Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

KKNKannie meer nie

Toast Coetzer

Dis skaars dag drie of vier toe ek een oggend om tienuur in die Krit-kantoor sit en die stukkende blaas op my hak steriliseer met spatseltjies Klipdrift. Dis nou gewone Klipdrift, nie Premium nie — diť het ek meer respek voor. Met die hak mooi toegepleister drink ek wat oor is in die doppie. Lekker so op die tandepaste-asem.

Ek weet nie meer mooi waar alles ingepas het nie, so die volgorde van gebeure sal effens geskommel wees. Sommige goed is neergeskryf in my notaboekie, so sulke feite behoort seker meer gesag te dra.

Neem byvoorbeeld: “kriek — insecticide”.

En dit trigger die gepaste herinnering — ’n vroegnag se verbyploeter voor die Shoprite verby, die neonligte wat wit gloei, ’n sypaadjiebehepte stukkie nagemaakte daglig, en ’n groot dik kriek wat wydsbeen en skuins voor my verbystap, doelgerig, windgat. My oog flick op na links van my teen die muur, waar die eerste geadverteerde special wat ek sien, iets soos R11,95 vir ’n kannetjie insecticide is. Ek laat die kriek en sy eksoskelet ongedeerd agter.

My beursie word dunner en dunner. Die eerste fout was om met my maand se huurgeld in my beursie hier aan te kom met die gedagte dat ek dit op dag een by die bank sal gaan inbetaal. Maar ek kom nooit by die bank uit nie, en nou’s die huur al aansienlik minder.

“Ons moet dubbels drink, hoor,” sÍ my kamermaat Angola Badrop reeds vroeg in die geveg, met alle erns, asof ons van nou af Steve Waugh se offstump gaan aanval instede van om te hoop dat hy ’n catch in die covers gaan gift. Ons sit verdring op die stoep van die Rock Art Cafť met brandewyne en Coke — “Dis poesgoedkoop hier, net R12, in Joburg is dit R22.” Ek drink net by feeste brandewyn — dit help om in pas te bly met die klop en die tred van dinge. Daarsonder vaar baie dinge jou verby as onverklaarbare verskynsels.

Dis die eerste Saterdag en die donderweer en weerlig hou jou op ’n versigtige afstand van yster en hoŽ bome af. Vir ’n kort wyle was ’n raakgerapste palmboom op die hoek van St John- en Baron van Reedestraat die gewildste show op die dorp. Gratis daarby. HoŽr op in die straat, terwyl die weerlig nog flits, by Jemima’s Restaurant, sÍ een kombuiswerker aan ’n ander: “Kyk hoe neem die Here foto’s van ons.”

Die Here het sekerlik ’n paar lekker foto’s van gedragspatrone geneem. Die feesbeeste in die drukgange. Die dronk jong man wat sy vriende probeer impress deur straatsangertjies (bedelaars) met ’n stok te verwilder. Die kleiagtige tiete op die T-hemde van Die Son. Soos soms gedra deur mans. Middeljarige tannies wat gedwee op plastiekstoele sit en kyk na Fokkofpolisiekar, wie se lead singer eers bo-op die stack speakers klim, dan van die balke in die Bowline-teater begin swaai (dis 3-4 meter hoog) en dan, rug eerste, neerval op die jillende crowd tieners, wat hom probeer vang maar mislik faal. Wonderbaarlik staan Francois van Coke op uit die moshpit met net ’n skraap teen die elmboog. Dinge kan so gou verkeerdloop. En hulle jol aan, verwoed, ACDC style, onverskrokke, vol tunes en energie. Hoera.

Dan was daar ook nog hulle Fokkofpolisiekar Jeugsangbundel (klein en rooi, kompleet soos die kerk s’n) met hul lirieke in. Nie net ’n skitterende stukkie reklame nie, maar ’n uitmuntende voorbeeld van hoe om ’n kulturele artefak aan te wend tot die uitbou van jou eie kultus. En ’n kultus is dit reeds. Ek’t een oggend so 11-uur in die koshuis waar ons geslaap het, twee meisies in die stort hoor sing aan die hidden track van Fokkofpolisiekar se debuut-EP: “Ö en dan vat ek aan haar rok (rot?), aan haar rok, aan haar rok.”

By dieselfde venue maak The Narrow en Bed On Bricks ook die ore goed oop. Moenie dink dat The Narrow nie wyd dink nie. Hulle musiek is groot en presies afgemeet; dit val in sulke stukke warm ys; ek spring heerlik saam op en af. Bed On Bricks, ’n supergroep van Kaapse muso’s, grind dit ook witwarm. Dave van der Linde op electric wys dat sy vernuftigheid op die akoestiese kitaar (wanneer hy saam met Nic Turner speel) met gemak oorgetap kan word in die hoofslagaar van die blues. En hy en Mike Hardy (stem), Tim Rankin (tromme) en Schalk van der Merwe (bas) speel asof hulle dit bedoel; hulle glimlag en hulle hop, hulle’s hier omdat dit verskriklik lekker is om in ’n band te wees wat so befok klink.

Gepraat van bassists, toe nuus ons Sondag bereik oor Gito Baloi se dood, het dit om een of ander rede verskriklik hard geslaan. Toe Anton Goosen later by die eerste van sy Twee Bra’s en ’n Lekker Lettie-shows mense vra vir ’n minuut se stilte, het die trane gerol daar waar ek reeds dubbelgekniel voor die verhoog agter my kamera weggekruip het. Die wÍreld is soms so onregverdig, en die verkeerde mense gaan altyd dood. En die maan buite was vol en helder en sonder twyfel Gito s’n, die hele week saam met ons, soos ’n vuis vol lig, ook in al die ander bassists wat orals die verhoŽ geanker het deur die week — hulle bass is Gito se bass is ons almal se bass. Maar dit maak elke keer seer as mens daaraan dink.

Alhoewel dit Goosen se show, vir hom persoonlik, by die tronk die Maandagoggend ekstra waarde gegee het, was die blote feit dat Anton (nou al die derde keer) weer daar was vir hul eksklusiewe vermaak, meer as genoeg rede vir die honderde prisoniers om te dans, riele te kap en selfs — die jeuggevangenes — op hul koppe te spin en woeste b-boy moves uit te haal. Ons staan maar daar rond as joernaliste of waarnemers, maar om vir ’n oomblik te dink hoe banaal elke ander dag in ’n plattelandse tronk moet wees ...

Nog iets in die notaboek: “Travis — pool at O’hoorn Inn”.

Ek en Angola was op pad om De Familie Wagenaer te gaan kyk (ek’t wel dae later daarin geslaag — wat ’n skitterende show, soos in, hoegenaamd nie boring nie), toe ons vasgeval het weens die magnetiese krag van die Oudtshoorn Inn se kroeg, wat leeg was behalwe vir drie wyse ou joernaliste wat die twee van ons kopskuddend van ’n afstand dopgehou het. Later speel ons pool, een van daai vertraagde games wat net nie end kry nie, die een so onhandig soos die ander. Gelukkig arriveer Travis toe, ’n matriekleerling van Hudson Park in Oos-Londen, en hy’t ons toe ’n liederlike pool-les geleer terwyl sy duidelik geÔrriteerde girlfriend elmboog-op-knie in die hoek begin dut het. Vernedering afgehandel, is ons daar weg die strate in, seker maar Bowline toe en dan Al Capone’s.

By Capone’s het ons elke aand tot teen die draad gedrink, of sit en klets of onsself vergaap aan die nimmereindigende Portugese dynamo, oftewel Paulo, wat heelaand sy eie dance hits croon oor die beats van ’n versameling DJ’s en sy skynbaar permanent-gestonede saksofoonspeler, wat ook maar net een tune kon doen. Nietemin, dans kan ons soms doen as die olie onlangs afgetap was.

Almal weet dat ’n “kultuurfees” soos die KKNK grotendeels gaan oor vreet. Ek sÍ spesifiek “vreet”, want dis vir my baie anders as gewoonweg “eet” wanneer jy honger is. “Vreet” gebeur as ’n aktiwiteit, ’n tentoonstelling van koopkrag, van lang tande, van sterk kake. Wanneer baie mense so bymekaar loop of sit of staan en vreet, dan kan ek nie anders as dink aan diere nie, dalk ’n groot massa herkouende blouwildebeeste, stertswiepend vir die vlieŽ terwyl hulle hope drolletjies en plassies piepie agterlaat op die Masai Mara. Hier is ons dan nou vergader in ons honderdduisende, ons voel veilig hier in die trop, en we’ll be damned if we can’t leave behind klein hopies kak en piepie vir die hele ekosisteem om ’n boost te kry tot volgende jaar.

Wat meer is, dis ons reg. Die enigste sweempie vrees in die dikgevrete Afrikaner-dier word dalk gereserveer vir die Zebulon-krokodil, wat dikwels geduldig wag by die rivier en net die vetstes uitsoek. Of soms die swakstes. (David Attenborough stem.) And so the cycle of life continues under the African sun.

Angola vertel my dat Zebulon vir ’n seuntjie georder het om sy kamera (die kind wou ’n foto van Zebulon neem) by sy “poes in te druk”, wat seker moontlik is. Zebulon se play, Otello Vannie Kaap, was een van my gunstelinge — ’n far-out dekonstruksie van Shakespeare wat al die issues in ’n nuwe milieu indruk en verrassende resultate kry. Ek dink dit het baie mense ook gehelp om ’n ander beeld van Zebulon te kry. Hy’s nie net ’n self-confessed kulturele versapper nie, hy’s ’n hele frontale stelsel wat oor die land beweeg — voor waai die wind dalk sterk, donderweer dit bietjie, maar dit bring landsreŽn saam, bring sagte grond om in te plant, stuifreŽn wat afkoel.

Jy weet jy begin die dag op ’n gesonde noot wanneer jou inname vir die eerste uur 1 shot Jan Jonker-appelbrandewyn, 1 koffie en 1 beskuit insluit. Beskeie, maar goed. Ander dae was dit vleis, vleis, vleis. “Besef jy daar’s vier soorte rooivleis op ons borde?”, het Die Leier my een oggend gevra terwyl ons onsself probeer kamoefleer regs van die RSG-verhoog. (In die agtergrond, terwyl ons uitstap, sing Jammies Jamnek soos Steve Hofmeyr. Mooi.) Savoury mince. Volstruis-sosatie. Worse. Tjops. Pap en sous. Roosterkoek. Ja, na ’n ruk proe roosterkoek ook soos vleis.

* * *

Beste R100 gespandeer op die fees: kopieŽ van John Miles se Liefs Nie Op Straat Nie (steeds die coolste boek in Afrikaans ooit — die hele ding is soos ’n Battery 9 song) en Okker Bestel Twee Toebroodjies, Abraham H de Vries se Dorp In Die Klein Karoo en EugŤne Marais se Dwaalstories. Als vanuit ’n rytjie boeke op ’n tuinmuur in St Johnstraat.

* * *

Iemand het ook in my notaboekie geskryf (dit was nie ek nie): “The bakkie to nowhere only one flicker”.

* * *

’n Groep ouens loop in die straat voor my:

Man 1: Ek like die kultuurgedeelte van die fees, maar nie die kunsgedeelte nie.

Man 2: Dis hy, dis hy.

Man 3: Is dit dan nou jou definisie?

Man 1: Ja.

So wei die trop maar rustig voort.

* * *

Kleinboer is toe werklik klein, hy fluister dinge in jou oor en hou werklik van naai, dis nie net ’n literÍre device nie. Een aand sien ons hom in aksie, waar hy ’n plaaslike dame in die perskevou van haar boud vryf met die woorde, “Hello, my naam is Fanie.”

* * *

Hoop vir die toekoms is Trompie Is Dood se spul matriekleerlinge wat wild en wakker ska in Afrikaans (al is dit dan nou baie No Doubt en nog baie losserig gebaal) op die RSG-verhoog, sexy girl (haar naam is Bianca, en sy mag maar middel wys — Mevrou, u dogter is moer sexy) op vocals ingesluit, shandy-dronk tieners wat mosh in die gruis en die oues, wat op strooi sit en teug aan die vroegnag, verwar deur die skielike losknoop van die jeug.

Hoop vir die toekoms is die Sasol-kunsversameling, waar mense soos Lien Botha, Willem Boshoff en Santu Mofokeng jou vir ure na mure kan laat staar.

* * *

Hoop vir die toekoms is nie die idee wat mettertyd by jou posvat dat die KKNK dalk reeds twee jaar gelede ’n peak gestrike het en dat dit wat nou aan die gebeur is, die sediment is wat settle en die dam gaan staan en toeslik nie. Grahamstad het lankal reeds vrede gemaak daarmee, maar dit beteken nie die KKNK hoef dit ook te doen nie.

Eintlik was die fees maar moer boring hierdie jaar; g’n wonder ons’t so baie gedrink nie. Dank die Vader! Ek’t gedink dit was ons eie skuld, Angola!

Geen Vlaamse tent, geen omstrede verhoogstuk, geen idee van nuutheid, groei of uitreik na nuwe mense nie. Bloot ’n fees met ’n vierletter-afkorting.

’n Onverwagse ligpunt ontdek ek eers toe dit hopeloos te laat is. Net verder in die straat op van waar ek nog die hele week werk, is ’n fringe-venue genaamd Pasella. Dis in ’n tweedehandse winkel/coffee shop, met ’n gerieflike atmosfeer en nie ’n enkele plastiekstoel in sig nie. Ek vang net vir Willim Welsyn (singer-songwriter oorspronklik van Ladismith, as ek reg onthou) en die Jeffreysbaaise band Stinkhout, met Johan Nel (stem, kitaar, woorde) en Derek Fenner (bas). Wow. Hierdie ouens is ’n klein oorwinning vir die ware underground — hoe lank hulle nog daar gaan bly, weet ek nie, maar op die oomblik is hulle prinse op ’n scene waarvan mense nie eers weet nie.

Welsyn sing in een song: “Sy’s so hartseer soos ’n skoolbank op republiekdag/ ... / sy’s so hartseer soos ’n skoolhoof wat sy pianis verloor het”. En Stinkhout: “die lewe is ’n boek van mevrou-besit en meneer-besluite.”

Ander bands wat ek gemis het, was onder andere Skanky Corp, Wendy Oldfield en die Knysna Jazz Trio, wie ek nou die dag by ’n troue gesien het, so ek kan vouch vir hulle skoffelvermoŽns.

Kyk dus van dag een af uit vir Pasella volgende jaar — dit kan jou nuwe gunstelingplek word. En Stinkhout, watch hulle. Met so ’n stem, tunes en stories kan ’n naam soos Johan Nel dalk net tot ons redding kom.

* * *

Daar’s ’n man op die straathoek met sy hande aan die voorpunte van sy arms wat omhoog hemel toe wys. Hy prys die Here, ek vra hoekom. Hy sÍ vir my, want ’n engel het aan hom verskyn. Ek sÍ ja, hy sÍ ja. Hy’t voor die RSG-verhoog gedans met ’n klein dogtertjie (nee, ’n engeltjie) en almal het gedink dis baie pragtig, hy en die engeltjie wat dan nou so dans. Maar na ’n ruk toe kom sekuriteit en verwyder hom van die perseel. Hy vra toe hoekom, maar sekuriteit verskaf nie redes nie. Toe slaan hy maar sy oŽ op na die hemel en vra die Here om reŽn te stuur, en toe kraak die wolk en dit reŽn, en almal reŽn sopnat. Lekker.

* * *

Hier teen dag ses of so is die lekkerste plek op die fees die plaaslike Standard Bank-tak. Koel, vriendelik en geen teken van die fees nie, minder volume, korter rye, vriendeliker personeel.

Die dag voor of na dit verdwyn ek saam met Wegbreek na Gamkaskloof. Bun Booyens vertel 103 pittige staaltjies en Dana Snyman 109.

Soms wil ek net gaan sit, want my bene is moeg en my slaap uitgedun. Lindie Stander (nie-amptelik die dronkste persoon op die fees hier teen dag 7) vat aan my bors en sÍ dit voel nogal lekker. Sy deel egter nie blow-jobs uit nie.

In die oggende maak Angola se Samsung-oopflipfoon ons wakker, die alarm die klank van ’n kinderpartytjie wat verkort en gekonsentreerd is tot vyfsekond-blertse. Dis dan nou eers agtuur, sÍ ons vir mekaar terwyl ons om die beurt mekaar se ooglede probeer oopblaas met warm poepe. Dan staan ons op, gaan bad, Angola leen my shampoo (“luister bra, genuine, ek gaan vandag Shoprite toe, ek sweer”) en dan gaan eet ons, nadat die fascistiese klein negejarige nerf by die deur ons etekaartjies gevat het. Dank die vader vir vrugteslaai en yoghurt.

Dan’s dit uiteindelik die laaste Saterdag en net Kaktus lÍ nog tussen ons en vryheid. Kristoe Strauss, Max Normal, Bed On Bricks en Fokkofpolisiekar por, kielie, stoot en steek dinge dan aan die brand, maar dis Kobus! in hul nuwe mondering as swaargewapende live band wat die eerste ronde wen. Die Finkelsteins probeer redelik hard, maar mens het so ’n vae vermoede... In elk geval, toe moes ek waai om ’n baksteen te gaan eet (dit was eintlik ’n roosterkoek met ’n sosatie op), so ek mis Godessa. Ddie Kkombuis-ddisselblom-mmasjien wwoeker ongesiens voort terwyl griep my begin beetpak, warm miere wat onder my vel sit en sweet. Dan’s dit Valiant en die Brasse Vannie Kaap, twee ou Kaktus-stapels. Mandoza eindig die nag op ’n hoŽ noot, sy sidekick wat somersaults van die stage af maak (het nie by die ddisselkoos show gebeur nie, byvoorbeeld) sodat meisies in die crowd hom van nader kan leer ken.

Hierdie tyd van die aand is dinge eenvoudig, almal wil ůf verder drink, ůf dagga rook, of iets eet, naai, soen (of al drie), of gaan slaap omdat hulle eenvoudig nie meer wil wakker wees nie.

Koos en Kannetjie sit backstage met babas en ’n pram.

Kannetjie: Iemand hier vra waar’s die brandblussers.

Koos: Die Brandblussers? Is dit ’n band se naam?

Die 24-uur Pick ’n Pay bied verdere laataand vermaak. BVK koop: 3 brode, 1 melktert, pak biltong en ’n pak BBQ-flavoured Crinkle Cuts.

Nag en koors kombineer dan tot ’n perfekte warm swartigheid waarin ek ’n holtetjie gaan krap tot Sondag, wat bereik word deur die hulp van ’n engel wat vir my pille aandra, en dan’s dit lig en als is dieselfde, behalwe dat Angola reeds weg is (dalk was die hele week ’n droom), en ek klim in ’n kar en fokkofgesinsmotor.



LitNet: 3 Mei 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.