Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die KKNKnatertaal se paljas

Erns Grundling

Die plakkate is teen die vensters, ’n ballon dryf in die lug
deur die tralies van die stede het ons na die Klein Karoo gevlug
Afrikaners raak plesierig, hulle speel en wroeg en lag
ek loop deur die strate van Oudtshoorn, ek soek na Breyten Breytenbach — Albert de Vos, “Strate van Oudtshoorn”

Een rekenaar, een faksmasjien, en moontlik die enigste selfoon op daardie stadium in die Klein Karoo. ’n Span hardwerkende organiseerders met hope inisiatief en waagmoed. Kunstenaars en akteurs wat begeesterd deelneem aan sowat 90 produksies ... en die reuk van braaivleis wat hang in die lug. Sů het die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 1995 ’n eerste tree tot grootsheid gegee.

Pieter Fourie, destyds die uitvoerende feesdirekteur, skryf in daardie heel eerste feesprogram oor “die doepa en paljas van Afrikaans”, en verklaar onomwonde: “(D)iť kanniedood taal het knaters”. Op die vooraand van die tiende fees spreek hierdie “kanniedood”-status en die impak van die KKNK vanself: 1 800 produksies later, en die miljoenste teaterkaartjie wat onlangs verkoop is.

In sy pragtige lied “Atlantis in jou lyf” sing Koos Kombuis: “Ek weet jy is hier iewers in die klei van Afrikaans.” Die KKNK kan sekerlik beskou word as diť een grootskaalse gebeurtenis wat die “klei” van Afrikaans in al sy skakerings, nuanses ťn potensiaal aan honderde duisende feesgangers uitstal.

Vandag word die KKNK met reg beskou as ’n nasionale bate. Met die oorgang na die eerste demokrasie in ’94 was daar oraloor vrese dat die Afrikaanse leefwÍreld, en veral die uitvoerende kunste (wat “kuns-matig” deur onregmatige bevoordeling en ruim subsidies van die staat onder die vorige regime gedy het) nou finaal gekelder is.

Die KKNK het egter sy deure oopgegooi en almal verwelkom op Oudtshoorn. Hoewel integrasie ’n komplekse en soms moeisame proses is, het die fees ’n groot rol gespeel om hierdie dringende kwessie aan te spreek.

En diť integrasie het veral op die verhoog afgeskop: dink maar aan Laurika Rauch en Vusi Mahlasela wat ’n Kaktus-gehoor in trane het, of Tokas Lodewyk wat ’n wafferse riel kap in David Kramer se hoogaangeskrewe Karoo Kitaar Blues wat hier op Oudtshoorn gepremiŤre het. Of Antjie Somers, wat as ’n eerste volbloed inheemse musiekblyspel beskou word.

Hoe voel die kunstenaars self oor hierdie Oermoeder van Afrikaanse kunstefeeste?

Amanda Strydom het nog nie ’n enkele KKNK misgeloop nie. Deur die jare het sy al haar vertonings hier opgevoer en ook heerlik gekuier saam met Breyten Breytenbach, Stef Bos, Johannes Kerkorrel en vele ander kunstenaars. Sy onthou hoe sy by die heel eerste fees haar musiekteaterstuk State of the Heart voor ’n intieme gehoor in die Drilsaal opgevoer het.

“Die lokaal was klein en hoewel ek nie nodig gehad het om ’n mikrofoon te gebruik nie, het ek steeds. Alles het geDRIL ... die mense het my seker anderkant die rugbyveld hoor sing!”

Sy het een van die groot hoogtepunte van haar lewe by die fees beleef. “Die KKNK was die plek waar ek vir Nelson Mandela die eerste keer ontmoet het. Ek sal daardie oomblik nooit vergeet nie.”

Dit was by hierdie geleentheid — waar Amanda die verhoog met Madiba gedeel het — dat Madiba Groot Verseboek 2000 opgelig en Afrikaans vry verklaar het.

Sy is vol vertroue oor die KKNK se pad vorentoe. “Tot dusver gaan dit goed; die fees het ontsettend gegroei en gedy. Ons moet die fees net altyd ‘oop’ hou; ons moet nooit ’n laer trek op onsself nie. Die feit dat daar vanjaar minder gratis verhoŽ en hooibaalkonserte is, is ’n goeie teken.”

Van laertrek gepraat, die satirikus Pieter-Dirk Uys het glo skertsend by die eerste fees opgemerk: “Laer as dit kan ons nie gaan nie!” Hy is ook van mening dat die KKNK “die een plek is waar die Broederbond nog glimlag,” maar dit het hom nog nooit gestuit om jaar na jaar sy uitverkoopte vertonings fees toe te bring nie. Hy sal wel ’n groter bewuswording van MIV/Vigs op die lamppale van Oudtshoorn se strate sal wil sien.

Vir Mr Fat van die hip-hop-groep Brasse Vannie Kaap was die eerste Kaktus op die Vlaktes (1998) waar hulle opgetree het, ’n sonderlinge hoogtepunt.

“Ek kan dit nie explain met woorde nie. Ons het glad nie geweet hoe die wit audience ons gaan ontvang nie. Dit was die jaar na die blikkies-episode op Kaktus; ons het maar besluit dat ons sal teruggooi as die mense ons begin gooi. Wat happen moet happen.

“Maar toe ontvang hulle ons met ope arms, en ek besef, kyk die acceptance, kyk die elevation. Die Kaktus-revolution het baie van Apartheid se dinge help afbreek, veral onder die jonger mense.”

Schalk Schoombie was die eerste redakteur van die feeskoerant, Krit, en het verlede jaar die teaterstuk Gesplete tong by die fees op die planke gebring. Vanjaar is hy weer by die KKNK met Wetters, waarin Jan Ellis te sien is.

“In 1995 het ons een rekenaar gehad en was in ’n klein saaltjie ingeprop. Ons redaksie was slegs ’n handvol studente en ons het tot vieruur soggens gewerk en dan weer vroeg begin.” Vandag is Krit een van die feeshoogtepunte en top joernaliste van regoor die land is jaarliks deel van die redaksie, in goed-toegeruste rekenaarlokale en redaksiekvertrekke.

Volgens Schoombie het die KKNK ongelooflike groei beleef, wat hy ’n “absolute ontploffing” noem. “’n Briljante teaterwerk soos Uit die bloute het nuwe moontlikhede vir Afrikaanse teater geskep. Dit bly egter steeds ’n moeilike pad. Party mense is verseker van uitgeboekte sale, maar met meer gewaagde werk vat jy maar jou hart in jou hande. Mens kry ook die gevoel dat akteurs soms onwillig is om meer gewaagde uitdagings te aanvaar.”

Die KKNK beteken baie vir boeke. Volgens Kerneels Breytenbach, hoof van die uitgewer Human & Rousseau, is die Boekeparadys in die CP Nel Museum een van die vaste komponente van die fees. “Die KKNK lok baie mense uit streke waar daar nie groot boekwinkels is nie. Die Boekeparadys is ’n goeie voertuig om die publiek te bereik, wat ou en nuwe boeke betref. Dit is ook ’n heerlike bymekaarkomplek vir mense om te kuier en om kontak met die skrywers te maak.”

Breyten Breytenbach het sowat ’n jaar gelede alle bande met die Afrikaanse leefwÍreld verbreek. Kerneels Breytenbach — sy uitgewer — meen nie die KKNK het noodwendig ’n direkte rol daarin gespeel nie. “Dit bly baie ongelukkig en is ’n sameloop van verskeie omstandighede wat tot sy besluit gelei het. Hy sal dit eers moet verwerk. Maar met Breyten is die kans nooit uitgesluit dat hy weer by die KKNK sal wees nie.”

Die KKNK het deur die jare ook ’n kollektiewe reŁnie geword vir derduisende feesgangers. Dit word ’n nostalgiese terugblik op vertonings, vriendskappe rondom die feeste en lawwe avonture in die strate van Oudtshoorn. Koos Kombuis lys die volgende as sy hoogtepunte van die KKNK:

“Die eerste treinrit soontoe; ek het op daai trein met Kerkorrel vrede gemaak en ook my toekomstige vrou ontmoet. O ja, en die crackers elke jaar na Kaktus, die witblits-stalletjie en my eerste optrede met ’n simfonie-orkes verlede jaar by Pops, en toe LitNet se SkermEngel my in die Boekeparadys besoek het.”

Nog ’n kunstenaar wat altyd ’n staaltjie of twee uit die hoed kan pluk, is JohrnŤ van Huyssteen van die groep ddisselblom.

“By een van ons eerste vertonings in Baron’s Place het die kÍrels in die kroegarea halfpad deur ons eerste song begin rugby kyk en tekere gaan. Rocco de Villiers het tussenbeide getree en met sy fyn stemmetjie begin gil en die ouens as ‘White trash!’ uitgekryt. Die kroeg was binne drie minute dolleeg!”

Een van JohrnŤ se groot oomblikke in sy lewe was toe Breyten Breytenbach hom trompop loop in die strate van Oudtshoorn, met die vraag: “Hoe kry ’n lelike ou soos jy so ’n mooi vrou?”

Hoe sien JohrnŤ die toekoms van die KKNK? “Die fees moet die grootste een in die land bly. Maar dalk moet dit in die jare wat kom kleiner word, maar met voller venues.”

Vir die Liedjieboer Anton Goosen was Kaktus op die Vlaktes ’n groot hoogtepunt, “veral in die dae toe dit nog ’n Afrikaanse rockfees was”. So ook die Om te Breyten-vertonings en sy eie Anton en Vrinne. “Selfs die kontroversie rondom backtracks en geblikte musiek het op die ou end ’n goeie uitwerking gehad — kyk dan na Dozi, wat vandag met ’n volle band speel!”

Karen Meiring, besturende direkteur van die KKNK, dink met heimwee terug aan die eerste fees in 1995. “Ek dink nie mens vergeet ooit ’n eersteling en daardie eerste treŽ nie. Die KKNK bly ’n groot wonderwerk, en die sukses gaan oor die mense — en spesifiek hier die kunstenaars, waarsonder ’n fees eenvoudig nie moontlik is nie.

“Vanuit die staanspoor was integrasie deel van ons missie en visie. Dit het dalk gouer op die verhoog gebeur as onder die mense, maar dit raak al hoe beter en bly een van ons belangrikste oogmerke.”

Vir Meiring was die kabaretster Herman van Veen se besoek aan die KKNK in 1996 ’n reuse-hoogtepunt. “Die feit dat Van Veen — wat lid is van soveel invloedryke wÍreldorganisasies — ingestem het om na die KKNK te kom het gedui op ’n persepsieverandering.” Sy beskou die premiŤre van Antjie Somers — die eerste musiekblyspel in Afrikaans — as nůg ’n groot hoogtepunt.

En hoe het sy laagtepunte hanteer? Die blikkiesgooi-insident by Kaktus in 1997 en die bohaai rondom Steve Hofmeyr wat die Krit-redakteur Jan-Jan Joubert te lyf gegaan het in 2002 is van die gebeure wat dadelik by mens opkom.

“Sekere goed gebeur waaroor mens geen beheer het nie. Die blikkies-insident was verreweg die grootste laagtepunt. Ons het dadelik probeer om goed in die oopte te kry, en het die volgende oggend ’n mediakonferensie gereŽl wat Miriam Makeba ook bygewoon het. Wat die Steve Hofmeyr-voorval betref is dit jammer dat die sensasie rondom die gebeure heelwat van die fees se doelwitte tydens daardie jaar gekaap het.”

Een van die kwelpunte bly egter steeds of daar ’n balans gehandhaaf word tussen kuns en vermaak. Met “vermaak” word verwys na die gratis verhoŽ en wyntente wat al hoe meer spasie opneem en ernstiger teatergangers grensloos irriteer. Dit skep ook by baie feesgangers die persepsie van ’n oordonderende boerebasaar, iets wat die KKNK se beeld skade kan doen, veral op die lange duur. Die groep Kobus! sing hiervan in hul liedjie “Kultuurfeestent”: “Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent.”

Die filosoof Johann Rossouw is ten gunste van die “noodsaaklike ewewig tussen die ervaringe van die diepsinnige feesganger en diegene wat die vermaak en pret van veral die gratis verhoŽ geniet”. Hy beskou die vermaak van gratis verhoŽ en blikmusiek by die KKNK as “’n massavertoning van baie moeŽ gimnaste”.

Meiring beskou bogenoemde as ’n baie grondige bekommernis. “Daar is reeds vanjaar toegangsfooie by bykans al die tente en verhoŽ wat vroeŽr gratis was. Feesgangers sal dadelik die verskil opmerk. Aan die een kant is dit natuurlik ’n feit dat vermaak soms betaal vir die ‘groot kuns’. Ons kernbesigheid bly egter steeds die kunste, en dis waarop daar gekonsentreer moet word.”

Dit is belangrik vir die KKNK om deurgaans krities — ook oor die fees self — te bly.

Behalwe vir die oorvloed komplimente en aanmoediging moet die kritiese stem altyd duidelik hoorbaar wees bo die gedruis van die luidsprekers en die flikkering van die vreugdevure. Want dit is immers een van die kunste se belangrikste kenmerke: om konstant uit te daag, te skep en te vernuwe.

Anders sal die fees jou waarlik in ’n boertige gemaksone verval. Daarom is Die Burger se Lesingreeks ’n belangrike forum vir hedendaagse kwessies. Maar so ook die gesprekke onder feesgangers — buite die teaters sowel as rondom tafels en braaivleisvure. Ons is immers ’n issue-gedrewe gemeenskap, hetsy met braaitang of referaat in die hand.

Met die tiende fees op hande behoort die allerlaaste doepa en paljas aan Koos Kombuis, wat met ’n vonkel in die oog die volgende te sÍ het oor hierdie Oermoeder van Afrikaanse kunstefeeste: “Hopelik sal die KKNK altyd die lekkerste kerkbasaar ter wÍreld wees ...”



30 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


NOT FOUND