Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

MaanKind se keuse

Jitte Naomi, dis nou 'n onregverdige versoek! 'n Mens sê so maklik 'n boek is op jou Top 10-lys, tot iemand vir jou vra nou máák dan so lys!
 
My lys sal gedurig wissel – vra my volgende maand en die lysie lyk dalk totaal anders. Wat is die kriteria? Kan-nie-neersit-lekker boek? Goeie boek? Boek wat my laat dink? Wat ek nou gedoen het, is om te dink aan die boeke wat ek oor die jare oor en oor lees, al lees ek hoeveel nuwe boeke. Hier is net 'n paar, en in alfabetiese volgorde, anders is dit onregverdig.
 
Jammer, Etienne van Heerden, oor In stede van die Liefde, en Deon Meyer oor Infanta, ek sou dit graag wou byvoeg, maar ek sal eers moet sien of dit lekker lees vir die tweede of die derde keer. Dis vir my die kriterium. Maar dankie nietemin vir hierdie oefening; ek gaan nou die lys byhou.

Afrikaans

  1. Houd-den-Bek - André P Brink
  2. Raaiselkind - Annelie Botes
  3. Verstotelinge - Christiaan Barnard
  4. Pieternella van die Kaap - Dalene Matthee
  5. Fiela se kind - Dalene Matthee
  6. Die reise van Isobelle - Elsa Joubert
  7. Toorberg - Etienne van Heerden
  8. Is Sagie - Jan van Tonder
  9. Een vir die Wolfskof - Johnita le Roux
  10. Wegkomkans - Marita van der Vyver
  11. Triomf - Marlene van Niekerk
  12. Koöperasiestories - PG du Plessis

Engels

Wat die Engelse fiksie betref, kon ek nie aan 10 dink so vinnig nie – ek sal eers 'n draai by die bib moet maak – maar hier is 'n paar.

  1. Damage - Josephine Hart
  2. Gone with the Wind - Margaret Mitchell
  3. Prince of Tides - Pat Conroy
  4. Ahab’s Wife - Sena Jeter Naslund
  5. Jitterbug Perfume - Tom Robbins
  6. Sunbird - Wilbur Smith

MaanKind

 

 

LitNet: 18 April 2006

to the top / boontoe

Wil jy deelneem? Stuur jou boeklysie na webvoet@litnet.co.za vir plasing. Vertel vir ons gerus hoekom jy die boeke gekies het of watter indruk dit op jou gemaak het – dis egter nie verpligtend nie.

Wil jy reageer op hierdie boeklys? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.