Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die boek se dood is die e-handpalm se brood

Johan Pienaar

Ek het die laaste week of wat die voorreg gehad om te speel met die nuwe weergawe van Microsoft Reader en vir die eerste keer kan ek eerlik sÍ dat boeke soos ons dit ken, se dae getel is. Daar sal altyd boeke wees vir nostalgiese redes, maar vir presies dieselfde redes dat kompakskywe ou vinielplate se agterente so vinnig en hard geskop het, gaan elektroniese boeke (e-boeke) gedrukte boeke vervang.

Dalk nie deur gebruik te maak van die rekenaar soos die een wat op jou lessenaar staan nie, maar eerder die nuwegenerasie palm- of tabletrekenaars.

Palmrekenaars is, soos die naam beskryf, toestelle wat in jou hand kan pas. Tans word die mark gedomineer deur twee modelle Palm-produkte“ met hul eie Palm-dryfstelsel (ook die gewildste) en dan HP/Compaq se iPAQ-modelle wat Microsoft Mobile 2002- en 2003-dryfstelsels gebruik.

’n Tabletrekenaar is in wese ’n rekenaaraantekeningsblad min of meer so groot soos 3 A4-skryfblokke waarop jy, soos in die geval van palmrekenaars, aantekeninge kan maak met ’n stilus wat jy vir die nostalgie net so maklik soos jou pen kan verlÍ. Al die toestelle werk van herlaaibare batterye en is heeltemal draagbaar, wat beteken dat die tradisionele beperkings van lessenaarrekenaars, en in ’n groot mate skootrekenaars, nie meer geld nie.

Dit het tot gevolg dat die tradisionele beskouings van hoe sagteware met gebruikers wisselwerk, drasties gaan verander in die volgende paar jaar. Reeds is skrifherkenningstegnologie uitstaande en die HP iPAQ 1910 wat ek gebruik het, het my skrif sonder moeite herken na ek die Transcriber-skrifherkenningspakket geÔnstalleer het.

Die grootste nuus vir boekwurms is egter dat Microsoft se nuwe gratis weergawe van sy Reader 2.0-program tesame met die nuwe tegnologie die boek vir die eerste keer na die rekenaar toe gebring het. Voorheen, as jy boeke op rekenaars wou lees, was jy gedoem om ellelange woordverwerkte dokumente te lees. Die dokumente was moeilik om te lees aangesien die lettertipe en -grootte dikwels geskik was vir druk en nie vir lees vanaf ’n skerm nie. Dit was moeilik om van bladsy tot bladsy te blaai as jy nou eers wonder bo wonder daarin geslaag het om ůf jouself voor die rekenaar op jou lessenaar gemaklik te maak ůf jouself en jou skootrekenaar en diť se kragkabel op die een of ander manier op jou gunstelingbank in ’n vreedsame lÍposisie in te werk.

Microsoft se Reader-pakket verander dit alles. Jy lees ’n boek soos ’n gewone boek, met die druk van ’n knoppie blaai jy, die ClearType-tegnologie van Microsoft maak dit maklik om sommer die boek op jou rekenaarskerm te lees, en jy kan elektroniese boekmerke stel, teks merk en al die moeilike woorde in Ulysses van James Joyce gaan opsoek met die hulp van Encarta se ingeboude woordeboek.

Die eerste boek wat ek aangepak het, was Douglas Adams se Hitchhiker’s Guide to the Galaxy. Op my lessenaarrekenaar het ek die boek gemaklik kafgedraf in ’n paar ure. My oŽ was nie moeg nie, maar daar was dinge wat tog gepla het. Ek kon nie die boek saam met my toilet toe vat nie, en ek kon dit nie buite in die son of in my bed lees nie. Goed, as ek ’n skootrekenaar gehad het, kon ek seker in die bed gaan lees het, was dit nie dat ’n kennis van my homself en sy bed ’n paar jaar terug byna afgebrand het toe hy die blink idee gehad het om rekenaarspeletjies in die bed te speel nie. (Tegniese wenk: Die gate in jou skootrekenaar of in jou rekenaarkas is gewoonlik daar vir verkoelingsdoeleindes; probeer om hulle nie met jou laken toe te stop nie.)

So ek was nie oortuig nie, hoewel die pryse van die e-boeke, wat in party gevalle so min as R20 is (terwyl heelwat publiekedomein-titels soos Les Miserables van Hugo en heelwat van Shakespeare en Dickens se werke gratis beskikbaar is), my dalk sou kon oortuig dat dit tog nie so erg is om maar op een plek te sit en lees nie.

Die groot slag moes nog geslaan word. Ek het die Reader-program na my palmrekenaar (HP iPAQ 1910) oorgedra. ’n Nuwe wÍreld het oopgegaan. (Ek sweer engele sou sing, maar ek het nie daaardie MP3 op my rekenaar nie.) Skielik kon ek die elektroniese boek saam met my dra en lees waar ek wou (ja, die toilet ook, hoewel die bad bietjie gevaarlik vir my gelyk het). Ek kon ook meer as een boek saamdra. Ek het letterlik op diť stadium 74 boeke in my palmrekenaar se geheue gelaai. Diť dra ek daagliks saam met my, waar ek ook al heen gaan. Titels soos War and Peace en Les Miserables skuur skouers met boeke soos Peter Pan, Machiavelli se Prince en Oscar Wilde se the Importance of being Earnest. Die beste van die tablet- en palmtoestelle is egter dat as jy in die bed lÍ en lees, jy nie ’n bedliggie nodig het nie, want elkeen van die toestelle het reeds sy eie agterlig ingebou.

Microsoft Reader 2.0 beperk ook die getal mense wat een boek kan deel, tot ses. (Wel, dis ses afsonderlike toestelle waarop jy die boek kan laai en steeds gelisensieer kan wees.) Dis goeie nuus vir skrywers, want dit sal beteken dat, anders as die Napster-debakel, daar behoorlike beheermaatreŽls in plek is wat die verkoop van e-boeke ekonomies haalbaar maak. Reeds is daar verskeie elektroniese uitgewers in die mark en ’n vinnige skatting wil dit laat lyk asof daar sowat 10 000 titels beskikbaar is.

Microsoft laat gebruikers van Reader ook weekliks drie gratis boeke aflaai. Laasweek was Douglas Adams op die leeskaart en diť week is boeke van onder andere Pat Conroy beskikbaar. Besoek eenvoudig die Reader-webwerf vir meer besonderhede.

Die tegnologie is egter nie perfek nie en daar is tog een of twee dinge wat pla. Die prys van sommige boeke is eenvoudig belaglik duur en partykeer duurder as die gedrukte boek. Dis gelukkig die uitsondering. Uitgewers sal hul pryse mededingend moet hou. Ek weier om meer vir die elektroniese weergawe van ’n boek as die gedrukte weergawe te betaal. Dit ruik vir my alte veel na goeie ou boereverneukery. Uitgewers moet onthou dat ’n fisiese boek iets is wat ek kan uitleen aan soveel mense as wat ek wil (my kopie van die nuutste Harry Potter trek al by die derde persoon). ’n Boek het ook ’n fisiese teenwoordigheid, dis iets wat mens kan sien en na kan kyk en op ’n rak kan sit. Diť eienskappe is ook vir my in ekonomiese terme iets werd.

’n Ander krapplek was die minderwaardige taal- en uitlegversorging in sekere van die boeke. Spelfoute het byvoorbeeld die leeservaring van Hitchhiker’s Guide to the Galaxy, wat ek nie vir die eerste keer gelees het nie, versuur. Diť foute is onaanvaarbaar. Uitlegfoute kan ek toeskryf aan die relatiewe onervarendheid van redakteurs in die nuwe medium met sy nuwe eise van wisselende teks- en skermgroottes, en dis iets wat sekerlik met tyd sal verbeter, maar met die wÍreld se speltoetsers tot hul beskikking het ek beter redigering verwag.

Hoewel Microsoft Reader 2.0 nie versoenbaar is met die Palm nie, het Palm sy eie weergawe van die sagteware beskikbaar. Besoek hulle webwerf vir meer inligting. Adobe, die sagtewarefirma wat ook Adobe Acrobat vervaardig, het ook ’n e-boekpakket Adobe Reader beskikbaar wat, soos Reader, gratis van Adobe se webwerf afgelaai kan word.

My voorspelling is dat ons binne enkele jare vir mekaar gaan sÍ “Die skerm is magtiger as die AK.”


Palm is ’n handelsmerk van Palm Inc.
Microsoft Mobile 2002, Microsoft Mobile 2003, Transcriber, Encarta, ClearType en Microsoft Reader 2.0 is handelsmerke van Microsoft.
Adobe Acrobat en Adobe Reader is handelsmerke van Adobe.
iPAQ is ’n handelsmerk van Hewlett-Packard.

boontoe / to the top


NOT FOUND