Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA 2014: Heupvuur vir Program 3

Erns Grundling

Christi van der Westhuizen is die koerant ThisDay se Meningsblad-adjunkredakteur. Chez Milani is Fedusa se Algemene Sekretaris. Hulle neem albei eerskomende Sondag deel aan SA 2014 se gesprek oor ekonomiese knelpunte/pluspunte. LitNet het hulle gepeper met 'n paar vrae oor die ekonomie.

Christi van der Westhuizen
Chez Milani

1. Wat maak jou opgewonde oor Suid-Afrika se ekonomie?

CvdW: Die voortdurende debatte. Vir ons as ontwikkelende land op die wêreld-periferie is niks klinkklaar nie. Wat soos ooglopende beleidsopsies mag voorkom in die Noorde, is nie ooglopend hier nie. Terwyl sommige beleidsrigtings werk - soos die bemagtiging van 'n swart middelklas en elite (stadig, maar seker) - werk ander nie. Dit maak konsensus onmoontlik. Ons soek steeds na 'n beleid wat tot ons unieke binnelandse werklikheid spreek.

CM: We have a stable financial environment in our country and after years in a debt trap, our deficit is finally under control. We have vast natural resources at our disposal and relatively good infrastructure. We also have a people hungry to work.

2. Wat maak jou bekommerd oor Suid-Afrika se ekonomie?

CvdW: Die selfs nog hoër vlakke van ekonomiese uitsluiting. Arm mense is selfs armer as tien jaar gelede. Dis nie net moreel onaanvaarbaar nie - gegewe ons geskiedenis - maar ook 'n bedreiging vir almal se toekoms in hierdie land.

CM: The massive unemployment rate and the apparent inability to harness the good things going for us and turn them into jobs and economic growth.

3. Hoe groot impak het gebeure in die res van Afrika op Suid-Afrika se ekonomie, byvoorbeeld die politieke onstabiliteit in Zimbabwe?

CvdW: Eerstens: SA het tot dusver die Zimbabwiërs bygestaan met hulp wat uiteindelik uit SA belastingbetalers se sakke kom.

Tweedens: Wit Suid-Afrikaners wat moontlik potensiële beleggers in hul eie land kan wees, hou hulle geld vas omdat die SA regering se reaksie op Zim se krisis nie vertroue in SA se toekoms by hulle inboesem nie.

Derdens: Betreffende buitelandse beleggers word daar gesê dat hulle afgesit word van SA weens Zim se probleme, maar dis moeilik om te bevestig. SA se lae vlakke van belegging van buite het eerder te doen met die algemene gebrek aan belangstelling in Afrika in die wêreldekonomie.

CM: While international perceptions of Africa and South Africa are tarnished by situations within neighbouring countries, we often tend to over-emphasise these ourselves.

4. Hoe sien jy Suid-Afrika se ekonomie in die jaar 2014?

CvdW:Twee scenario's rofweg: (1) Die voortsetting van die huidige enklawe-ekonomie met gepaardgaande ekstreme ongelykheid wat teen daardie tyd ekstreme privaat sekuriteit gaan verg; of (2) 'n ekonomie wat meer gefokus is op die ontwikkeling van menslike hulpbronne, met hoër vlakke van staatsinvestering in die ekonomie, beskerming teen internasionale kompetisie vir bedrywe wat arbeidsintensief is, aansporings vir arbeidsintensiewe produksie, 'n basiese inkomstetoelaag wat elke Suid-Afrikaner ekonomies aktief sal maak, ens.

CM: If the targets set by government are achieved, unemployment should be halved by 2014. Our economy will be further boosted by the 2010 World Cup if the opportunities that such an event presents are used optimally. The economic trajectory from 1994 to 2004 is also positive and should this continue and we are able to address the issue of jobs, our economic future looks good.

5. Wat kan die man op straat doen om 'n positiewe bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie te lewer?

CvdW: Ek kan nie voorskryf aan die man op straat nie, behalwe om te sê dat as jy tussen 11 en 60 is en jouself vandag "op straat" bevind, is jy in die moeilikheid. Tussen hierdie ouderdomme kom jy nie aanmerking vir staatstoelae nie, en daar is bitter min ander opsies. Mense op straat doen wat hulle kan. Hierdie oorlewingstrategieë word dan deur sommige persone voorgehou as "entrepreneurskap". Om 'n persoon 'n entrepreneur te noem wat kartonbokse, blikke en bottels versamel om te verkoop, sou lagwekkend gewees het as dit nie suiwer vermyding van die probleem was nie - naamlik dat hierdie ekonomie nie werk skep nie.

CM: Firstly, he should have a change in attitude. A positive attitude will go a long way towards building our nation. The media too, often project the country in a negative light. As far as practical contribution goes, the public can make sure they are informed on things such as skills development and become involved in these initiatives instead of sitting on the sidelines. Information on these initiatives should also be more readily available to the public and be easily understandable. This will have a positive effect on the economy. Buying "Proudly South African" products and seeking to support businesses that support the SA economy is a further contribution the public can make.



LitNet: 16 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.