Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Resensie: Die Konvokasie se Krytsirkel

Loftus Marais

Die konvokasie van die US se jaarlikse vergadering is in die HB Thom Teater gehou. En was dit nie 'n uiters vermaaklike politieke pantomime van stereotipes nie. Bram Fischer was om die beurt beide held en skurk. Sy aksies was natuurlik off-stage, en die verskillende perspektiewe en verslae wat daaroor gelewer is, sou selfs die mees geharde postmoderne teaterkritikus se bloed laat ys het.

Daar was - goddank - geopen met gebed. Goeie ou Nederduits Gereformeerde rolspel: "Je-e-e-e-sus Chris-s-s-s-tus", ens. Bravo. Ek is baie bly ons vra nog vir god om leiding by sulke vergaderings. Wat sal ons sonder hom doen? Dalk vasgespyker bly tot die verlede?

Daar moet ook melding gemaak word van prof Kapp, wat sy rol skitterend vertolk het. Daar was vele akteurs wat in hulle rolle as jagse ou mans met hulle seksistiese grappies en rugbymetafore uiters realisties en oortuigend was. Kapp het egter nou en dan gekla dat die skerp verhoogligte hom verblind. Vermoedelik was dit die Spotlight van Christus wat by tye die vergadering so mildelik verlig het.

As 'n garden variety gay ates was dit vir my persoonlik 'n groot plesier om in die saal te sit en Kapp se Radio Springbok-stem as 'n turn-on te ervaar. Terwyl ek aan myself deur my broeksak gevat het, het ek ook 'n siek plesier gekry uit die wete dat ek een van die min mans in die saal is wat nog 'n ereksie kn kry.

Prof Julian Smith, die gasspreker, het ook oor sport gepraat. 'n Onderwerp so na aan die manne se hart. Daar was ook 'n skyfievertoning met Chariots of Fire se temamusiek in die agtergrond. Gepas. Ek is seker baie van die ouer garde - diakens, ouderlinge, skoolhoofde, bobaaskoekbaksters - dink hulle is so heilig dat god een van sy vuurkoetse vir hulle sal afstuur as die tyd kom. Inderdaad, mens kon die hoeveelheid lig wat van pankoppe, Brylcreem- en psigedeliese purple-rinse-haarstyle weerkaats het, maklik vir stralekranse misgis het.

Dr Tertius Delport het ook vertel hoe hy vroer die dag seker gemaak het dat sy naam steeds in sy Dagbreek-koshuiskamer uitgekrap staan. As die koshuisplasingsbeleid net verseker dat oud-Maties soos hy in die toekoms nie sy nostalgie op ander unsuspecting victims wreek nie, sal dit al klaar baie positiewe verandering bewerkstellig het.

Soms het die pantomime mens diep geraak. Soos een van die lede van die konvokasie wat met kleur en geur vertel het dat sy vrou as kind met haar familie uit die "ou Tsjeggo-Slowakye" gevlug het, tassies-in-die-hand-op-die-treinstasie en al. Ek neem aan dit was 'n poging om Bram die Bolsjewistiese Booswig 'n satanies-Stalinistiese werklikheid te maak. Prys Marx daar is mense soos Eduard Grebe wat 'n bietjie perspektief het en vir die konvokasie van Fischer se skryfwerk voorgelees het.

Nog 'n treffende emosionele moment was toe prof Visser aankondig hy gaan dalk sy graad simbolies verbrand. Hy is duidelik baie ongelukkig oor die draaie wat die universiteit neem.

Ek, as lid van die konvokasie, is in 'n artikel soos hierdie dalk nie Hoflik nie - daar was by die vergadering telkens gesmeek vir Hoflikheid - en ek wys seker nie die nodige respek vir die ouer generasie nie, maar hierdie mense wat gerespekteer moet word, is die mense wat f apartheid ingestem het f gewoon rustig agteroor gesit het toe die onmenslike regime tot stand gekom het. En nou prewel en teem hulle - soms brom hulle ook 'n diep "skande" of "hoor-hoor" - oor die onmenslikheid van kommunisme.

Die meeste lede van konvokasie hou daarvan om lyne te trek. Dik wit krytlyne, krytsirkels en krytvierkante. Anders as Brecht, medeteaterliefhebber, het hulle Verfremdung te make met die vervreemding van die jonger garde. Die studente, die jong konvokasielede skaam hulle vir hierdie dele van hulle universiteit en wil niks met hulle te make h nie.

As teaterganger is ek gewalg, tog eindeloos vermaak, deur hulle gruwelike kostuums en grimering, en hoop ek hulle besef die gordyn het al lank gelede op hulle gesak.



LitNet: 15 November 2004

boontoe / to the top


NOT FOUND