Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dog Heart | Alkant Olifant | A Man in Full | Een mond vol glas | Van Wyk Louw — ’n Lewensverhaal

Dog Heart
Breyten Breytenbach Human & Rousseau

Our golden convict, these days mostly resident in Montagu and an occasional contributor to the letters page of Die Burger, writes a thought-provoking, self-conscious travel memoir in an era when narratives of this nature have become something of a fashion fad. Breyten, the icon, the playful adult, pulls up his socks and skips lightly into his own past. On his way, he encounters formative influences — “ooms” like Martin Versfeld, Uys Krige and Jan Rabie. But, as a typical Afrikaner, he’s obsessive about his blood, and family matters abound — the forepeople flock into his memories and become the air that he breathes. As jy nie van oumas hou nie, bly weg. Very African, I would say. This is more than a delightful mix of sentiment, harsh realities, documentary reality and mystical musings — it's a personal journey into the workings of memory, a self-conscious investigation into the way in which the past is alive in the present. For postmodernist historians, this is it: It’s historiographic metafiction at its most interesting. But relax, readers, it’s also an enjoyable read.

to the top

Alkant Olifant: ’n Inleiding tot die literatuurwetenskap
Chris N van der Merwe en Hein Viljoen JL van Schaik

Van slurp tot stert, en andersom, is hierdie olifant iets wat elke voorgraadse dosent gerus sy lesinglokaal kan binnelei. As dinge egter so agteruitgegaan het dat jou nagraadse studente dié boek benodig, kan jy myns insiens egter maar winkel toemaak. Die boek is inderdaad ’n antwoord op ’n behoefte — ’n voorskryfbare, toeganklike uiteensetting van literêre teorieë. Moenie vuurwerke verwag nie, maar dit wil die boek ook nie verskaf nie. Guy Fawkes is vir eers verby. Aanvanklik word vrae gevra soos: Wat bestudeer die literatuurwetenskap? Dan word gevra: Wat word onder “literatuur” verstaan? Ons word aan die slurp gelei van, ja, “die skone keramiek” tot in “die labirint”. Wat lekker is, is dat ’n verhaal, Jan Rabie se bekende “Droogte”, geneem word en werklik van alkant bekyk word — iedere keer vanuit ’n ánder teoretiese hoek. Hoe sal die semiotiek met “Droogte” omgaan? Hoe lyk “Droogte” vanuit die postkoloniale hoek? En so meer. Nee wat, my kollegas verdien ’n klop op die skouer vir ’n baie voorskryfbare, leesbare boek. En JL van Schaik ook dat hulle in hierdie tyd nog kans sien om só ’n boek te publiseer. Ek hoop ons akademici ondersteun die poging. Is daar nog iemand wat luister? As die akademici se telefone afgesny is, kan leeskringe maar luister — dié boek kan ’n lekker saamleesboek word by die boeke wat ons tientalle leeskringe jaarliks lees. Dink hoe lekker gaan julle speel: hoe dekonstrueer ek die nuwe roman van so-en-so? Ja, literatuurwetenskap kan lekker wees — en almal wat so bang is vir ismes en ander kwale kan hul drumpelvrees hier oorkom.

boontoe

A Man in Full
Tom Wolfe Jonathan Cape

A building, not a book. A controversial paper skyscraper, teetering on the verge of collapse, but nevertheless, splendid summer reading. And so huge, you can curl up in its shade when the Southeaster blows. You need a holiday to surf your way effortlessly through Wolfe’s tome on American life. Is it a ton of bubble gum or serious literature? No matter, it reads like a blockbuster. Be warned, however: Buckle up for the disaster at the end, when the book crashes into its own wall and implodes into what is, ultimately, a fictional cop-out. But enjoy!

to the top

Een mond vol glas
Henk van Woerden Podium

Wat het jy gedoen die dag toe Tsafendas die mes herhaaldelik in Verwoerd se borskas gedruk het? Wie was Tsafendas? Waar het hy vandaan gekom? Wat het hom gemotiveer? Henk van Woerden, woonagtig in Amsterdam, het ’n durende obsessie met Suid-Afrika — die land waar hy ’n groot gedeelte van sy kinderjare deurgebring het. Hierdie interessante boek, in Nederlands geskryf, is nie slegs ’n ondersoek na die geheimsinnige Tsafendas nie, maar ook ’n selfbewuste verkenning van Van Woerden se verhouding met Suid-Afrika. ’n Boek wat pas groot aandag getrek het in Nederland, en ’n leeservaring vir diegene wat belangstel in die spanningsverhoudinge tussen vastelande, asook die aard van die deurtastende, wroegende Hollandse oog. Afrikaanse uitgewers? Wil julle nie ’n vertaling oorweeg nie? Of is die boek te Amsterdams en selfbewus-nadenkend?

NS: Binnekort op LitNet: ’n bespreking van hierdie drie-in-een reisverhaal-roman-biografie deur Regter Wilfred Cooper, Tsafendas se advokaat ná die sluipmoord.

boontoe

Van Wyk Louw - ’n LewensverhaalVan Wyk Louw — ’n Lewensverhaal
JC Steyn Tafelberg, Kaapstad
(Let wel: Deel I én II).

Beskikbaar by
Kalahari.net

Bliksem, wat ’n baksteen! Nee, jammer, twee blou bakstene, gewy aan ’n ikoon van die Afrikaanse literatuur. Die man wat gegrom het oor die mens agter die boek, word hier op noukeurige, smaakvolle wyse tot méns gemaak. ’n Boek wat jy as hoeksteen in die familieboekrak móét hê, daar langs Die Bybel, Wat elke seun moet weet, Kook en geniet en Wilbur Smith. Kom, Suid-Afrikaners, julle kan beter doen! Julle het dit om te ploeg deur hierdie boek! Dis immers julle geestesgeskiedenis wat hier opgeteken is. Ontbeer een biefstuk met monkey gland-sous in die Spur en koop hierdie bielie. Dis ’n boek waaruit baie lesse te leer is en waaroor nog lekker gesprek gevoer behoort te word. Waar is ons intellektuele? Is daar nog sulke goed? Wat sê hulle oor ’n lewe gewy aan die literatuur? Hoe beperk of hoe groot was dié mees aangehaalde orakel, die ou wat die hoër, kouer paaie bewandel het en aan sy voordeur die boodskap “Het u ’n afspraak?” gespyker het? Lees maar self en besluit. ’n Uitstekende toevoeging tot ons kort rytjie stewige skrywersbiografieë. Ontsettend baie voetnote gee die voorvinger ’n eelt en getuig van deeglike navorsing. Geluk, Jaap Steyn — jy’t genienaber* dat dit klap.

* “nienaber”: ww. Om hard te arbei. Geskep deur Hennie van Coller, met verwysing na Oubaas Nienaber, wat NALN se skatte in die sweet van sy aanskyn versamel het.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.