Sy onderwyser se indrukke (“This fall I think you are riding for – it’s a special kind of fall, a horrible kind. The man falling isn’t permitted to feel or hear himself hit bottom. He just keeps falling and falling”) het net een uitwerking op hom: hy gaap.

’n Geweldig invloedryke boek wat ook indirek tot John Lennon se dood aanleiding gegee het. Die moordenaar het met dié boek in sy hand by Lennon se lyk gewag vir die polisie. Lennon was volgens hom ’n groot “phoney”. Die boek is ook op die bedkassie van ene John Hinckley gekry – die man wat probeer het om president Reagan om die lewe te bring.

3. Red Dragon – Thomas Harris

Die moeder van alle rillers. Die moordenaar Dolarhyde werk in ’n fotolaboratorium en rig sy visier op gelukkige families. Hy verfilm die moorde en kyk agterna tevrede met sy handewerk daarna. Hy streef daarna om te transformeer in Blake se draak in die skildery Die Groot Rooi Draak en die Vrou Geklee met die Son: “The picture had stunned him the first time he saw it. Never before had he seen anything that approached his graphic thought. He felt that Blake must have peeked in his ear and seen the Red Dragon.” Tussendeur trek Hannibal Lecter, die enigste persoon wat agent Will Graham kan help met die moorde, Graham se siel ongenadiglik uit.

Die agterblad van die boek spel dit mooi uit: “Quite probably the most suspenseful, utterly compelling thriller ever written.”

4. Invisible Cities – Italo Calvino

Voor in die boek het ek in 1984 geskryf: “My mooiste boek”. Marco Polo vertel aan die Tartaarse keiser Kublai Kahn van sy (verbeelde) reise. Vyf en vyftig opstelle wat elk ’n wonderlike stad beskryf. My gunstelingstad is Baucis. Die stad is op stelte en jy klim met lere op tot bo. Die inwoners kom nie baie af grond toe nie:

Having already everthing they need up there, they prefer not to come down. Nothing of the city touches the earth except those long flamingo legs on which it rests and, when the days are sunny, a pierced, angular shadow that falls on the foliage.

There are three hypotheses about the inhabitants of Baucis: that they hate the earth; that they respect it so much they avoid all contact; that they love it as it was before they existed and with spyglasses and telescopes aimed downwards they never tire of examining it, leaf by leaf, stone by stone, ant by ant, contemplating with fascination their own absence.”

5. A Clockwork Orange – Anthony Burgess
 
Burgess was blykbaar geïnspireer om die boek te skryf nadat vier soldate sy verwagtende vrou aangerand het. Sy taalgebruik is baie oorspronklik en hy meng ’n soort kleutertaal met Russiese woorde. Dit neem ’n mens egter nie lank om sy skryfstyl te volg nie.

A Clockwork Orange handel oor “your humble narrator” Alex en sy “Droogs” (bendelede) se geweld wat lei tot Alex se inhegtenisname. In die tronk word hy gekies om as proefkonyn te dien vir ’n nuwe antigeweld-behandeling genaamd Ludovico se tegniek. Na die behandeling word Alex naar as hy net dink aan geweld.

Die filmweergawe van Stanley Kubrick kan ten sterkste aanbeveel word.

6. The Bonfire of the Vanities – Tom Wolfe

In The Catcher in the Rye sê Holden Caulfield:

What really knocks me out is a book that, when you’re all done reading it, you wish the author that wrote it was a terrific friend of yours and you could call him up on the phone whenever you felt like it.

Hierdie effek het Wolfe se roman op my gehad.

Die val van ’n hoogs suksesvolle Westerse man as gevolg van politieke korrektheid word uitmuntend uitgebeeld. Sherman McCoy is ’n skatryk effektehandelaar wat een aand betrokke is by ’n ongeluk waartydens sy minnares ’n swart kind doodry. Dat New York ’n stad is waar rassespanning byna tasbaar is, word reeds op bladsy 17 duidelik:

All at once Sherman was aware of a figure approaching him on the sidewalk … it was that deep worry that lives in the base of the skull of every resident of Park Avenue south of Ninety-sixth Street – a black youth, tall, rangy, wearing white sneakers. Now he was forty feet away, thirty-five. Sherman stared at him. Well, let him come! I’m not budging! It’s my territory! I’m not giving way for any street punks!

Daar is geen wenners in hierdie roman nie en Sherman McCoy, die WASP (White Anglo-Saxon Protestant), die Wall Street-aristokraat, die Yale-man se val is nie mooi om te aanskou nie.

7. The Diary of a Writer – FM Dostoyevsky

Die skrywer van The Brothers Karamazov was – glo dit of nie – op sy dag ’n doodgewone joernalis. Elana Stackenschreider, ’n goeie vriendin van Dostoyevsky wat die Russiese kultuurlewe fyn dophou, beweer dat sy dagboekinskrywings, wat hy maandeliks in tydskrifvorm die lig laat sien het, ongelooflik gewild was. Sy skryf in die voorwoord: “Dostoyevsky’s fame was not caused by his prison sentence, not by The House of the Dead, not even by his novels – at least not primarily by them – but by The Diary of a Writer. It was the Diary that made his name known to all of Russia, made him the teacher and idol of the youth …”

Om ’n kykie te kry in een van die grootste skrywers van alle tye se siel, is ’n besonderse voorreg.

8. The Lord of the Rings – JRR Tolkien

Die Suid-Afrikaans-gebore Tolkien se fassinasie met Oudgermaanse en Keltiese mites lewer een van die gewildste boeke ooit op. Interessant genoeg was die boek nie dadelik ’n sukses nie. Eers tien jaar na die boek se publikasie begin sy wêreldwye segetog.

Die filmweergawe is ’n triomf. My gunstelingtoneel kom voor in die tweede film, waar die slag van Helmsee uitgebeeld word. Die getalle-ratio klink verdag baie na Bloedrivier: 400 teen 10 000 aardmonsters en wilde bergmanne.
 
Die boek is al as rassisties beskryf. ’n Kenner op die gebied van kultuurstudies het die volgende te sê gehad oor die boek: "Put simply, Tolkien's good guys are white and the bad guys are black, slant-eyed, unattractive, inarticulate and a psychologically undeveloped horde."

Beleef desnieteenstaande ’n vindingryke skrywer ten volle in beheer van sy karakters en verhaal.

9. Disgrace – JM Coetzee

Soos Dan Roodt opgemerk het in sy rubriek “Grasperk” op LitNet, is JM Coetzee miskien geen Engelse skrywer in die gewone sin nie, al skryf hy ook in Engels. Coetzee se somber, pessimistiese visie van postapartheid-Suid-Afrika het nie ongesiens verbygegaan nie. Die Sunday Herald berig in Oktober 2003:

As austere and as penetrating as any of his apartheid-era novels, Disgrace is set in the morally ambiguous times following the election of Nelson Mandela as South Africa’s first black President. Disgrace suggests that brutal tyranny has been replaced by brutal anarchy.

Die boek het ’n gefladder in die ANC-hoenderhok veroorsaak Met dialoog soos hierdie – Lucy oor haar drie swart verkragters – kan dit nie anders nie:

It was so personal. It was done with such personal hatred. That was what stunned me more than anything. The rest was expected. But why did they hate me so? I had never set eyes on them.

10. The Camp of the Saints – Jean Raspail

Die Franse skrywer se boek Le Camp des Saints verskyn in 1973: “A chilling novel about the end of the White World”. In 1973 skryf Raspail dat daar 28 jaar vanaf dié datum sewe miljard mense op die aarde sal wees, waarvan slegs nege honderd miljoen blank.

Dit is die verhaal van die finale, tragiese einde van die Westerse beskawing. Regoor die wêreld beweeg anderskleuriges met ferme tred na die Weste om van hul eie, onsuksesvolle lande te ontsnap … “an antiworld bent on coming in the flesh to knock, at long last, at the gates of abundance”. Natuurlik gebeur dit deur die Weste se eie toedoen. So liberalisties en humanisties het Westerlinge geword dat hulle geen verdediging bied teen ’n miljoen Indiërs wat met 100 skepe op pad is om hulle in Frankryk te vestig nie.

Die titel is ontleen aan Openbaring 20 vers 9:

En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is … en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel …

’n Belangrike, ontstellende en profetiese boek.

Klara Majola

boontoe

*

Christa Jonker-Jordaan se keuse

  1. Klaprose teen die wind - Marzanne le Roux van der Boon

  2. Die Nes - Eleanor Baker

  3. Johanna se storie - Jan Rabie

  4. Fiela se kind - Daleen Matthee

  5. Die swerfjare van Poppie Nongena - Elsa Joubert

  6. Tiesj - Fanus Rautenbach

  7. Verbeelde werklikheid - Eleanor Baker

  8. Aandmis oor Paternoster - Marzanne le Roux van der Boon

  9. Kringe in 'n Bos - Daleen Matthee

  10. Die ander Martha - Eleanor Baker

Soos julle kan sien, is ek 'n groot Eleanor Baker-aanhanger. Haar heengaan was 'n persoonlike verlies. Ons gaan haar storiewoorde mis. Ek is ook 'n PG du Plessis-aanhanger en lees ook graag Hennie Aucamp.

Vrystaatgroete

Christa Jonker-Jordaan

boontoe

*

James Hendin se keuse

  1. Die Bybel – enige betroubare vertaling

  2. To Kill a Mockingbird – Harper Lee

  3. Din stund på jorden – Vilhelm Moberg

  4. Of Mice and Men – John Steinbeck

  5. Travels with Charlie – John Steinbeck

  6. Gäst hos verklighet – Pär Lagerkvist

  7. Fahrenheit 451 – Ray Bradbury

  8. Die Swye van Mario Salviati – Etienne van Heerden

  9. Anthem – Ayn Rand

  10. The Viking and the Indian – Reider Sherwin

boontoe

*

Maryna Louw se keuse

1.  Koning van Katoren - Jan Terlouw

2.  Die Keiser - Bartho Smith

3.  Moerbeibos - Dalene Matthee

4.  Wegkomkans - Marita van der Vyver

5.  Vergenoeg - Marita van der Vyver

6.  'n Droë wit seisoen - André P Brink

7.  Die kreef raak gewoond daaraan - André P Brink

8.  Die swye van Mario Salviati - Etienne van Heerden

9.  In stede van die liefde - Etienne van Heerden

10. Agaat - Marlene van Niekerk

boontoe

*

Godzilla se keuse

Dagsê. 'n Mens kan seker nooit genoeg lees nie. My gunsteling-genres is beslis wetenskapfiksie en fantasie. Hierso dan my lysie van gunstelingboeke/-outeurs, in geen spesifieke volgorde nie:

1. Isaac Asimov – sy Foundation-sage, asook sy kortverhale, oa "I, Robot" en "The Black Widowers"-reeks

2. Frank Herbert – sy "Dune"-sage

3. Margaret Mitchell – Gone with the Wind

4. Emily Brontë – Wuthering Heights

5. Ayn Rand – The Fountainhead

6. Terry Pratchett – sy "Discworld"-reeks, asook Good Omens (saam met Neil Gaiman) en The Science of Discworld I, II en III (met Ian Stewart en Jack S Cohen)

7. Douglas Adams – sy Hitchiker's guide to the galaxy-reeks, asook sy Dirk Gently-boeke en Last chance to see (met Mark Carwardine)

8. Roald Dahl – al sy kortverhale

9. Kleinboer – Kontrei

10. JRR Tolkien – The lord of the rings

Ongelukkig is ek baie traag om Afrikaanse fiksie te lees. Ek verslind wel enigiets deur Kleinboer, Koos Kombuis en Nataniël.

Vriendelike leesgroete

Godzilla

boontoe

*

Valerie van Goodwood se keuse

My tien gunstelingboeke in volgorde:

1. Annerkant die longdrop - Anoeschka von Meck (Ek het hom seker tien keer deurgelees en ken gedeeltes van die boek uit my kop uit.)

2. Triomf - Marlene van Niekerk

3. Spud - John van der Ruit (Lees was nog nooit so lekker nie!)

4. Die swye van Mario Salviati - Etienne van Heerden

5. Feniks - Deon Meyer

6. Vatmaar - AHM Scholtz

7. Bidsprinkaan - André P Brink

8. Moerbeibos - Dalene Matthee

9. Suidpunt Jazz - André Letoit

10. One child - Torey Hayden

boontoe

*

Natasha Opperman se keuse

Haai daar

Hierdie is my gunsteling boeke, ook nie in 'n spesifieke volgorde nie:

1. Hold my hand I'm Dying - John Gordon Davis

2. The Pact - Jodi Picoult

3. Disgrace - JM Coetzee

4. The Da Vinci Code - Dan Brown

5. The Number - Johnny Steinbeck

6. Ons is nie almal so nie - Jeanne Goosen

7. Triomf - Marlene van Niekerk

8. Agaat - Marlene van Niekerk

9. Wegkomkans - Marita van der Vyver

10. Die swye van Mario Salviati – Etienne van Heerden

Groete

Natasha Opperman

boontoe

*

Francois Williams se keuse

Hierdie is my top 10-boeke – net vir vandag egter, en meestal fiksie vir die oomblik!! Alhoewel, die eerste twee of dalk drie boeke sal elke slag in wees ... ongeag wanneer ek my lysie opmaak ... Hou asb in gedagte dat ek al hierdie boeke gelees het in my vroeëre of latere tienerjare, thus excuse me indulging in fond memories every now and again!

1. Zorba the Greek - Nikos Kazantzakis

Ek het hierdie boek net een maal gelees, lank terug, en dit het my derms uitgemergel, maar ek gaan dit weer eendag lees, en ek wil baie graag die fliek sien ook.

2. Die Drakeskepe (The adventures of Rode Orm) deur Frans Bengtson
'n Werklik wonderlike boek oor die avonture van 'n Wiking. Ek het die boek al minstens 100 keer gelees, al duisend plus bladsye, en soek dit alweer met 'n seer hart! Die skrywer was 'n tydgenoot van Tolkien in meer as een opsig, en ook 'n professor in Oudgermaans.

3. Mens Alleen - Jan Rabie (21 is ook baie goed, en al sy grensverhale)

4. The Chinese Bandit - Stephen D Becker

Set against the turmoil of China in 1947, when guerrillas, warlords, Japanese deserters, the Chinese Communists and the Nationalists were criss-crossing the countryside, the novel begins in Peking and ends in the snowy mountains of Central Asia. The Chinese bandit is Jake Dodds, a brawling, drinking, womanising Marines sergeant of 31, wartime hero and peacetime bum, fluent in Chinese and conniving on the black market with a fat, wily old entrepreneur named Kao. When Jake clobbers a general in a whorehouse brawl and nearly kills him, his future looks like ... etc.

5. Die Horing van Roland (Kan nie meer die skrywer wat dit vertaal het, onthou nie.)

Groot prosa, koning Karel, die arme Roland, die Sarasene en die Franke. Grettir die Sterke, die Ou Yslandse Saga was ook van dieselfde stoffasie gemaak, indien iemand sou belangstel.

The Sagas of Icelanders are not typical heroic literature, but rather stories of flesh-and-blood humans burdened with a heroic legacy. Grettir is the strongest of all men, and battles with men and berserks, tom-dwellers,  ghosts, bears, giants and monsters - defeating them all. Grettis Saga is a hero-centred story bearing many of the characteristics of a good novel: introduction, climax, and dénouement. It is nonetheless clear that the story is based on real-life events and people who lived in Iceland around the year 1000. Though Grettir himself is no longer among us, his story lives on in print and in people’s minds. Many places in Iceland, including a number of well-known historical sites, are named after him. Most of these place names are in Húnaþing vestra county – as Grettir was born at Bjarg in Miðfjörður fjord. All over Iceland are giant “Grettistök”, huge stones that Grettir is said to have wrestled with. Grettis Saga makes specific reference to several of them. A plaque commemorating Grettir’s mother, Ásdís, has been erected at Bjarg. Also at Bjarg are stone markers describing the places relating to Grettis Saga: the hillock where once stood the church that Ásmundur, Grettir’s father, had built; two Grettistök with which Grettir is said to have wrestled; and Grettisþúfa, where Grettir’s head is buried.

6. Rooi Maan en Somerdag - Herbert Kaufman

7. Somer van die Rooi Gariep

Pragtig en misterieus, Omri en die strandwolf en die Korannas, die Gariep Rivier ... maar wie is die skrywer? Nog 'n soortgelyke boek waarvan ek baie gehou het, was Die Perdevanger. Die skrywer was 'n vrou met 'n Spaanse naam.

8. Romeo and Juliet – William Shakespeare

Klink soos 'n cliché, maar dis werklik 'n kragtige stuk skryfwerk. Trouens net soos Don Quixote, en selfs dele van Dante se Inferno, Faustus, Siegfried van die Niebelunge, Robin Hood en Lawrence of Arabia.

9. Huckleberry Finn/Tom Sawyer - Mark Twain

Ongetwyfeld die beste boeke ooit uit Amerika ... saam met Death of a Salesman (Arthur Miller), byvoorbeeld. White Fang was ook puik.

10. Die Weg van Lao Tse

Die Afrikaanse vertaler was 'n digter – ek dink dit was Walters – dit is natuurlik oorspronklik die beroemde Tao Te Ching van Lao-Tsu, wat beskou word as dalk die oudste boek ooit geskryf, tussen 800 tot 300 vC en wat uit slegs 5 279 Chinese karakters bestaan. Dit het my baie geïnspireer, soos trouens baie voor my ook.

Die eerste vers:

The tao that can be told
is not the eternal Tao
The name that can be named
is not the eternal Name.

en die laastes:

True words aren't eloquent;
eloquent words aren't true.
Wise men don't need to prove their point;
men who need to prove their point aren't wise.

The Master has no possessions.
The more he does for others,
the happier he is.
The more he gives to others,
the wealthier he is.

The Tao nourishes by not forcing.
By not dominating, the Master leads.

Hierdie vertaling is nie sleg nie.

The popularity of the Tao Te Ching is reflected in the vast number of commentaries that have been written: over 350 have been preserved in Chinese, about 250 in Japanese. Since 1900 more than 40 translations have appeared in English.

boontoe

*

Varkspek se keuse van niefiksie-boeke

Mense lees biografieë omdat hulle in die persoon of in die geskiedenis van die tyd belangstel. Ek het my eerste een gelees net omdat dit omtrent al boek in die huis was wat ek nog nie gelees het nie. Dan raak jy versot daarop, want dit gaan altyd oor die verlede tyd, vergange se dae, toe alles nog romanties en ordentlik was, reg? Moenie glo nie! Daardie mense het ook maar elkeen sy stryd gehad, dinge was by tye woes, bloed het soms gevloei. Hulle koeëls of spiese en swaarde was maar net so dodelik soos ons s’n vandag!

Hier volg my top 10-niefiksieboeke. Soos vir almal, is dit vir my ook maar moeilik om dit in voorkeurorde te plaas, maar ek dink tog die eerste vyf is my allergunstelinge.

  • Die groot verlange – Leon Rousseau

Die verhaal van Eugène Marais se lewe, gemaklik om te lees. Oor die groot genie wat sulke mooi gediggies kon skryf en tegelyk onderhoudend kon vertel oor sy studies in die natuur. En oor die politiek van sy tyd. Alles te midde van sy stryd teen morfienverslawing …

  • The soul of the white ant – Eugène Marais

(Vertaal deur Winifred de Kock, 1973-uitgawe)
So eenvoudig geskryf ‘n kind kan alles volg, dog briljant en meesleurend.

  • Memoirs – Admiral Doenitz

(Oorspronklike Duitse titel: Zehn Jahre und Zwanzig Tage)
Doenitz het onder in die vloot begin en uiteindelik was hy hoof van die Duitse vloot tydens die laaste Groot Oorlog. Vir die laaste twintig dae van die Derde Ryk is hy aangestel in Hitler se plek om die kastaiings uit die vuur te krap. Die boek gee ‘n ander perspektief op gebeurtenisse tydens die oorlog waarvan ons gewoonlik net die Britse weergawe hoor. Na die oorlog is hy saam met ander aangekla van oorlogsmisdade, maar hulle het hom net skuldig bevind daaraan dat hy “deel gehad het aan die voer van ‘n oorlog van aggressie” of iets dergliks. Dit was ‘n opgemaakte klag wat nie bestaan het toe die oorlog uitgebreek het nie. Sy verweer het daarop neergekom dat hy as soldaat verplig was om deel te neem. Hy is tien jaar tronkstraf opgelê.
Op plekke is die boek tegnies, omdat dit gaan oor probleme met duikbote en die snellers van die torpedo’s se pistole.

  • Sunflower to the sun – Valerie Rosenberg

Oor die lewe van Herman Charles Bosman
Uitgegee 1981. Daar het onlangs ‘n heel nuwe biografie verskyn.

  • Karoo  Lawrence G Green

Die skeidslyn tussen feit en fiksie vervaag miskien partymaal in die oulike staaltjies wat vertel word.

  • Commando – Deneys Reitz

Sy wedervaringe tydens die Engelse oorlog, veral saam met generaal Jan Smuts op kommando in die Kaapprovinsie.

  • Dear me – Peter Ustinov

Oor sy lewe, uitgegee 1978.

  • Plutarch’s Lives – Vertaler: John Dryden

Plutargos is omstreeks 50 nC in Griekeland gebore; sy sterftedatum weet ek nie. Hy het ‘n aantal lewensbeskrywings van bekende Romeine geskryf wat vanaf ongeveer 234 tot 30 vC geleef het. Caius Julius Caesar was een van hulle. Dit blyk dat Shakespeare die geskiedenis en van die uitdrukkings in sy drama by Plutargos gekry het. Waar Caesar in Shakespeare se drama bv sê: “Let me have men about me who are fat …/ Yon Cassius has a mean and hungry look …/ … such men are dangerous …”, het daar in een van die vertalings van Plutargos die volgende voorgekom: “What will Cassius do, think ye? I like not his pale looks … As for fat men, I never reckon on them; but these pale-visaged and carrion-lean people, I fear them most.” Op ‘n plek gebruik hy blykbaar Plutargos se woorde waar Markus Antonius by Caesar se lyk sê: “Oh, pardon me, thou bleeding piece of earth, that I am meek and gentle with these butchers.”

  • The autobiography of Benvenuto Cellini

‘n Goudsmid en beeldhouer in Italië rondom 1540 nC. Baie kleurryke en lewendige karakter. Van sy stukke is steeds behoue en beroemd; as ek reg onthou, is die een ‘n sout en peperstel.

  • The autobiography of Benjamin Franklin

Nog ‘n groot genie wat ‘n opwindende lewe gehad het. ‘n Amerikaner, omstreeks 1706 gebore.

boontoe

*

Bobbejaanboer se keuse

Dis moelik om uit te sonder en weg te laat. Ek bewonder diegene wat met soveel finaliteit hulle top 10 kan neerpen. Vir my is my boeke almal vriende, en dis of ek dié wat ek uitlos, versaak en in die steek laat. Daarom nie in volgorde van belangrikheid nie. Dan is ek ook nog ‘n komplekse karakter wat op verskillende fases van my lewe deur verskillende smake wroeg met alles,  insluitend boeke.

Afrikaans

1. Triomf – Marlene van Niekerk

Weer en weer gelees. Hoef nie verder iets te sê nie.

2. Magersfontein o Magersfontein – Etienne Leroux

In my hoërskooldae geskryf,  en diep indruk op my gemaak as jong ontluikende tiener wat die wêreld skielik deur sy eie oë begin sien. Was bevoorreg om met die oom self te kon praat oor dié en ander werke,  en hy het ‘n woeste indruk op my gemaak.

3. Toorberg; Swye van Mario Salviati – Etienne van Heerden

Lekker man,  lekker. Wil hom en Deon Meyer eintlik op dieselfde rak sit.

4. Alles van Jan Rabie en Karel Schoeman

5. Dwaalstories; Versamelde werke; Siel van die mier – Eugène Marais

Hoe het ek nie begeer om net dié man te kon ontmoet en met hom net een lang gesprek te kon voer nie.

6. Geknelde land ens – FA Venter

Hy was sy tyd vooruit. Wonderlike boeke vir my as kind,  en my kinders het hulle net so geniet.

7. Versamelde Werke – CJ Langenhoven

Vir my een van die grootmenere.

8. Bart Nel – J van Melle

Op wie het dié boek op ‘n sekere tyd van ons lewens nie ‘n indruk gemaak nie?

8. Oupa Landman se Viool

Kan nie die skrywer onthou nie,  en die boek is in ‘n boks tans saam met Somer,  
Gilliam Woudberg,  die Lafras Kuiper-reeks,  Uit oerwoud en vlakte,  Die Uile,  Frits Deelman,  Fanie se Veldskooldae en Fanie die grootwildjagter. Sodra ek klaar getrek het,  kom hulle uit.
*Die skrywer is GJ Joubert

9. Raka – NP Van Wyk Louw

Weer en weer gelees,  en sukkel nog steeds. Ek vermoed ek mis ‘n kragtige boodskap.

10. Die Bybel

Hoewel ek glo dit is die woord van my God,  glo ek hier is ook baie fiksie. Dit is die Afrikaanse boek wat ek nog die meeste gelees het,  die meeste besprekings oor bygewoon het, en die minste verstaan van alle boeke. Dit lyk ook vir my of dit die boek is wat die meeste deur slim en dom mense misverstaan en verkeerd geïnterpreteer word. En juis deur mense vir die teenoorgestelde doel ingespan word as waarvoor dit geskryf is.

Engels

1. Reilly’s Luck – Louis L’amour

Ek het nie met ‘n sterk pa-figuur grootgeword nie. Ek het dus orals na so iets gesoek. In dié skrywer se boeke het ek waardevolle lesse gekry oor manlikheid,  eerlikheid,  moraliteit en hoe ‘n ware man in sekere situasies optree. Klink goedkoop, maar gaan lees maar sy boeke. Dankie, oom Louis!

2. House of God – Samuel Shem

Deesdae baie boeke en TV-reekse oor hoe dit regtig in medisyne gaan. Dié was een van die eerste boeke wat tot op die been gesny het.

3. Of Mice and Men – John Steinbeck

Oor dié en sy ander werke kan ek vir ure praat. In die dae toe ek nog kon huil, het hy my laat huil.

4. World according to Garp – John Irving

Vir my ‘n meester, en ek lief al sy boeke.

5. Don Quixote – Miguel de Corates

Onuitwisbare indruk op my gemaak. Lees dit weer en weer.

6. Switch BitchtotCharlie and the Chocolate Factory – Roald Dahl

Al sy boeke is van my beste vriende by wie ek gereeld inloer.

7. Infanta – Deon Meyer

Ek verkul deur hom by die Engelse kant in te sit, want ek het al Deon Meyer Afrikaanse boeke op my rak.

8. The unbearable lightness of being – Milan Kundora

Gelees in ‘n tyd toe ek nog baie wyn gedrink het.

9. Jonathan Livingstone Seagull en Illusions – Richard Bach

Seker maar oor die ontsnapping.

10. Angels and Demons en The Da Vinci Code – Dan Brown

Laat my diep diep dink en sy navorsing is ongelooflik goed gedoen. Sekerlik die boeke in die afgelope tyd wat my denke die meeste vasgevang het.

11. The Prophet – Kalil Gibran

Boekie wat al verslete raak in my tas. Ek lees hom deur. En deur. En deur. Soos in op.

En dan is Asterixen sy tjomme my groot gunstelinge, maar omdat dit nie fiksie is nie, maar inderdaad biografies, en ‘n akkurate gekiedkundige weergawe, kom dit nie hier nie. Hoekom anders is daar deesdae so min menhirs en wild boars?

Ek voel jammer vir die ander vriende wat ek nie hier noem nie, maar as julle hulle nie sê nie, sal ek ook nie.

Groetnis

Bobbejaanboer

LitNet: 13 Junie 2006

Wil jy deelneem? Stuur jou boeklysie na webvoet@litnet.co.za vir plasing. Vertel vir ons gerus hoekom jy die boeke gekies het of watter indruk dit op jou gemaak het – dis egter nie verpligtend nie.

Wil jy reageer op hierdie boeklys? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.