Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Barrie - 'n laaste groet

Lizz Meiring

Barrie Hough en Lizz MeiringOns het gisteraand (Maandag die 23ste) 'n party vir Barrie by die Boekehuis in Johannesburg gehou.

Dieselfde man wat Sondagaand (die 16de - die nag voor sy dood) aan my vertel het hoe eensaam hy voel, dat die wêreld hom verlaat, móés gisteraand kon sien en ervaar hoe lief mense vir hom was.

"Ek het geleer the world doesn't like losers, Liesbet," het hy vir my gesê. Wel Barrie, niemand wat gisteraand gepraat het, het jou ooit as 'n loser gesien nie. Sonder sentiment, sonder versigtig praat (soos mense gewoonlik doen wanneer hulle nie weet hoe anders nie) het oor 'n honderd mense saamgedrom om hulde te bring. Die mix was ver en wyd verspreid - teatermense, jou joernalistieke kollegas, lede van die publiek, vriende, familie, onderwyseresse, academici (dalk nog 'n paar ou lovers for good measure …).

Ek weet daar was 'n party in die Kaap ook. En ek is seker daar was dit dieselfde geval.

By Corina se Boekehuis (die arme vrou moet meer funksies gee as Edith Venter) het hulle nie net gekom uit ordentlikheid nie, hulle't tot laatnag gebly - asof elkeen nog net 'n stukkie van sy groot gees wou ervaar.

Ons het uitbundig gelag, die odd traan afgevee, maar nooit, ooit het enigiemand in sentiment, traantrekkery of clichés verval nie, want Barrie was so 'n besonderse, unieke, oorspronklike mens - he defied clichés.

Barrie was baie lief vir rituele - sy boeke is deurspek daarvan (ook maar 'n drama queen gewees) - en gisteraand was weer 'n ritueel. Hy het - ironies - met sy dood so baie van ons weer bymekaar gebring.

Die lewe gaan aan, en ons sal weer vergeet dat mens, soos my ouma gesê het, "blomme vir mekaar moet gee terwyl ons nog leef".

Maar … maak nie saak hoe ver in die verskiet nie: my dierbare, gekompliseerde, talentvolle, rowwe en sensitiewe vriend en mentor, Barrie Hough, sal nooit 'n cliché wees nie.

En daar's min mense van wie jy dit kan sê.



LitNet: 24 Augustus 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.