Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA 2014

Sondae op kykNET tussen 8 nm en 9 nm

kykNET

Vanjaar se Sol Plaatje-Diskoersreeks word verder uitgebrei tot 'n televisiereeks wat van 4 Julie oor 13 weke strek tot 26 September. Verskeie leiers en bekendes gaan teenoor mekaar te staan kom rondom die tema “Suid-Afrika in 2014”.

Aangebied deur:
Van Zyl Slabbert
Fredrik Van Zyl Slabbert
JP Landman
JP Landman

“Wat ons beklemtoon, plaas noodwendig ook die soeklig op wat ons weglaat. Dis waarom ’n diskoers belangrik is.”
— Van Zyl Slabbert (Klik hier vir volledige toespraak.)

Moontlik gemaak deur:
Absa kykNET Rapport Aardklop
Die Sol Plaatje Aardklop Akademie (SPAA) mik daarna om ’n ruimte te skep vir volwasse en wederkerende dialoog oor kardinale kwessies wat suksesvolle nasiebou in Suid-Afrika beïnvloed, spesifiek die konsolidasie van ons demokrasie, verkryging van ekonomiese groei, beter lewenstandaarde en meer sosiale regverdigheid.

AardklopDie Akademie is gestig deur die direksie van die Aardklop Nasionale Kunstefees, na die dawerende sukses van die Sol Plaatje-Diskoersreeks wat jaarliks by Aardklop plaasvind. Regeringsministers, lede van die parlement van alle partye, lede van die publiek en media, sakeleiers, unieverteenwoordigers en akademici het al aan die Diskoersreeks deelgeneem. Baie het voorgestel dat die Diskoersreeks verleng word na die fees, om ’n volgehoue en deurdagte debat aan die gang te hou oor belangrike kwessies in Suid-Afrika. Die Akademie is vir dié doel gestig.

Sol PlaatjeDie gesogte resultaat van die projek SA 2014 - Tien jaar na tien jaar is om die kragte wat tans die toekoms vorm te “meet”, en om moontlike aksies te oorweeg wat ’n gekose toekoms kan “vorm” of realiseer.

Wie was Sol Plaatje?
Sol Plaatje (1876-1932) was ’n skrywer, politikus, filosoof en dramaturg wat in die Noordwes-omgewing gebly het, maar ook later in Engeland en Amerika gewoon het. Hy was ’n aktivis wat hom ten nouste met maatskaplike omstandighede en kulturele ontwikkeling bemoei het. In die gees van dié besondere mens word daar jaarliks op onderwerpe gefokus wat debat uitlok, maar daar word ook gesprekke gevoer sodat alle Suid-Afrikaners beter begrip vir mekaar sal hê.

Volgende program: Sondag 26 September 2004, 8 nm op kykNET

Onderwerp van bespreking: Visie
Aanbieder: JP Landman

Die bevestigde gaste vir Sondag se program is Frederik van Zyl Slabbert (Direkteur: IDASA, politieke analis en sakeman), Santie Botha (Groep Uitvoerende Direkteur: MTN) en Bobby Godsell (Uitvoerende Hoof: AngloGold Ashanti) en Monty Narsoo (Voormalige Hoof Uitvoerende Amptenaar: SA Cities Network).

Frederik Van Zyl Slabbert Santie Botha Bobby Godsell

Nuut!

Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met DFrederik Van Zyl Slabbert en Bobby Godsell te lees!

Twaalfde program: Sondag 19 September 2004, 8 nm op kykNET

Onderwerp van bespreking: Kuns
Aanbieder: JP Landman

Die bevestigde gaste vir Sondag se program is Andries Oliphant (Voorsitter: Netwerk vir die Uitvoerende Kunste in Suid-Afrika), Deon Opperman (bekroonde dramaturg en akteur) en Martie Meiring (Joernalis, rubriekskrywer, feesdirekteur).

Andries Oliphant Deon Opperman Martie Meiring

Nuut!

Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Deon Opperman, Martie Meiring en Andries Oliphant te lees!

Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondent vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Mike van Graan is algemene sekretaris van PANSA en 'n bekroonde dramaturg. Hy skryf gereeld 'n rubriek vir die Mail and Guardian.
  • Reinet Nagtegaal is 'n bekende skrywer en het die debuutprys in Sanlam/INSIG/Kwêla se Romanwedstryd gewen met Voorvaders kan vlieg, sê Delores. Sy is met die Nagtegaal-teksprys (saam met haar man, Dirk) baie betrokke by kunstefeeste en teater.

    Mike van Graan Reinet Nagtegaal
    Mike van Graan Reinet Nagtegaal

    Nuut! Reinet Nagtegaal oor SA 2014 se twaalfde program

    Elfde program: Sondag 12 September 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Her-definieer Suid-Afrikanerskap (Hoe lyk ons nou?)
    Aanbieder: Van Zyl Slabbert

    Die bevestigde gaste vir Sondag se program is Jakes Gerwel (akademikus, voorsitter van oa Suidoosterfees en SAL), Johann Rossouw (Redakteur: Die Vrye Afrikaan) en Denis Beckett (skrywer en televisie-aanbieder).

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Johann Rossouw en Denis Beckett te lees!

    Jakes Gerwel Johann Rossouw Denis Beckett

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondent vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Deon Rolse is 'n finale jaar Opvoedkunde student by Pentech. Hy neem op 24 Oktober deel aan Die Jakes Gerwel Gesprekkereeks met INSIG tydens die Suidoosterfees. Die onderwerp van die gesprekkereeks is Re-imagining Identity: Hoe lyk ons nou?

    Deon Rolse
    Deon Rolse

    Nuut! Deon Rolse oor SA 2014 se elfde program

    Tiende program: Sondag 5 September 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Sport
    Aanbieder: Van Zyl Slabbert

    Die bevestigde gaste vir Sondag se program is Brian van Rooyen (President: SARFU), Denver Hendricks (Direkteur-generaal: Nasionale Departement van Sport en Ontspanning), Tim Noakes (Hoof: Instituut vir Sportwetenskap) en Penny Heyns (Olimpiese swemkampioen).

    Brian van Rooyen Denver Hendricks Tim Noakes Penny Heyns

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Tim Noakes en Penny Heyns te lees!

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondent vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Henk Steenkamp is Sportredakteur van Die Burger Oos-Kaap in Port Elizabeth. Hy het oor verskeie internasionale sportgebeure vir die Media24-groep verslag gedoen wat heelparty binnelandse en buitelandse rugby- en kriekettoere insluit.

    Henk Steenkamp
    Henk Steenkamp

    Nuut! Henk Steenkamp oor SA 2014 se tiende program

    Negende program: Sondag 29 Augustus 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Ekologie
    Aanbieder: JP Landman

    Die bevestigde gaste vir hierdie program is Dave Pepler (Lektor: Bewaringsekologie, US), Razeena Wagiet (SA Nasionale Parke: Sosiale Ekologie Eenheid), Willem van Riet (Hoof Uitvoerende Beampte: Vredespark Stigting) en Nick King (Direkteur: Trust vir Bedreigde Natuurlewe).

    Dave Pepler Willem van Riet Razeena Wagiet Nick King

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Nick King en Razeena Wagiet te lees!

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Jorisna Bonthuys is 'n politieke redaksielid van Die Burger wat haar veral toespits op omgewingsake. Sy was die SAB Omgewingsjoernalis van die jaar (gedrukte media) in 2002 en 2003.
  • Tony Booth is an associate professor in the Department of Ichthyology and Fisheries Science at Rhodes University. He has published on aspects of fish ecology and biology, and aquatic resource assessment.

    Nuut! Jorisna Bonthuys oor SA 2014 se negende program

    Nuut! Tony Booth oor SA 2014 se negende program

    Jorisna Bonthuys Tony Booth

    Agste program: Sondag 22 Augustus 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Grondhervorming
    Aanbieder: JP Landman

    Die bevestigde gaste vir hierdie program is André Louw (ABSA Leerstoel in Agribesigheidsbestuur: Tukkies), Sabina Khoza (President: Gauteng Provinsiale Landbou-unie) en Gerdie Landman (stoetteler, betrokke by boerdery met swart gemeenskappe in die Oos-Kaap).

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met André Louw en Gerdie Landman te lees!

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Dolf van Niekerk is 'n bekende skrywer en kenner op die gebied van landbou en grondhervorming.
  • Zakes Hlatshwayo is baie nou betrokke by die Landless People's Movement.

    Nuut! Dolf van Niekerk oor SA 2014 se agste program

    Dolf van Niekerk
    Dolf van Niekerk

    Sewende program: Sondag 15 Augustus 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Onderwys
    Aanbieder: Frederik Van Zyl Slabbert

    Die bevestigde gaste vir hierdie program is Theuns Eloff (Rektor: Noordwes-Universiteit) en Jonathan Jansen (Dekaan Opvoedkunde: Tukkies), Graham Hall (namens die Independent Schools Association of Southern Africa).

    Theuns Eloff Jonathan Jansen

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Theuns Eloff te lees!

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Andreas van Wyk is 'n akademikus en voormalige rektor van die Universiteit van Stellenbosch.
  • Rudi Buys het as woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys diens gedoen. Hy is nou betrokke by die ontwikkeling van jeugleierskap.

    Nuut! Andreas van Wyk oor SA 2014 se sewende program

    Nuut! Rudi Buys oor SA 2014 se sewende program

    Andreas van Wyk Rudi Buys

    Sesde program: Sondag 8 Augustus 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Misdaad
    Aanbieder: JP Landman

    Die gaste vir hierdie program is Jan Henning (Nasionale Vervolgingsgesag), Lisa Vetten (Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening) en Anton du Plessis (Instituut vir Sekerheidstudies).

    Jan Henning Anton du Plessis

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Anton du Plessis te lees!

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • ’n Sielkundige wat tans in Kaapstad werk en om sensitiewe redes versoek het om anoniem te bly.
  • Elna de Beer, verbonde aan die kommunikasie-afdeling van die polisie in die Weskaap.

    Nuut! Die anonieme sielkundige oor SA 2014 se sesde program

    Nuut! Elna de Beer oor SA 2014 se sesde program

    Vyfde program: Sondag 1 Augustus 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Minderhede

    Die bevestigde gaste vir hierdie program is Neville Alexander (voorsitter: Praesa), Gillian Godsell (Sol Plaatje Aardklop Akademie), Pieter Mulder (leier: Vryheidsfront +) en Anthony Wilson (akteur).

    Neville Alexander Gillian Godsell Pieter Mulder Anthony Wilson

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende respondent vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Johann Rossouw is tans besig met ’n proefskrif oor tegniek en republiek in die Afrikaanse gemeenskap onder leiding van Régis Debray aan die Universiteit van Lyon-III in Frankryk.

    Nuut! Johann Rossouw oor SA 2014 se vyfde program

    Johann Rossouw
    Johann Rossouw

    Vierde program: Sondag 25 Julie 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Transformasie (insluitend regstellende aksie en bemagtiging)

    Die bevestigde gaste vir hierdie program is Dirk Hermann (inligtings- en strategiese hoof van die vakbond Solidariteit), Izanne Beukes (Bestuurshoof: Strategie-ontwikkeling by Absa), Salie Manie (voormalige voorsitter van die Parlementêre Komitee oor Arbeid) en Ernest Messina (lid van die AHI Nasionale Hoofbestuur).

    Dirk Hermann Izanne Beukes

    LitNet se respondente:

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende twee respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Rhoda Kadalie is uitvoerende direkteur van die Impumelelo Innovations Award Trust. Sy is 'n bekende akademikus en het vir drie jaar gedien op die Menseregtekommissie. Sy skryf gereeld 'n rubriek vir Business Day.

    Nuut! Rhoda Kadalie oor SA 2014 se vierde program

  • Christa van Louw koördineer diversiteit aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is ook ondervoorsitter van Die Burger Suidoosterfees se direksie.

    Rhoda Kadalie
    Rhoda Kadalie
    Christa van Louw
    Christa van Louw

    Derde program: Sondag 18 Julie 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Ekonomiese knelpunte/pluspunte

    Die bevestigde gaste vir hierdie program is Cees Bruggemans (ekonoom by FNB), Christi van der Westhuizen (Meningsblad-adjunkredakteur: ThisDay) en Chez Milani (Algemene Sekretaris: Fedusa).

    Cees Bruggemans Christi van der Westhuizen Chez Milani

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Christi van der Westhuizen en Chez Milani te lees!

    LitNet se respondente:

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende twee respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Rachel Jafta is 'n senior dosent by die Departement Ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch en het verlede jaar haar doktorsgraad behaal. Sy is 'n trustee van oa die Helen Suzman Foundation.

    Nuut! Rachel Jafta oor SA 2014 se derde program

    Stan du Plessis is makroekonoom en mede-professor by die Departement Ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch. Behalwe vir formele skryfwerk lewer hy gereeld ekonomiese artikels in die Suid-Afrikaanse media.

    Nuut! Stan du Plessis oor SA 2014 se derde program

    Rachel Jafta
    Rachel Jafta
    Stan du Plessis
    Stan du Plessis

    Tweede program: Sondag 11 Julie 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Partypolitiek

    Die gaste vir hierdie program is Koos van der Merwe (hoofsweep van die IVP), Helen Zille (parlementslid van die DA), Kurt Morias (Europese Unie: Politiek en Regeringsake) en Bantu Holomisa (parlementslid en leier van die UDM).

    Koos van der Merwe Helen Zille Kurt Morias Bantu Holomisa

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Helen Zille en Koos van der Merwe te lees!

    LitNet se respondente:

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende twee respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

  • Elias Nel se bundel kortverhale, Iets goeds uit Verneukpan?, het einde 1998 verskyn. Elias is ’n voormalige voorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging.

    Nuut! Elias Nel oor SA 2014 se tweede program

  • Bertie du Plessis bedryf die konsultasieonderneming MindPilot, wat toegespits is op bemarkings- en kommunikasieposisionering. Hy is ook ’n bekende skrywer, skilder en motiveringspreker.

    Nuut! Bertie du Plessis oor SA 2014 se tweede program

    Elias Nel
    Elias Nel
    Bertie du Plessis
    Bertie du Plessis

    Eerste program: Sondag 4 Julie 2004, 8 nm op kykNET

    Onderwerp van bespreking: Op pad na 2014

    Wat hou die volgende tien jaar vir ons in? Die gaste vir hierdie eerste program is Louis von Zeuner (Groep Uitvoerende Direkteur: ABSA), Martie Meiring (Joernalis, rubriekskrywer, feesdirekteur), Tim du Plessis (Redakteur: Rapport) en Henrey Jeffreys (Adjunkredakteur: Beeld).

    Martie Meiring Tim du Plessis Louis von Zeuner Henrey Jeffreys

    Nuut!

    Klik hier om LitNet se Heupvuur-onderhoud met Tim du Plessis en Martie Meiring te lees!

    LitNet se respondente:

    Ten einde die debat verder te voer, gaan die volgende twee respondente vroeg volgende week op LitNet reageer op die paneelbespreking:

    • Gerrit Brand is verbonde aan die Taalsekretariaat, i-MAG en die Universiteit van Stellenbosch se Departement Filosofie. Hy is ’n gepubliseerde skrywer en neem gereeld deel aan debatte in koerante en die elektroniese media.

      Nuut! Gerrit Brand oor SA 2014 se eerste program

    • Amanda Gouws is voorsitter van die Departement Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch (US). Sy is ook voorsitter van die US se Vroueforum.

    Nuut! Amanda Gouws oor SA 2014 se eerste program

    Gerrit Brand
    Gerrit Brand
    Amanda Gouws
    Amanda Gouws
    SA 2014 en LitNet se virtuele gemeenskap

    SêNetters, neem deel en wen!

    Die temas vir die eerste vyf sessies is vasgemaak:

    Program 1, 4 Julie 2004 op kykNET: 20:00 tot 21:00
    Tema: Op pad na 2014

    Program 2, 11 Julie 2004 op kykNET: 20:00 tot 21:00
    Tema: Partypolitiek

    Program 3, 18 Julie 2004 op kykNET: 20:00 tot 21:00
    Tema: Ekonomiese knelpunte/pluspunte

    Program 4, 25 Julie 2004 op kykNET: 20:00 tot 21:00
    Tema: Regstellende aksie

    Program 5, 1 Augustus 2004 op kykNET: 20:00 tot 21:00
    Tema: Minderhede

    LitNet-lesers word uitgenooi om temas vir die oorblywende agt sessies voor te lê aan Deborah by webvoet@litnet.co.za. Lesers wie se temas gebruik word, sal ’n boekprys ontvang.

    Volg die debat verder op SêNet!

    “Wanneer ek van die buiteland af terugkom, kry ek altyd ’n sterk gevoel van voorreg. Ons leef in ’n buitengewoon opwindende en uitdagende tyd in ons land. Ek beskou Aardklop en spesifiek die Sol Plaatje-Diskoersreeks as ’n spesiale reaksie op dié uitdaging. Dis vir my ’n plesier om julle te nooi om deel te neem en die beloftes van die uitdaging te ondersoek.”
    — Van Zyl Slabbert (Klik hier vir volledige toespraak.)

  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.