Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nog lesers sê watter boeke haal hul top 10-lyste

Die keuse van:

Neem asseblief deel deur 'n brief te stuur aan: webvoet@litnet.co.za

Koos Kombuis se keuse

1. The Fall - Albert Camus (Die enigste romanskrywer wat Roald Dahl kon klop in terme van woordekonomie en perfekte balans van "plot".)

2. Triomf - Marlene van Niekerk (Ek is groen van jaloesie, want hierdie is waarskynlik die Groot Afrikaanse Roman.)

3. Raka - NP van Wyk Louw (Heart of Darkness, eat your heart out.)

4. A Spaniard in the Works - John Lennon (Meer heerlik niksseggend as "all mumsy were the borogroves".)

5. 21 - Jan Rabie (So tydloos se De Kleine Johannes.)

6. The Little Prince - deur 'n Franse skrywer wie se naam ek nie kan spel nie. (Dis jare terug aan my geskenk deur 'n ex-girlfriend en ek treasure dit nou nog.)

7. Tussen Hemel en Aarde - deur Tinus Horn en 'n pel van hom wie se naam ek vergeet het. (Is die "graphic novel"-genre in Afrikaans gebore voor die mark daarvoor reg was?)

8. Desolation Angels - Jack Kerouac ('n Lekkerder, dikker leeservaring as Kerouac se meer bekende boeke.)

9. Om te Vlieg - Breyten Breytenbach (Sal graag wil sien of iemand dit kan verfilm?)

10. Duiwelskloof - André P Brink (Ek is geen fan van Brink nie, maar hierdie ene het my geraps.)

On the outside looking in: Harry Potter, Kontrei, Lord of the Rings, Whale Nation en Country of my Skull.

Koos Kombuis

boontoe

*

Martie Preller se keuse

As ek lees, wil ek ingetrek word in die storie, vergeet dat ek besig is om 'n boek te lees, en deel word van die storie. 'n Goeie storie is vir my 'n ervaring. En soos met alle ervarings onthou mens selektief ná die tyd. Dus is dit vir my onmoontlik om berekenend na my geliefkoosde boeke te kyk en hulle teen mekaar op te weeg of te beoordeel. Hier is dus die boeke wat vanoggend in my kop opkom as van my geliefkoosde boeke.

Nie alle boeke (ook nie die sogenaamde "classics" nie) praat met alle mense nie. Ek sit maklik 'n boek neer wat my verveel. Cold Mountain het my so "koud" gelaat. Soveeel mense het hom aanbeveel. Ek was moeg van die verveling kwartpad in die boek. Maar dit beteken dalk net die boek het nie vir my gewerk nie, of ek was nie in die bui vir die boek nie, of ek het 'n weerstand opgebou teen nog 'n boek wat mens "moet" lees. Ek is bly ander het dit geniet. Ek moet maar aangaan sonder Cold Mountain. Soos die vrou gesê het: "Life is too short to stuff a mushroom." Daar is te veel ander sappige boeke om te lees
as om 'n (vir my) vervelige boek te lees. Lees is 'n persoonlike
ervaring.

1. Al John Steinbeck se boeke - Cannery Row miskien heel voor, veral ook vir daardie begin-paragraaf! Sjoe. En Grapes of Wrath se karakters is nie baie indrukwekkend aan die begin nie. Selfs irriterend. Maar hy verander die leser se persepsie van hulle deur die loop van die boek. Aan die einde dink jy hulle is manjifiek. Jy het verander. Nie hulle nie. Wow, om dit reg te kry!

2. The World according to Garp (John Irving) was net-net leesbaar vir my en ek het dit geniet. Maar, oooo: A prayer for Owen Meany is 'n aangrypende boek. Mens voel van die begin af daar gaan iets gebeur wat jy nie wil hê moet gebeur nie ... en die storie stuur af op daardie onafwendbare einde en jy kan dit nie neersit nie.

3. Al Langenhoven se goed is nog steeds skreeusnaaks. Brolloks en Bittergal het my egter rasend bang gehad as kind. En ek kon dit nie uitlos nie! Dié spesifieke boek uit Langenhoven se Versamelde Werke het naderhand vanself oopgegaan by daardie storie om my weer en weer in te lok ...

4. God of Small Things was verruklik. Ek kan nie die skrywer se naam onthou nie. Ek dink dis omdat ek nie wil nie, want "dis nie fair nie”, soos my jongste altyd gesê het, dat mens met jou eerste boek so 'n boek kan skryf. En ek is bevrees meer mense het dit al reggekry!

5. Eugène Marais se Dwaalstories sing in Afrikaans. Dis wonderlik. Ek lief dit.

6. Ira Levin se Rosemary's Baby het ek as student gelees op besoek aan die Wankie-wildtuin. Almal het al geslaap en dan kan ek nie die boek neersit nie, en elke keer as die yskassie homself aanskakel, soos yskaste maak, het ek myself omtrent uit die bed gelanseer van skrik. En alles is natuurlik nagdonker en die ligte ook maar flou, want dit was laaaank gelede. A Kiss before Dying is net so goed geskryf! Scary stuff. Dis nogal baie "understated" geskryf, waarvan ek hou. Dan kan die verbeelding dit erger maak as wat die skrywer ooit sou kon as hy of sy meer eksplisiet geskryf het.

7. Tandkitaar van Marietjie de Jong. 'n Prenteboek wat my kinders gelees het. Jare gelede. Dis lieflik geskryf. Hulle kon die boek opsê. Ek ook:"Daar was 'n heks met net een tand. Net een tand aan die suide-kant …" :) Braam en die Engel van dieselfde skrywer is ook wonderlik. Van die eerste boeke wat ek vir my kinders gegee het om te lees na hulle deur die "kinder"-boeke is, was Lord of the Flies van William Goldman. WOW!

8. One Hundred Years of Solitude. Jaaaa. Al is die name soms verwarrend. Seker omdat dit Spaanse name is. Maar daar is 'n familieboom waar ek ook elke keer moes tjek wie dit nou hierdie is. Dis ongelooflik bondig geskryf, maar mens ervaar 'n mens se lewe in 'n paragraaf. Die boek se einde is saam met Grapes of Wrath s'n sekerlik van die uitsonderlikste wat ek nog ooit gelees het.

9. Al die Russiese romanskrywers. Omtrent. Ek wonder of hulle iets spesiaals geëet het daardie tyd om daardie boeke voort te bring! Thomas Mann se Magic Mountain - dik boek ook - maar sjoe. Mens is ook daar saam bo in die berge in die sanatorium met tyd wat so nie wil verbygaan nie.

10. En daar trek ek al klaar by 10! Ek lief 'n lekker speurverhaal. PD James, natuurlik. Baie ander. Wonderlike reeks wat ek nou die name van vergeet het, wat in Delhi afspeel, van 'n Indiese speurder. Silence of the Lambs (die boek) is baie, baie meer scary as die fliek. Al Kundera se boeke. Voor die voet. The unbearable lightness of being sekerlik amper heel bo van alle boeke. Net die naam alleen sê wêrelde. Michael Ende se Momo: die geslepe grys menere wat mense se tyd so steel! Saul Bellow se Humbold's Gift is ook stunning. En sy Hertzog. Rushdie se Midnight's Children! Calvino se If on a Winter's Night the traveller. Eco se boeke. Druk ek nou nog 'n paar laaste name onder 10 in. Daar is so baie. Ek het ook nie krag om die meeste van James Joyce se boeke te lees nie. Een van my seuns lees (al laank!) Finnigan's Wake. Onleesbaar vir die meeste. Hy geniet die spel met woorde. En rapporteer dan en wan ’n stukkie. Die wonderlikste sin wat ek dink ek al ooit gehoor het, het ek so gehoor omdat hy dit lees. Dis nie heeltemal reg aangehaal nie, maar hier is dit: “They lived and loved and laughed and left.” Menswees in 'n akkerdop.


Groetnis en lekker lees

Martie Preller

boontoe

*

Andries Wolmarans se keuse

1. Angels and Demons – Dan Brown

2. The Fourth K – Mario Puzo

3. Cry, the beloved country – Alan Paton

4. The Fountainhead – Ayn Rand

5. Moerbeibos – Dalene Matthee

6. Die swerfjare van Poppie Nongena – Elsa Joubert

7. A Painted House – John Grisham

8. As the crow flies – Jeffrey Archer

9. To Kill a Mockingbird – Harper Lee

10. Lie to me – David Martin (Nie vir sussies nie.)

Andries Wolmarans

boontoe

*

Jan Rap se keuse

Noudat ek so’n lys moet saamstel, kom ek agter hoe min ek eintlik deesdae lees. Die boeke wat ek kan onthou, is dan noodwendig dié wat die grootste indruk op my gemaak het en as iemand dieselfde genot daaruit put as wat ek daaruit geput het, gaan dit definitief sy of haar lewensgehalte verhoog.

Boeke

Smallcreep’s Day – Peter Brown

Poer! – Lukas Iemand , kan nou nie dadelik op sy van kom nie .

The World According to Garp – John Irving

Geknelde Land ens (trilogie) – FA Venter

HMS Ulysses – Alistair McLean

Day of the Jackal – Frederick Forsyth

Billy Liar en Billy Liar on the Moon - Keith Waterhouse

Report on Probability A – Brian Aldiss

First Man on Mars- Leonard Melling

Twilight of the Vilp – Paul Ableman

The Turner Diaries – Andrew MacDonald. Bietjie van ‘n kontroversiële boekie; moet liefs vermy word deur ras-sensitiewe lesers. Wat my maak die ding onthou het, is dat ek hom in die vroeë tagtigs gelees het en die goed het so die een na die ander waar geword. Uncanny, soos die Engelsman sou sê.

Nou ja, dis tien (beskou FA Venter s’n maar as een dik boek). As ek die lys môre sou opstel, sou hy waarskynlik bietjie anders lyk, maar dit is wat ek dadelik kon onthou, so ek moes die goed geniet het. Dink nou aan White Fang, Moby Dick en Jock of the Bushveld.

Die volgende moes eintlik hier bo ingesluit gewees het, maar omdat dit kortverhaalbundels is, hou ek hulle maar apart:

21 – Jan Rabie

Switch BitchRoald Dahl

XXXX – Frederick Forsyth

The best of O. Henry - O. Henry

Seventeen Times Infinity – Verskeie skrywers

Pasop vir Jan Tatarat – Audrey Blignaut

Dan is daar nog die kinderboeke – die boeke wat jou lus gemaak het vir lees. Ek moet die paar noem waaraan ek nou vinnig kan dink:

Swart Luiperd-reeks – Braam le Roux (Meiring Fouché het later voortgegaan.)

Alleen op die Wêreld – Hector Malot. Hierdie boek kon ek in st 4 nie neersit nie. Ek het hom nou die dag weer probeer lees, maar kon net nie in die ding inkom nie.

Olof die Seerower -reeks. (Seker ook waar my voorliefde vir Olof Bergh begin het.)

Vreemde Legioen -reeks. Kan nie die skrywers van hierdie reekse onthou nie.

Die Uile van Kranskop . (Kon nooit eintlik vat kry aan die Keurboslaanreeks nie.)

Helde van die Hervorming -reeks – CM de Leeuw. Veral die een oor John Knox het my amper beweeg om predikant te word.

Skin and Bones – Thorne Smith

Himmelsvolk – Waldemar Bonsels

Vlekkie (‘n Foksie op ‘n skip) . Die Bottelaar (‘n soort van ‘n robot). Die Skatkis (dis nou ‘n versameling boeke wat elke kind moet hê). Dan natuurlik die Trompi e-boeke van Topsy Smith – seker deur elke kind gelees. (Ek moet sê die TV-reeks het die herinneringe in ‘n groot mate vir my bederf.)

Dan is daar al daai “annuals” van die Engelse (ek het mos half tussen die spul grootgeword) – die lekkerste goed om te lees. So ook daardie tekenboekies soos Battler Briton ens. Miskien is dit die tekeninge van die vliegtuie wat my beïndruk het. En die Beano! Wie ken die Beano? Ek kan nie onthou dat ek al ooit lekkerder gelag het as vir daardie klomp strokiesprente nie.

Mens moet ook seker, volledigheidshalwe, die skrywers noem van wie mens nie hou nie. Wilbur Smith is nommer een op daardie lys van my. James Hadley Chase kon ek ook nooit lekker aan lees nie (terloops, ek is oortuig meer as een ou het onder hierdie naam geskryf). Seker per ongeluk begin met die verkeerdes in beide hierdie gevalle. Nog een is André P Brink – te on-Boers vir my (maar hy sal hom wat verbeel om saam met iemand soos James Hadley Chase genoem te word).

Jan Rap

boontoe

*

Estian Bosch se keuse

Ek lees meestal boeke wat my, rasioneel en feitelik, meer kan leer van hoekom die mens bestaan: van ons eenvoudigste oeroue vorm van lewe tot en met die hedendaagse magsbeheptes.

Hier volg my 10 gunstelinge:    

1.  The blind watchmaker, Richard Dawkins

"Toevallig ontdek" in Exclusive Books. Die woorde: “...- is the only answer to the biggest question of all; why do we exist?" het my aandag dadelik en vir altyd geboei.

2 tot 6.  The selfish gene , Unweaving the rainbow, River out of Eden, The extended phenotype, A devil's chaplain, Richard Dawkins.

You come out feeling lean, tuned and enormously more intelligent”, John Carey (Sunday Times).

7. Jacob's Ladder, Henry Gee.

Weer eens: "A groundbreaking history of mankind's attempt to answer one of the greatest questions that has preoccupied us: HOW DID I GET HERE?"

8. The journey of man, Spencer Wells.

En nogmaals: “ It is an enthralling, epic tour through the history and development of early humankind – relying not on archaeological or historical speculation but on analysis of human genetics to provide definite answers to questions we have asked for centuries. Questions which, in an age obsessed by our biological inheritance, are more compelling than ever.” 

9. Ecological intelligence, Ian McCullum.

Waarom? “ He argues that understanding and reinforcing the evolutionary bonds that interconnect us with all life will lead to a greater sense of proportion and of our place in the world.”

10. A concise history of the modern world, William Woodruff.

“We cannot hope to understand the present, contends Woodruff, without knowing about the past.”

Hier volg my swakste :

Die Bybel (Ou en Nuwe Testamente)

Dit het my absoluut niks geleer nie.

Estian Bosch

boontoe

*

Liezel se keuse

Aaaaahhhh! Om te kan lees!

Afrikaans

  • Triomf - Marlene van Niekerk
  • Duiwelskloof – André P Brink
  • Op soek na Generaal Mannetjies Mentz – Christoffel Coetzee
  • Vaselientjie – Anoeschka von Meck
  • Stoetmeester – Etienne van Heerden
  • Die ryk van die rawe – Jaco Fouché
  • Werfbobbejaan of Jakkalsjagter – Alexander Strachan
  • Kennis van die Aand – André P Brink
  • Afskeid en Vertrek – Karel Schoeman
  • Moerbeibos   - Dalene Matthee

Internasionaal

  • Borderliners – Peter Hǿeg (Hoeg)
  • Steppenwolf – Herman Hesse
  • Love in the time of cholera – Gabriel Garcia Marques
  • The Joker – Milan Kundera
  • Alice in Wonderland – Lewis Carrol
  • Disgrace – JM Coetzee
  • The life of Pi – Yann Martel
  • Narcissus and Goldmund – Herman Hesse
  • The Little Prince – Antoine de Saint-Exupéry
  • The story of the stone (The dream of the red chamber) – Cao Xueqin

Liezel

boontoe

*

Willa se keuse

1. The Hobbit  – JRR Tolkien

2. Lord of the Rings – JRR Tolkien

3. Anna Karenina – Leo Tolstoi

4. Cannery Row – John Steinbeck

5. I heard the owl call my name – Margaret Craven

6. Czardas – Diane Pearson

7. Quo Vadis? – Henryk Sienkiewicz (soos vertaal deur Jeremiah Curtin)

8. East of Eden  – John Steinbeck

9. Of human bondage  – Somerset Maughm

10. Kambrookind  – FA Venter (alhoewel dit seker nie tel nie want dis outobiografies)

As ek moet sê waarom juis hierdie 10 boeke, dan is dit seker omdat ek hulle almal so al om die tweede jaar weer met genot deurlees, en dan voel asof ek vir die eerste keer met die karakters, wat vir my soos ware mense geword het, kennis maak.

Willa

boontoe

*

Roof se keuse

Hier’s my lys van tien boeke. Elke dag voel ek anders daaroor. Dis nogal ʼn insiggewende proses om die lys op te stel. Ek dink ek lees te min Engels. Ek sien dis meestal deur wit mans geskryf en ek voel skuldig daaroor, maar dis almal boeke wat my anders na dinge laat kyk het op verskillende maniere.

Afskeid en vertrek – Karel Schoeman. ʼn Apokaliptiese boek oor Kaapstad iewers in die toekoms vanuit ʼn perspektief iewers in die verlede. Dit gaan oor hoe mense vertrek as dinge om hulle in duie stort. Ander bly agter en emigreer na binne.

Agaat – Marlene van Niekerk. Om dit te lees is soos om die storie te droom. Is dit ʼn roman of een lang gedig? ʼn Mens kan dit as albei lees. As ʼn mens in jou lewe net een Afrikaanse boek kan lees, moet dit hierdie een wees. Jy kan dit nie in ʼn blik druk nie.

Disgrace – JM Coetzee. Dis ongelooflik hoe Coetzee sy karakters kan opstuur. David Lurie word ʼn patetiese figuur. Twee verkragtings word teenoor mekaar opgestel. Polities-korrekte lesers sukkel om die boek te waardeer. Ek dink hulle mis dalk baie.

Hierdie lewe – Karel Schoeman. Die vertellings van ʼn vrou aan die einde van haar lewe. Hier is dieper insig in ons verlede as wat jy in enige akademiese teks sal kry. Die ontstaan van klein dorpies, gevegte oor grond, die rol van vroue, en die politiek van geletterdheid. Dit klink nou droog. Die boek is nie.

Kniediep – Harry Kalmer. ʼn Boek sonder pretensie wat byt. Kalmer skryf met ʼn wrang humorsin oor die Johannesburg wat ons so haat en so mal oor is. X-Ray Visagie en die vinger van god, asook Die man met die dertien kinders kan ook maar op die lys wees. Sal iemand asseblief sy dramas publiseer!

Miss Smilla’s feeling for snow – Peter Høeg. Met die eerste oogopslag net ʼn populêre speurverhaal – ʼn lekker een. Onder die oppervlak is diep insig oor anders wees in ʼn eenderse samelewing. Omdat dit so ver is (Denemarke, Groenland), maak dit dat ʼn mens weer kan dink oor wat naby is.

Ons wag op die kaptein – Elsa Joubert. Anna Paula aan die einde van kolonialisme in Angola. Die rebelle se kaptein kom om die mense in die compound te oordeel. Carlos, eienaar van ʼn plantasie, se komplekse verhouding met Afrika. Anna Paula sweet onder die muskietnet. Die boek gaan oor ons – nóú.

Platform – Michel Houellebecq. Baie mense sê Atomised is ʼn beter boek, omdat dit op ʼn groter idee geskoei is. The possibility of an island is ook goed. Maar vir my is Platform ʼn wonderlike ontleding van hoe ander kulture kommoditeite vir die Weste word, ʼn groep mense wie se eie kultuur afgestomp is weens ʼn koue rasionalisme. Kleinboer sou hierdie een baie geniet, maar hy’t net Atomised gelees.

Somer II – André Letoit. Ek het hierdie boek al baie gelees. Dit is steeds die skrywer se beste boek. Jy kan op enige plek begin en op enige ander plek ophou lees. Ek het my kopie jare gelede aan iemand uitgeleen en nie weer teruggekry nie. Ek neem dit elke nou en dan by Wits se biblioteek uit. Niemand anders hier lees meer Afrikaans nie.

The book of laughter and forgetting – Milan Kundera. ʼn Mens kan dit seker saam met The unbearable lightness of being en Slowness lees. Die boeke gee ʼn bril om op ʼn ander manier na Suid-Afrika te kyk – die verlede, kwessies oor skuld, persoonlike vryheid. Dis diep subversief.

Daar is nog Toorberg, Eilande, Magersfontein, Verkenning, ‘n Ander land – hoekom kan ons net tien kry?

Groete

Roof

boontoe

*

Natasha Opperman se keuse

Haai daar

Hierdie is my gunsteling boeke, ook nie in 'n spesifieke volgorde nie:

1. Hold my hand I'm Dying - John Gordon Davis

2. The Pact - Jodi Picoult

3. Disgrace - JM Coetzee

4. The Da Vinci Code - Dan Brown

5. The Number - Johnny Steinbeck

6. Ons is nie almal so nie - Jeanne Goosen

7. Triomf - Marlene van Niekerk

8. Agaat - Marlene van Niekerk

9. Wegkomkans - Marita van der Vyver

10. Die swye van Mario Salviati – Etienne van Heerden

Groete

Natasha Opperman

boontoe

*

Marlies Taljard se keuse

Na weke van wroeg, inskryf en uitkrap, oorweeg en heroorweeg en weer krap, teen die versoeking veg om 'n Afrikaanse, Engelse en Duitse lys afsonderlik saam te stel, is dit uiteindelik 'n verteenwoordigende lys van 10 van die beste boeke ooit gelees ... nie noodwendig in voorkeurorde nie - dit sou te veel gevra wees!

1. Grimms Märchen (Originalausgabe) - Jacob & Wilhelm Grimm
2. The Unbearable Lightness of Being - Milan Kundera
3. The Thorn Birds - Colleen McCullough
4. Die Swye van Mario Salviati - Etienne van Heerden
5. Cry, the beloved Country - Alan Paton
6. Der Weiße Büffel - Ernst Wiechert
7. Jesaja 40-66
8. Tristan und Isolde - Wolfram von Eschenbach
9. 'n Oomblik in die Wind - André P Brink
10. Die hele Asterix-reeks

Marlies Taljard

boontoe

*

Loskopdolla se keuse

Hier is nog ’n lysie van die beste boeke op Afrikaans, volgens persoonlike smaak en nie letterkundige (waarderings-) kriteria nie; ook nie in ’n lys van rangorde nie:

  1. Etienne van Heerden – Die swye van Mario Salviati
  2. Elsa Joubert – Die Reise van Isobelle
  3. Etienne van Heerden – Toorberg
  4. Etienne Leroux – Magersfontein, o Magersfontein!
  5. Petra Müller – Die omtes van die hart
  6. Rachelle Greef – Spektakels en mirakels
  7. Marita van der Vyver – Griet kom weer
  8. Marita van der Vyver – Griet skryf ’n sprokie
  9. Dalene Matthee – Toorbos.

Wat digkuns betref:

  1. Natuurlik Antjie Krog – veral haar gedigte oor die Richtersveld onlangs
  2. Breyten se vergete Vrugte van die droom van stilte
  3. Wilna Meyer – Verskillende Venters (die nuwe Ingrid Jonker)
  4. Adam Small – Sê sjibbolet (die profeet wat in die woestyn geroep het sonder dat iemand gehoor het)

Op Engels staan vir my die volgende boeke eenvoudig hemelhoog uit in die Suid-Afrikaanse letterkunde:

  1. JM Coetzee – Disgrace
  2. Antjie Krog – Country of my Skull
  3. Antjie Krog – A Change of Tongue
  4. Breyten Breytenbach – The Memory of Birds in Times of Revolution
  5. Max du Preez – Of Warriors, Lovers and Prophets.

Wat ek nog nooit klaar kon lees nie, omdat die boeke so onuitstaanbaar vervelig was:

  1. André Brink, A Dry White Season
  2. André Brink, Die Ambassadeur.

(Kon by geeneen verder as p 20 kom nie … hulle staan en kyk nog steeds vir my elke keer as ek my boeke afstof!)

Van Wyk Louw is passé – goeie genugtig, al daai draadsittery op die heining van bloot-nie-kant-kies-nie! Al word hy nou al knellend weer gevier as die redder van die Afrikaner se siel! Dan liewer tog Eugène Marais se The soul of the white ant!

Van die internasionale skrywers staan Joyce Carol Oats, Orham Pamuk, Hermann Hesse, Robert Musil en Kurt Tucholski baie hoog op my lysie. Ekskuus, ek het hard probeer om alles van Garcia Marques te lees (besit sy versamelde werke), maar ai, dit kan darem onhoudbaar langdradig word! (Ek hou baie meer van ons eie “magic reality”-skeppers!)

Die skurielste boeke wat ek ooit gelees het: alles van Tom Sharpe en Douglas Adams!

Loskopdolla

boontoe

*

Rambling Rose se keuse

My lysie gunstelingboeke, in geen spesifieke volgorde nie – behalwe nr 1, wat seker altyd nr 1 sal bly:

To kill a mockingbird – Harper Lee (Die enigste fiksie wat ek meer as een keer gelees het.)

Cry, the beloved country – Alan Paton (Het my doodgehuil in die boek.)

Life of Pi (skaars asemgehaal terwyl ek dit gelees het) – Yann Martel

Infanta – Deon Meyer (ditto)

The curious incident of the dog at nighttime - Mark Haddon ( kan nou nie onthou wie die outeur is nie – wonderlike boek oor 'n outistiese kind)

’n Droë wit seisoen - André P Brink

Conversations with God (eerste een) - Neale Donald Walsch (die boek is propvol groot gedagtes, logies uiteengesit).

Ons is nie almal so nie – Jeanne Goosen (ek het vroeër gejok – het hierdie een ook meer as een keer gelees)

My traitor's heart – Rian Malan

A prayer for Owen Meany – John Irving (ek hou van Irving se quirky karakters, maar partykeer raak hy langdradig – maar nie in hierdie boek nie!).

Rambling Rose

boontoe

*

Sidney se keuse

Agaat - Marlene van Niekerk (Ek wonder of Marlene van Niekerk dalk Milla de Wet (in Agaat), se "stilte" in Hierdie lewe van Karel Schoeman "ontdek" het.)

Eilande - Dan Sleigh (Eilande behoort verpligte skoolmateriaal te wees.)

Roepman - Jan van Tonder

Hierdie lewe - Karel Schoeman

Vaselientjie - Anoeschka von Meck

Verliesfontein - Karel Schoeman

Die Klein Prinsie - Antoine De Saint-Exupéry (vert André P Brink)

The Demon-Haunted World - Science as a candle in the dark - Carl Sagan

Triomf - Marlene van Niekerk

Raka die Roman - Koos Kombuis

Bart Nel - J van Melle

Pieternella van die Kaap - Dalene Matthee

The Secret Diary of Adrian Mole - aged 13¾ - Sue Townsend

The Secret Diary of God - aged 9½ Million Trillion Years - Koos Kombuis

Afrikaans my Darling - Koos Kombuis

Notas:

Die Klein Prinsie behoort minstens een maal per jaar gelees te word.

The Demon-Haunted World is baie belangrik vir gedagte-ordening.

Het Koos Kombuis die “Secret Diary …”-idee by Sue Townsend gekry?

Waarom verskyn Afrikaans my Darling nie op die boekelys op Koos Kombuis se webblad nie?

Sidney Olivier

boontoe

*

Alta van Zyl se keuse

Wat is die kriteria vir ‘n goeie boek? Miskien kan die skrywers en literêre kundiges ons vertel, maar vir my is dit ‘n boek wat, as jy met hom klaar is, jou die gevoel gee van: “Wow, dít was nou ‘n boek!” en dan plant jy sommer ‘n klapsoen op die kiekie van die skrywer op die agterflap wat sê: “Thanks, dit was die tyd en geld werd!”

Wat vandag soos chicken soup vir die siel voel, word môre vervang met ‘n nuwe publikasie, maar die volgendes sal altyd onder die eerste 10 of 20 wees (sonder enige spesifieke volgorde):

  • Eilande – Dan Sleigh saam gelees met Pieternella van die Kaap – Dalene Matthee. Jy suig al daai navorsing en inligting op soos ‘n spons.
  • Fiela se kind – Dalene Matthee. Eintlik al die bosromans. Haar skryfstyl was uniek.
  • Agaat – Marlene van Niekerk. Na Agaat het alle boeke soos Graad 1-leesboeke gevoel! Dit was ‘n marathon read en die beste in ‘n lang tyd.
  • Reise van Isobelle – Elsa Joubert. ‘n Verhaal oor generasies heen kan jou soms tam maak van terugblaai na die stamboom toe, maar Elsa Joubert het dit suksesvol gedoen en jy ervaar empatie met al die karakters.
  • Toorberg – Etienne van Heerden.  Ai, daar’s net een Druppeltjie met ‘n ma wat daggatee drink!
  • Die Swye van Mario Salviati – ‘n Bewwwtiful boek!
  • Duiwelskloof – André P Brink. Verstommend hoe ‘n skrywer al daai karakters kan uitdink!
  • Voorvaders kan vlieg – Reinet Nagtegaal. Trek jou rooi tap-skoene aan, sit jou pers hoed op en enjoy hierie boek!

En dan nog Anna M Louw se Vos en Donker kind wat alweer ‘n tweede lees verdien. En Hennie Aucamp se dagboeke Gekaapte Tyd, Skuinslig en In die Vroegte wat jou bekendstel aan idees en waarnemings wat jy voorheen nooit van geweet het nie. En dan’s ek nog nie eens by my gunsteling skets- en kortverhaalbundels nie!

  • Straataf – Jeanne Goosen. Wat kan ek seg – ek’s ‘n groot fan van Jeanne Goosen en al skryf sy ôk nou ‘n markberig, sal ek dit verslind!
  • Nawelstring – Annelie Botes. Die mineur-toonaard van sommige verhaaltjies val tog so sag oppie siel!
  • Feeks – Riana Scheepers. Verbeeldingsvlugte vol magic.
  • Tuesday  - Nataniël. Ai, wat ‘n lekker giggle. Baie goeie leesstof vir wanneer jy humor kort in jou lewe.
  • Splinters – Hans du Plessis. Nes jy daar seg, Hans, ek kon dit nie beter stel nie!

Engelse fiksie lewer ook ‘n paar gunstelinge, soos:

  •  Shadow of the wind – Carlos Ruiz Zafon. ‘n Mengsel van riller, aksie, liefde, vriendskap en humor. Een van daai boeke wat jy verslind.
  • Alias Grace – Margaret Atwood. Die beskrywing van die daaglikse leefwyse in die 19de eeu is al klaar boeiend genoeg in hierdie verhaal.
  • Al die Harry Potters – JK Rowling. Laat jou vir ‘n oomblik vergeet wie en waar jy is.
  • The Burning Time – Robin Morgan. In die 14de eeu, as jy ‘n vrou was wat vir jouself kon dink en konvensies oorboord gooi, was jy so goed as klaar op die brandstapel!
  • Tracey Chevalier se Girl with Pearl Earring, Lady and the unicorn en The Virgin Blue. Ontberings en vreugdes gedurende die 16de eeu.

Bogenoemde Engelse fiksie het een ding gemeen en dis dat dit periode-romans is en dus nie vir almal so aanloklik nie; maar soos Willie Burger sê: “Leef 'n bietjie gevaarlik. Doen 'n ekstreme ding. Stel jouself vanjaar oop vir 'n goeie roman!”

Baie dankie, Boekwurms, vir julle aanbevelings. What happiness to know there will always be something to read!

Alta van Zyl

boontoe

*

Sue se keuse

1. Die Bybel (Ou vertaling)
2. 1964 Skoolwoordeboek - Van Schaik-uitgewers
3. Death of a Guru - Rabindranath R. Maharaj
4. Die Houtswaan - Mikro (daar was ook 'n TV-reeks lank, lank gelede)
5. Jonathan Livingston Seagull - Richard Bach ( Die boek waarop Neil Diamond sy Jonathan Livingston Seagull gebaseer het.)
6. The Dark Tower Series (Al sewe boeke) - Stephen King
7. Dreamcatcher - Stephen King
8. Gelofteland en Geknelde Land – FA Venter
9. 'Tis en Angela's Ashes - Frank McCourt
10. Knuppeldik aan Koningskos - Die beste resepteboek ooit!

Sue

boontoe

*

Protea Uitgewers se top 10-verkopers


Hierdie titels en vele ander beskikbaar by Protea.
(Klik op 'n titel om die boek te bestel)

1. 'n Engel in my huis (Riana Scheepers)
2. Uit die dagboek van 'n wildbewaarder (PJ Schoeman)
3. Die Buiteposte (Dan Sleigh)
4. Witness (Jurgen Schadeberg)
5. Groep sonder grense (HF Heese)
6. Hebbelikhede (Willem de Klerk)
7. hitte vannie teerpad (Anton Goosen)
8. Tyd van die klippe (Doc Immelman)
9. Voetspore in die Kalahari (Willem D. Kotzé)
10. Die Groot Afrikaanse Heldeboek (Pieter Grobbelaar) Nie aanlyn beskikbaar
Drie van Protea se top tien wat by kalahari.net beskikbaar is. Klik op 'n omslag en koop dit nou, of klik op 'n titel in die lys.



LitNet: 08 Mei 2006

boontoe

Wil jy deelneem? Stuur jou boeklysie na webvoet@litnet.co.za vir plasing. Vertel vir ons gerus hoekom jy die boeke gekies het of watter indruk dit op jou gemaak het – dis egter nie verpligtend nie.

Wil jy reageer op hierdie boeklys? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.