Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Plakkaatherrie lei tot wÍreldwye aanlyn-“verkiesing”

Erns Grundling


“VulgÍr!”

“Platvloers!”

“Hoe kan dit in die mooie Stellenbosch opgeplak word?”

“Waarheen gaan ons sedes?”

“Afrikaans word as ’n hoertaal uitgebeeld!”

Dit is maar enkele voorbeelde van uitlatings in die nuutste herrie wat in die o-so-brose Afrikaanse kultuurruimte losgebars het. Nadat ’n skynbaar falliese kerktoring en verdoemende uitlatings oor gays se saligheid onlangs die nuus oorheers het, is dit ’n feesplakkaat wat nou aan die beurt kom.

Sů aggressief was die reaksie op die Stellenbosse Woordfees se gekose plakkaat vir volgende jaar se fees (8-14 Maart 2004) dat die organiseerders oorweeg het om dit te onttrek. Daar is egter besluit om ’n wÍreldwye aanlyn-”verkiesing” te hou en sodoende die speelveld oop te gooi vir Jan Publiek. LitNet sal die verkiesing fasiliteer en daar is aanloklike pryse op die spel.

Op die veelbewoŽ pienk plakkaat is ’n redelik gesette en welbedeelde vrou wat sigaret in die hand wydsbeen in haar onderklere (kompleet met suspenders en stewels) hardegat op ’n stoel sit. Die bypassende slagspreuk verklaar onomwonde: “Diep gewortel, wyd gesaai.” Die plakkaat is ontwerp deur Claire Crebo, en Paula Rossouw was verantwoordelik vir die slagspreuk.

Plakkaat 1


In ’n persverklaring wat die Woordfees nŠ die aanvanklike aankondiging uitgereik het, is die volgende daaroor gesÍ: “Stout, sterk, sensueel en onkonvensioneel is van die woorde wat by ’n mens opkom as jy na die vroue-figuur in haar ontwerp kyk.”

Die naaswenner, wat nou weer in die “verkiesing” te staan kom teen Crebo s’n, is Luvuyo Tyeli se interessante plakkaat waarin verskillende bewegende wit figure op ’n swart agtergrond lewe en lyf gee aan woorde. Die bekende skrywer Ronnie Belcher het hier die slagspreuk “Elke woord vier fees” gemunt.

Plakkaat 2


Nadat die wenplakkaat egter in die gemeenskapskoerant Stellenbosch Gazette (en ook op LitNet) verskyn het, is die Woordfees oorval met bekommerde, beswaarde en plek-plek bemoerde oproepe en e-posse. Daar is selfs by die rektor se kantoor ťn die kweekskool aangeklop.

Hier volg enkele uittreksels:

“Ek gril om te dink dat so ’n plakkaat die wenner is.”

“Dit straal platvloersheid uit.”

“Waarheen gaan ons sedes, hoe kan ons ons kinders hieraan blootstel?”

“Hierdie is ’n verkleinerende, seksistiese uitbeelding van die vrou.”

Ander beswaardes het dit gehad teen die “uiters suggestiewe aard” van die plakkaat, terwyl een skrywer “sidder om te dink” wat die plakkaat se invloed op kinders sal wees.

Theo Kemp van die Woordfees het sy verbasing uitgespreek na diť hewige reaksie. “Die funksie waartydens daar vir die beste plakkaat gestem is, is deur nagenoeg 80 akademici, administrateurs, joernaliste en belanghebbendes bygewoon. Die spesifieke plakkaat het verreweg die meeste stemme gekry, en is by die funksie hardop toegejuig.”

Volgens Kemp was die oorwegende gevoel dat die plakkaat ’n goeie uitbeelding is van waarheen Afrikaans op pad is - “meer verlig en los van hang-ups”.

Die tema van Woordfees 2004 is “formidabele vroue” en die fees word opgedra aan die groot digter Elisabeth Eybers. Volgens Kemp was daar beswaardes wat ’n konneksie tussen Eybers en die spesifieke vrou op die plakkaat wou maak!

Dr Dorothea van Zyl, voorsitter van die Woordfees, vra die vraag of die letterkunde nie juis veronderstel is om grensoorskrydend te wees nie. “Is dit nie eintlik dan vanpas dat die Woordfees 2004-plakkaat die kyker dwing om na te dink oor die ‘korrekte’ en ‘toepaslike’ definiŽring en uitbeelding van die vrou nie?” het sy gesÍ.

Volgens Van Zyl was daar darem ook nie net negatiewe kommentaar nie. “Baie mense assosieer die plakkaat met ’n loslit-, bevryde Afrikaans wat diversiteit op verskillende vlakke erken en aanmoedig,” het sy gesÍ.

Die US Kunsdepartement se derdejaars ontwerp jaarliks die plakkate. Hul dosent is niemand anders nie as Anton Kannemeyer, wie se Bitterkomix-reeks saam met Conrad Botes in die verlede reusereaksie uit konserwatiewe kringe ontlok het.

“Ek is net werklik verras dat iets so onskuldig nou hierdie oordrewe seksuele dimensie gegee word. Ek sou nooit kon droom dat baie van Stellenbosch se mense steeds so kleindorpieagtig in hul denke is nie. Tien jaar terug was daar ’n helse reaksie op ’n Bitterkomix-uitstalling in Dorpstraat, wat baie meer uitdagend en skokkend was. Dis dalk tyd dat ons weer die ou goed uitstal,” was sy mening.

Volgens Kannemeyer gaan die Woordfees-plakkaat juis oor die bemagtiging van die vrou. “Dit is ’n estetiese plakkaat - ek sou eerder dink dat die seksuele ondertone met kabaret geassosieer sou word. Dit beeld vir my die empowerment van die vrou uit,” het hy gesÍ.

Hy meen die plakkaat is hoegenaamd nie platvloers nie. “Platvloers? Mense wat wors braai met hul boepense is vir my platvloers. Hierdie tipe plakkaat breek dan juis die stereotipe af van hoe baie Afrikaners gesien word,” het hy gesÍ.

Maar nou lÍ die plakkaat se heil in die breŽ publiek se hande.

“Omdat beide ons getroue en ons potensiŽle feesgangers se mening vir ons belangrik is, het al hierdie reaksies ons op die idee gebring om die stemmery ruimer te maak as die plakkaatfunksie,” het Van Zyl gesÍ.

Stuur jou keuse vir ůf Claire Crebo (Plakkaat A) ůf Luvuyo Tyeli (Plakkaat B) se ontwerp per e-pos na LitNet by feeswortel@mweb.co.za of bel andersins (021) 886 5169 op weeksdae-oggende tussen 9 en 12. Deelnemers hoef slegs te noem in die e-pos / oproep watter plakkaat hulle verkies. Volledige kontakbesonderhede moet ook ingesluit word.

Stem gou en staan die kans om ’n boekpakkie, die CD ’n Jaar in die son van Koos Kombuis en Valiant Swart en Woordfeeskaartjies pasella te kry! Die sluitingsdatum is Maandag 15 Desember.

Wat dink jy van die hele herrie? Rig jou opinie in ’n SÍNet-brief aan Deborah by webvoet@yahoo.com en jy kan ook die CD ’n Jaar in die Son inpalm!

26 November 2003

boontoe / to the top


NOT FOUND