Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sonia Cabano se keuse

Die boeke wat ek die meeste geniet het onlangs, in geen spesifieke volgorde nie:

1. The Year of Magical Thinking - Joan Didion
Die veteraan Amerikaanse joernalis en skrywer Joan Didion se jongste boek beskryf haar persoonlike reis en diepe ontreddering na haar man, die skrywer John Dunne, se dood terwyl hul enigste dogter terselfdertyd dodelik siek raak. Haar kenmerkende skerp waarnemingsvermoë word genadeloos op haarself gerig, en sy beskryf haar pyn en verlies sonder 'n sweempie selfbejammering. 'n Merkwaardige boek oor bekende terrein vir enigiemand wat al met rou oor, en die verlies van, 'n geliefde moes worstel.

2. Blink - Malcolm Gladwell
Ek het 'n spesmaas dat advertensietipes hierdie soort boek lees as tekshandleiding, maar dis nietemin lekker tydverwyl, die soort boek waaruit mens nou en dan “Het jy geweet?”-brokkies aan jou huismense voorlees. Blink gaan oor die voorkoms van “instinktiewe wete”, en hoe dit ons daaglikse lewe beïnvloed. Kougom vir die brein.

3. Extremely loud and Incredibly close - Jonathan Safran Foer
Die boek beskryf 'n negejarige seuntjie wie se pa in die Twin Towers omgekom het tydens 9/11, se verbete soektog om uit te vind waar die geheime sleutel wat hy in sy pa se klerekas vind, pas. Salman Rushdie het dit beskryf as “Pyrotechnic, riddling and, above all, extremely moving. An exceptional achievement”. Dit was 'n asemrowende leesreis, hoogs aanbevole. Die lugwaardinne op One Time het al geweet om die tissues reg te hou as hulle my met die rooi en wit boek sien opklim Vrydae ...

4. The Shadow of the Wind - Carlos Ruiz Zafon
Speel in Barcelona in die veertigerjare af. 'n Boek oor boeke, liefde, lees, oorlog, drome, passie, verterende haat, met 'n groot, vet misterie in die middel van dit alles! Die boek wat veroorsaak het dat ek almal rondom my geïgnoreer het vir vier dae tydens die Kersvakansie. “A ripping yarn”, soos die Engelse sê.

5. How to Walk in High Heels - The Girl's Guide to Everything - Camilla Morton
Wanneer plaaslike politiek my onderkry en ek moet die frivolousness in vlug. Dit bevat broodnodige advies en informasie, 'n soort van hip, urban “Wat elke meisie moet weet” vir die nuwe millennium. Voorbeeld: How to Deal with Affairs of the Heart” word opgevolg deur “How to Wear an Apron with Style”. Onontbeerlik.

6. Food Gurus Uncovered - Gwynne Conlyn
Hier en daar oorsigte wat hinder, maar andersins 'n lekker boek oor bekende Suid-Afrikaanse sjefs en hul passies, plus spyskaarte, resepte en foto’s.

7. In the Devil's Garden - a Sinful History of Forbidden Food - Stewart Lee Allen
“A combination of autobiography, travelogue and social history.” Makaber en toonkrul-lekker. Net die beskrywing van president Mitterand se laaste ete alleen is die prys van die boek werd.

8. Independence Day - Richard Ford
'n Ouerige boek (uitgegee 1996) wat ek van tyd tot tyd weer lees. Lekker klassieke Amerikaanse romanskrywer.

9. Elephant - Raymond Carver
'n Versameling kortverhale, my gunsteling-leesmateriaal, deur die Amerikaanse meester Raymond Carver, een van my gunstelingskrywers. Many imitators, but there's only one master, and this is it.

10. Niggie - Ingrid Winterbach
Hierdie boek het my “gevat”, soos hulle sê. Mens sukkel effens aan die begin om “in” die storie in te kom, maar as jy deurdruk, word jy geheel en al ingesluk. Ek het dit in die bad gelees, terwyl ek kosmaak, terwyl ek in die gang afloop ... Bevat een van die mees erotiese tonele wat ek nog in Afrikaans gelees het. (Soek maar self.)

11. Caretaking a New Soul: Writings on parenting from Thich Nhat Hanh tot Z Budapest - Anne Carson
Handige en inspirerende materiaal vir ouers wat nie hul bloedjies onder die beskermende vlerke van die NG Kerk grootmaak nie ...

12. The Buried Soul: How Humans Invented Death - Timothy Taylor
Taylor is 'n forensiese patoloog wat skryf soos 'n meester-rillerskrywer. 'n Sinopsis op die internet beskryf die boek so: “A worldwide exploration of the rites and rituals of death. In Taylor's groundbreaking investigation, he discusses vampirism, cannibalism, near-death experiences, and modern-day human sacrifice.” Ek het pas 'n nuwe Taylor-boek bestel: The Prehistory of Sex: Four Million Years of Human Sexual Culture.

Nou ja, buiten seks, die dood en perversie stel ek ook in kos belang, en elke maand skaf ek 'n aansienlike stapeltjie kinderboeke aan. Met my volgende lysie sal ons daardie kant bietjie nader bekyk!

Groete

Sonia Cabano


LitNet: 18 April 2006

to the top / boontoe

Wil jy deelneem? Stuur jou boeklysie na webvoet@litnet.co.za vir plasing. Vertel vir ons gerus hoekom jy die boeke gekies het of watter indruk dit op jou gemaak het – dis egter nie verpligtend nie.

Wil jy reageer op hierdie boeklys? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.