Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Minerva se keuse

Hier is eers 'n paar boeke in die Engelse fiksiekategorie wat die moeite werd is om te lees. Daar is so baie om van te kies, maar ek gee vir jou solank tien wat dalk sal interesseer.

  1. The House of The Spirits - Isabel Allende
    Al haar boeke is uitstekend, maar veral hierdie een oor 'n familie se intriges, 'n burgeroorlog en 'n goeie skoot paranormale gebeurtenisse sal jou vasgenael hou tot die einde.
  2. The Stand - Stephen King
    King se weergawe van die einde van die wêreld en hoe Goed en Kwaad teen mekaar afgespeel word, is dalk vergesog, maar hy beskik nogtans oor die vermoë om jou twee keer te laat dink oor die eindtye en die keuses wat jy sal maak, en die gevaar wat mensgemaakte virusse kan inhou.
  3. Lightning - Dean Koontz
    Ek geniet sy boeke, veral omdat hy fiksie met moontlike realiteit kombineer. Hy weef sy verhale rondom hipnose, genetiese eksperimente en, in hierdie geval, 'n beskermengel wat tydens elektriese storms verskyn om 'n meisietjie uit gevaarsituasies te red.
  4. Tales of Mystery and Imagination - Edgar Allan Poe
    Seker nie na almal se smaak nie, maar 'n mens moet waardering hê vir die man se verbeelding. Hierdie is 'n versameling van sy kortverhale, insluitende die klassieke “The Fall of the House of Usher”.
  5. Like Water for Chocolate - Laura Esquivel
    Nie jou tipiese liefdesverhaal nie. Tita is die jongste dogter en volgens tradisie mag sy nie trou nie, want haar hoofdoel in die lewe is om haar ma tot en met dié se afsterwe te versorg. Sy wend haar tot die kombuis en so tussen die kosmaak, verlore liefde en 'n haatlike ma deur ontvou 'n verhaal wat jou lank sal bybly.
  6. Spanky - Christopher Fowler
    Die verhaal van 'n miserabele man wat 'n aantreklike vreemdeling ontmoet wat sy lewe aan die begin ten goede verander. Partymaal is die prys vir verandering meer as wat jy bereid was om te betaal.
  7. The Collected Short Stories of Roald Dahl - Roald Dahl
    Hy is die meester van stories met 'n kinkel in die kabel. Verhale uit Tales of the Unexpected en Switch Bitch kom onder andere hierin voor. Sy kinderboeke is ook 'n moet, veral The Witches en Matilda.
  8. The Tin Drum - Günter Grass
    Die makabere verhaal van Oskar Matzerath, 'n seuntjie wat eendag as kleuter net ophou groei het, en die vreemde dinge wat daarna met hom gebeur het. Nie 'n maklike boek nie, maar beslis die moeite werd om te lees.
  9. Different Seasons - Stephen King
    Vier verhale waarvan drie al in films omskep is: Apt Pupil, die verhaal van 'n tiener wat obsessief raak met 'n oud-Nazi wat naby hom bly en die tragiese nagevolge; Rita Hayworthand Shawshank Redemption, wat handel oor 'n man wat onskuldig vir moord tronk toe gestuur is, en The Body, beter bekend as Stand by Me, waarin vier seuns na die lyk van 'n klasmaat gaan soek.
  10. Enigiets van Agatha Christie
    Veral haar boeke waarin die potsierlike Hercule Poirot die moorde oplos.

In die niefiksie-afdeling kan jy oorweeg om die boeke te lees waarin ware moordverhale beskryf word en outobiografieë tel ook onder my gunstelinge.
 
Groete

Minerva

 

LitNet: 18 April 2006

to the top / boontoe

Wil jy deelneem? Stuur jou boeklysie na webvoet@litnet.co.za vir plasing. Vertel vir ons gerus hoekom jy die boeke gekies het of watter indruk dit op jou gemaak het – dis egter nie verpligtend nie.

Wil jy reageer op hierdie boeklys? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.