Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywers! Stuur julle verhale, poësie en dramas

Bateleur Books persvrystelling

Bateleur Books is ’n uitgewer wat spesialiseer in die skoolboekmark. Die Nasionale Departement van Onderwys het ’n versoek gerig aan uitgewers om literêre werke voor te lê vir keuring om op die nasionale lys vir Graad 10 en 11 te kom.

Bateleur wil graag aan alle skrywers, gevestig of onbekend, ’n uitnodiging rig om hulle skeppende werk voor te lê aan ons vir moontlike opname in bloemlesings wat aan die departement voorgelê kan word.

Bateleur soek Afrikaanse en Engelse kortverhale en gedigte, moontlik selfs ’n drama, om voor te lê. Onthou die teikengehoor is Graad 10 en 11 leerders, maar ons soek materiaal van uitstaande gehalte, nie “kinderliteratuur” nie en dit hoef nie net jeugliteratuur te wees nie. Voorkeur sal verleen word aan keurig versorgde manuskripte.

Die sperdatum is 15 Februarie 2006.

Stuur asseblief u voorleggings, saam met ’n bondige biografiese oorsig en duidelike kontakbesonderhede, aan:

Let asseblief op die volgende:

  • Slegs elektroniese tekste wat versoenbaar is met MS Word sal gelees word.
  • Slegs werk wat nog nooit in boekvorm verskyn het nie, sal oorweeg word. Die werk moet ook nie tans by ander uitgewers wees vir keuring nie.
  • Geen korrespondensie sal plaasvind tussen die outeurs en die uitgewer oor werk wat nie aanvaar word nie. Besef asseblief dat verskeie kriteria gebruik sal word om tekste te keur – gehalte is maar een daarvan. Maar ons soek uiters hoë gehalte, asseblief!
  • Voorlegging is afhanklik van die aantal en die gehalte van die tekste wat ontvang word.
  • Geen werk sal teruggestuur word nie.
  • Slegs outeurs wie se werk voorgelê word, sal genader word. Maak dus asseblief seker dat u kontakbesonderhede duidelik is.
  • Outeurs wat teen 15 Maart nog niks gehoor het nie, moet asseblief aanvaar dat ons nie hulle werk kan gebruik nie. Outeurs wat nie voorgelê word nie, sal hulle tekste dan elders kan voorlê.
  • Publikasie van die tekste is geheel en al afhanklik van keuring deur die departement. Die feit dat ’n teks dus voorgelê word, is geen waarborg vir publikasie nie. Indien die departement ’n teks afkeur, sal die outeurs verwittig word. Outeurs sal hulle tekste dan elders kan voorlê.
  • Indien ’n voorlegging deur die departement aanvaar word en indien toestande en terme vir publikasie gunstig is, sal die werk vir publikasie geoormerk word. Die normale kontraktuele ooreenkomste tussen Bateleur Books en die outeur sal dan opgestel word.




LitNet: 07 Februarie 2006

to the top / boontoe

Stuur jou kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.