Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ingrid Jonker Aand

Dis vanjaar presies 40 jaar gelede dat Ingrid Jonker die see ingeloop het. Op die nag van die 18de Julie, by Drieankerbaai. Die ironie is dat 18 Julie ook Nelson Mandela se verjaardag is. Die rigting waarin sy geloop het, was ook lynreg op pad na Robbeneiland. Mandela het ook in 1994 die parlement met haar gedig, Die Kind, geopen. Vreemde simboliek. n Groep digters het vanjaar n spesiale geleentheid gehou om hierdie briljante vrou te onthou. Verskeie skrywers het Die Kind in moderne konteks herskryf. Dit trek n direkte lyn deur na die hedendaagse dinge wat, n al die verandering, in ons land heers. Hierdie gedigte was op Maandag 18 Julie by n spesiale aand te Mesopotamia in Langstraat voorgelees. Chris Chameleon het sy musikale weergawes van haar werke opgevoer en Riana Wiechers was daar met haar kamera!


Klik op foto vir vergroting en onderskrif.












Die spook wat verdwaal het op Kaapstad-stasie

Krisjan Fourie

Die spook is nie laat nie
Die spook kyk na die klok teen die muur
Wat tyd vasbind              ontbind soos 'n vlak graf
Asook vreemde krapmerke
Teen 'n bloedbelope stadsmuur

Die spook lieg haar pad oop
Verby 'n kaartjiekantoor met 'n pisreuk
Wat 'n sout nasmaak los              dryf bewusteloos rond
Tussen breine, bene, brille en bolywe
In die groot mond met die enorme aptyt

Die spook is nooit betyds nie
Ng tussen aankoms- en vertreksale
Ng tussen eerste- en derdeklas
Ng tussen duiwels en engele
Waar sy wandel soos 'n x-straal teen die son

Die spook sweef af in die gange van verwyt
Op pad na 'n skare gewapen met swepe en die boeie
Die spook is teenwoordig by alle sterftes en geboortes
Die spook loer deur millenniums met 'n oog wat oneweredig knip
Die spook wat voor die tyd wou lag, en nie op die begrafnis nie
Die spook wat nie omgee dat almal verbyloop nie
Die spook wat soos die Suid-Ooster deur die ribbes van die wreld waai

Sonder 'n doel

*

Die siel

Maritha Bronschk

Die siel is nie dood nie
dit hyg spikkelrig teen die swart
wat Prozac skreeu    skreeu die niks
in die loopgraaf wat brein was

Die siel lig sy kneukels teen sy omgewing
en beur teen die geen van generasies
wat Prozac skreeu    skreeu die niks
in die padded room wat hart was

Die siel is nie dood nie
ng by Oranjezicht ng by Pollsmore
ng by Sandton ng by Sunnyside
ng tussen die lyne

Die siel beur in die o van verklipte kinders
maak nes in die hande van die vensterwasser
sug binne die soveelste bondel wasgoed
sy snuif aan die regsbank, krap teen die tralies
en splinter oor die ontbinde grond van die land
die siel wat 'n stem wou wees
lem oopmond die ingewande van strate
grassnyers, stofsuiers en gemakstoele
die siel wat 'n kneusing was
wat seer geword het
wat sweer van leef

Die siel wat 'n vuis is

klop klop onverstoord
verbete vir 'n gewete

klop klop

Sonder 'n pil

*

Die geliefde wat wegverdwyn het tussen bondels blondines

Madelet du Plessis

Die geliefde is nie hier nie
Die geliefde borsel sy LieweJesusLangHare
Wat skreeu kyk-na-my       skreeu vat-aan-my
Uitlokkend die woorde en soene
In die holtes van my bloeiende hart

Die geliefde sluit sy o in afwagting
Vir die optog van blondines
Wat wulps skreeu              skreeu die kele
Wat klop van hormone en bloed
In die strate van my stukkende hart

Die geliefde is nie hier nie
Ng by Gister ng by Mre
Ng by Eergister se begrafnis
Ng by die kerkhof van die verdwene verliefdes
Waar ek l met 'n koel deur my hart

Die geliefde is die skaduwee van die drome
Swerwend met spinnerakbeloftes en skimme
Die geliefde is teenwoordig in alle drome en lugkastele
Die geliefde loer deur die vensters van blondines en in die harte van verwerptes
Die geliefde wat net wou speel in die nag van belofte is orals
Die geliefde wat verveeld geraak het vertrek na die volgende kontinent
Die geliefde wat 'n mot geword het verdwyn in die rook agter die vuur

Sonder 'n gewete

*

Die ouma

Onida Cowan

My ouma is nie dood nie
sy lig haar vuiste teen haar dogter
wat heeshart desperasie skreeu    skreeu die geur
van boomhars en bobbejaantoue
in die suburb van ontwykende soberheid

My ouma lig haar vuisies teen verveeldheid
in die optog van vroue
wat vryheid skreeu     skreeu die geur
van vere en varings
in die Attakwas van vrouwees

My ouma is nie dood nie
ng by Brandrivier ng by Tokai
ng by Gouna ng by Witelsbos
ng in die begraafplaas in Sedgefield
waar sy l met swartgeteerde longe

My ouma is die spiraal wit wolk
van my allerlaaste dalk, net maybe sigaret
my ouma is teenwoordig by elke uitbarsting van leef
sy loer onbeskaamd deur die vensters en harte van
almal wat my tekom
die ouma wat net wou speel in die bos is hier
die ouma wat vrou geword het trek deur my are
die ouma wat tasbaar geword het is my asem

met my naam

*

Jou kind

Riana Wiechers

Jou kind word nie groot nie
Jou kind lig dun hande teen die skyn van jou aanwesigheid
Wat haar kindername fluister      wat jou reuke sing
Van siekte en liefde
In die magteloosheid van jou sterwende hart

Jou kind vou haar hande teen jou tere aanslae
En die wegbleik van jou herinnering
Wat jou nederlaag skreeu     skreeu die leemte
Van onvoorwaardelike liefde
In die handel en wandel van haar ontouerde trots

Maar jou kind word nie groot nie
Ng in Hofstraat ng in Vredehoek
Ng in 'n beige huis in Durbanville
Ng onder haar suster se wit beddegoed
Waar sy l met 'n boek teen haar smart

Jou kind is jou lyf se skynherrysing
Op wag met 'n glimlag wat s dis ok
Jou kind is teenwoordig by begrafnisse en familiebyeenkomste
Jou kind luister uit vir die noem van jou naam en jou woorde in vlymskerp
oomblikke
Jou kind wat net jou naam wil kan s sonder snak of trane is verdoof
Jou kind wat al kleiner raak bly terugplof deur haarself in wyn
Jou kind wat steeds nikser word bly op een plek verdwyn en verskyn

Sonder 'n ma

*

Die oom wat doodgesteek is deur sy werkers by Nietverdiend

Thys de Beer

Die oom is nie dood nie
Die oom laat sak sy kop in skaamte voor sy gemeente
Wat selfbeskikking skreeu          skreeu die geur
Van identiteit en kameeldorings
In die oranias van die aparte volk

Die oom sak sy kop voor sy vadere
In die veldslae van die generasies
Wat selfbeskikking skreeu          skreeu die geur
Van braaivleis, sunny skies en chevrolet
In die skoolsale van sy ras-egte trots

Die oom is nie dood nie
Ng by Ventersdorp ng by Zeerust
Ng by Tshwane ng by Makopane
Ng in sy voorkamer op Nietverdiend
Waar hy l met 'n dolk in sy rug

Die oom is die skaduwee van sy voorvaders
Op wag met mausers en bakkies met bullbars
Die oom is teenwoordig by alle vergaderings van die WVK
Die oom loer deur die vensters van HOP-huisies en in die harte van sy plaasarbeiders
Die oom wat net wou god speel in die son van Nietverdiend is orals
Die oom wat 'n mens geword het trek deur die ganse Afrikanerdom
Die oom wat kns geword het reis deur die vlaktes

Sonder 'n plaas

*

Die Amerikaner

Yolande Botha

Die Amerikaner is nie dom nie
Die Amerikaner projekteer sy stem oor televisies
Wat asseblief tog smeek           smeek die smaak
Van nederigheid en stilte
In die sitkamers van die dowwe gees

Die Amerikaner projekteer sy stem oor mikrofone
In die gange van die Verenigde Nasies
Wat asseblief tog smeek         smeek die smaak
Van barmhartigheid en vrede
In die kampe van sy gepleisterde moed

Die Amerikaner is nie dom nie
Ng by Washington ng by New York
Ng by Irak ng by Afganistan
Ng by die ateljees in Hollywood
Waar hy wag met sy opinie op sy tong

Die Amerikaner is die heerser van die wreld
Gereed met bomme, komitees en filmsterre
Die Amerikaner is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
Die Amerikaner sluip deur die deure van skole en in die kinders se koppe
Die Amerikaner wat net kalkoen wou eet om dankie te s neem oor
Die Amerikaner wat 'n leier geword het infiltreer deur die grense
Die Amerikaner wat 'n probleem geword het stap vrylik rond

Sonder 'n kop

*

Die kind wat beswyk het aan 'n vol lewe

Karen Eloff

Die kind is nie dood nie
Die kind lig haar vuiste teen haar moeder
die polsende ritme wat geborgenheid skreeu - skreeu die bloedontstellende
kreet van fallustiese predators
sy smag na lekkasies in haar omsingelde spasie.

Die kind lig haar vuiste teen haar vader
in die optog van lang tande
wat kwylend sis      skreeu die newels
van oorlewingsdrange en self-medikasie
in sy hand sy gewapende trots.

Die kind is nie dood nie
nog by die pubs op plase nog by die bikers se ralleighs
nog in die limo by my vir 'n lyn en tequila
nog by die klub in die ooste
waar sy l met 'n skerwende hart
               coke in haar are
               en bloed op haar brein

Die kind is die skaduwee van verwagtings
wat wag op poesie en pille en parentetiese innuendo
die kind is teenwoordig by elke masturbasie flirtasie
die kind sluimer op tafels en stoele en in die hart van haar moeder
die kind wat net wou speel in die flitse van die ritme is orals
die kind wat vrou geword het in die vrugbare verbeelding
die kind wat ms koud word klop warm

*

Die kind vir nullers

Deborah Steinmair

Ingrid is nie dood nie
Hoe flonker haar woorde teen die donker
Ewig jonker die nadraai
van seerkry en seewier
teen die verhemelte van haar volgelinge

Ingrid lig haar vuiste teen haar vader
Abraham afkeurend en distant soos
al die paadjies van sy woorde
en die skerwe van die spieel
teen haar minnaars se gepantserde woorde

Ingrid se voetspoor draai
By Gordons- en Drieankerbaai
Soos die seevoël wat verhongerd dwaal
Verby die polisiestasie in Moulle Point
Loop haar spore na Robbeneiland

Sy die beskermikoon van verlorenes
Skrywers in sand en die hond wat op die strande draf
Ingrid is teenwoordig by Hertzogprysuitdelings en digbundels
Ingrid fluister deur baksteenhuise in die harte van moeders
Die vrou wat die siele van minnaars wou besit is oral
Die vrou wat ‘n kind gebly het trek deur die hart van Afrikaans
Immer jonk reis Ingrid Jonker akwaties ondermeers

Op elke tong

*

Die kind wat doodgesteek is deur 'n rower in Landsdowne

Erns Grundling

(vir Jordan Leigh Norton ... en al die ander)

Kaapstad. - Die kind is dood
die kind “met ‘n steekwond in die nek”
volgens Die Burger se hoofberig
sy was ses maande oud
ma, oupa en ouma kry berading

Die huiswerker lig haar vuiste teen die rower
die kind word vir oulaas gevoed
Purity, speeksel en trane drup
binnekort ook bloed
as lem en nek mekaar ontmoet

Die kind is dood
sê Niekie op rsg sê News24.com
sê SABC2-nuus sê bure verstom
sê die ondersoekbeampte sê die distriksgeneesheer
waar sy lê op ‘n bed “met ‘n steekwond in die nek”

Die kind is die skaduwee van ons apatie
ons wat skouerophalend die koerant toevou
die kind is teenwoordig by elke wiegie
die kind loer vir ons uit ‘n familie foto-album
die kind wat net wou speel in die arms van haar huiswerker
die kind wat ‘n hoofberig geword het sterf honderdduisend dode
die kind wat ‘n slagoffer geword het en graf toe is

sonder ‘n kans




LitNet: 10 Oktober 2005

Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 boontoe / to the top


NOT FOUND